Vra die veearts: Jack Russell sit in die reën

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Petro skryf:

My Jack Russell is 17.

Die probleem is as dit wanneer dit reën, gaan sy uit en sit in die stormreën.

Ek dink ook haar ore werk nie meer so lekker nie.

Wat sal dit wees? Ons verstaan nie.

Petro

 

Beste Petro

Dis nie altyd moontlik om te sê presies hoekom ons vierpootvriende soms vreemde gedrag begin toon nie, maar met jou hond se eerbiedwaardige ouderdom vermoed ek dat ouderdomsverwante kognitiewe agteruitgang (wat ons soms honde-Alzheimers noem) ’n rol speel.

Honde met hierdie kondisie raak soms verward, of vergeet dinge, soos waar hulle bed is, of dat hulle hulle besigheid al jare lank buite doen. Dit kan ook hulle slaap- en eetgewoontes aantas.

Ongelukkig kan ons nog nie die simptome heeltemal teëwerk nie, maar daar is wel sekere medisynes en aanvullings wat kan help. Jou veearts kan jou help met meer raad daaroor.

Iets prakties wat julle kan doen, is om haar na ’n kamer toe te neem van waar sy die reën nie direk kan sien nie (julle kan selfs net die gordyne toetrek), en om haar te help om daar rustig te raak. Gewoonlik slaap ouer honde ook effe meer, en hopelik sal sy dan sommer gou rustig raak en eerder ’n slapie vang.

Ek moet ook geluk sê: Dis wonderlik om te hoor van honde wat so lekker lewe dat hulle 17 haal!

Groete

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

Vra die veearts: ’n Loopmagie in ’n klein hondjie

Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top