Jean Oosthuizen

Joernalis

Minder beurtkrag en goedkoper brandstof wink dalk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-18

"Daar is moontlik ’n lig aan die einde van die donker tonnel vir vuisvoos Suid-Afrikaners wat die afgelope tyd onder stygende brandstofpryse en aanhoudende beurtkrag deurgeloop het."

Momentum neem toe om ANC te probeer verslaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-17

"Verskeie ontwikkelings is besig om hernude momentum te gee aan samewerking tussen partye en die betrokkenheid van burgerlike organisasies. Verskeie burgerlike organisasies het begin om Suid-Afrikaners onder een sambreel, #Convergence4SA, saam te snoer en aan te moedig om volgende jaar te gaan stem."

Swye oor plaasmoorde moet end kry, sê AfriForum

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-13

"Volgens Jacques Broodryk, woordvoerder vir AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling, is AfriForum tans in die proses om die hoeveelheid hulpbronne wat geallokeer word vir buurt- en plaaswagte se opleiding en toerusting aansienlik te verhoog, want die onwelkome politieke omgewing wat onder Ramaphosa voortgesit word, vereis dit."

Suid-Afrika spartel om sy vlag te laat wapper by wêreldbekertoernooie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-11

"Die DA het ’n ope brief aan die Wêreld Anti-Dwelmagentskap (WADA) gerig om te probeer keer dat die Suid-Afrikaanse vlag nie later vandeesmaand by die rugby- en krieket-wêreldbekertoernooie vertoon mag word nie. Dit volg nadat die regering versuim het om die sperdatum te haal vir die wysiging van die verouderde Wet op Dwelmvrye Sport om aan die jongste wêreldwye anti-dwelmkode (WADA) te voldoen."

Afstigting van die Wes-Kaap is onrealistiese "kleuterskoolmentaliteit"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-10

Dit is onwerkbaar en onprakties om te dink die Wes-Kaap kan afstig van die res van Suid-Afrika. Dit was die konsensus tydens ’n paneelbespreking by die Toyota US Woordfees wat die week in Stellenbosch plaasvind.

Advertensiereguleerder wil niks weet van f*k*l

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-06

"’n Maatskappy wat gepantserde voertuie adverteer, sê die bedoeling was nie om aanstoot te gee toe hulle ’n advertensiebord met ’n vulgêre woord op die N3-snelweg in die ooste van Johannesburg in die rigting van die van OR Tambo-lughawe aangebring het nie."

Vuisvoos verbruikers gaan klippe kou weens duurder brandstof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-05

"Die vakbond Cosatu sê die massiewe styging in die brandstofprys is nog ’n groot slag vir die reeds sukkelende werkersklas. Cosatu sê werkers en armes kan nie meer die ekonomiese druk verduur nie."

Cele skuld Suid-Afrika ’n verskoning na woede uitbarsting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-04

"Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange het bevind dat Cele tydens hierdie uitbarsting item 10.1.1.3 saamgelees met 4.1.5 van die Kode van Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Lede oortree het. Die Nasionale Vergadering het aanbeveel dat Cele vir Cameron verskoning moet vra."

VBS-plunderaars uiteindelik in die hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-03

"Byna R3 miljard van meestal arm mense uit die landelike gebiede, veral rondom die bank se hoofkwartier in Thohoyandou, Limpopo, is geplunder. Sowat 14 munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng het miljarde rand verloor."

Misdaadbekamping in Suid-Afrika boer verder agteruit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-29

"Cele het gesê akademici, lede van die media en sekere magte binne die polisie het ’n agenda om die polisie se werk wat die misdaadintelligensie-eenheid moet versterk, ongedaan te maak."

Omstrede Bela-wet oor onderwys nog ’n stap nader

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-28

"Die omstrede wysigingswetsontwerp op onderwyswette wat die afgelope week deur die  parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys aanvaar is, sal waarskynlik in die hof gaan draai as die parlement dit goedkeur."

Suid-Afrika se godsdiens-, taal- en kultuurregte kry ’n rapport

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-27

"Die doel van hierdie studie, in die vorm van ’n telkaart, sal wees om te bepaal tot watter mate die land daarin slaag om die regte van sy kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe in ooreenstemming met die Grondwet te verseker en te bevorder."

Stormramp tref die Stormkaap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-26

"Rampbestuursbeamptes moes Sondag deur die nag werk terwyl verskeie berigte ontvang is van paaie wat oorstroom is, huise wat beskadig is, bome ontwortel is en kragonderbrekings voorgekom het."

COVID-19-oortreders binnekort weer misdaadvry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-22

"Die Wysigingswetsontwerp op Geregtelike Aangeleenthede wat hierdie week in die Nasionale Vergadering aanvaar is, is ’n noodsaaklike stap in die proses om persone se kriminele rekords wat tydens die Covid-ramptoestand opgelê is, te skrap."

Suid-Afrika se parlement is ’n sprokie wat ’n nagmerrie geword het

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-21

"Dit is ’n nagmerrie waarin die parlement ’n instelling geword het wat nie bloot fisies afgebrand het nie; Outa sê parlementariërs se verbintenis tot demokratiese waardes en die Grondwet het ook uitgebrand."

Verified by MonsterInsights
Top