Meest recent
Bekroonde Belgiese digter "gelukkig en dankbaar" oor ontvangs van sy bundel in Afrikaanse vertaling
2020-02-27Het zingen van de wereld is Marc Tritsmans se twaalfde bundel. Telkens, in openbarende oomblikke in sy gedigte, wys die digter dat die wêreld veel meer aandag en respek van ons vra en verdien. Hy het Willem de Vries se vrae oor die bundel beantwoord.
Poedelkaal te perd deur dorp se hoofstraat
2020-02-27"’n Sakevrou van Clarens het die hele land aan die gons nadat sy poedelkaal op ’n wit perd deur die dorp se hoofstraat gery het. Vanessa Faarking Jenkins het besluit om op dié eksentrieke manier die lewe te vier. Sy het volgens Netwerk24 onlangs kanker oorwin en wou op dié manier groter bewusmaking van kanker skep nadat sy die siekte oorwin het."
Hugo en T’Sjoen deel insigte en nuus oor Claus se grootse werk Het verdriet van België, wat binnekort in Afrikaans verskyn
2020-02-26Die veelsydige Vlaamse meester Hugo Claus se roman en magnum opus, Het verdriet van België, verskyn binnekort in Afrikaans. Daniel Hugo verwys na die boek as die grootste uitdaging én hoogtepunt van sy vertaalloopbaan. Die hoogleraar Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent is nou betrokke by interessante programme oor Claus in Vlaandere en Suid-Afrika wat vir Mei rondom die vertaling beplan word en bied van sy insigte in hierdie meesterwerk. Hugo en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Suid-Afrikaners is onder die wêreld se grootste pessimiste
2020-02-26"Misdaad en geweld bly die grootste rede waarom Suid-Afrikaners een van die negatiefste bevolkings in die wêreld is."
Left out of the narrative – an interview with Loes Oudenhuijsen
2020-02-25"It is somewhat paradoxical to feel this freedom while studying women who are confronted with stigmatisation for choosing a certain freedom by not conforming to the sexual norms."
Tito gaan spartel om boeke te laat klop
2020-02-25"Die staatskas is feitlik dolleeg gesteel deur staatskapers. Die lig aan die einde van ekonomiese tonnel lyk al hoe meer na ’n aankomende trein."
Persbericht: Angelie Sens directeur Zuid-Afrikahuis
2020-02-24Het bestuur heeft mevrouw Sens per 1 maart 2020 benoemd tot opvolger van Judith Calmeyer Meijburg, die adjunct-directeur bij Geonovum is geworden.
Louise Viljoen vertel van jonger geslag digters wat waag in Afrikaans
2020-02-24Die gerekende literator Louise Viljoen het aan Willem de Vries vertel van haar ervaring van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij in Gent wat sy onlangs beklee het, gee haar indrukke van die sesde Afrikaans-kollokwium, bekyk die gang van bande tussen Afrikaans en Nederlands, vertel van die werk van ’n jonger geslag Afrikaanse digters en kyk terug op meer as 40 jaar in die tuig as dosent.
Van die hoofpad afgedwaal: Staproetes en swemplekkies in en om Kaapstad
2020-02-21"Somer is byna agter die rug, maar Februarie is bekend daarvoor om jou vir oulaas te laat hyg van die hitte. Stof dus jou stapskoene af en geniet die laaste paar sonstrale met dié lekker staproetes in en om die Kaap-omgewing."
Pauw dagvaar medejoernalis vir laster
2020-02-21"Die vete tussen die twee joernaliste broei al sedert The President’s keepers in 2017 op die rak verskyn het."
Hierdie geleentheid is gekanseleer: Press release: Collaborative Research Group (CRG) Seminar – Animal and plant ontologies in Namaqualand and elsewhere in the KhoiSan revival
2020-02-20Instead of the sit-down interview where the researcher often leads discussions and drives the interaction, walking ethnographies with herders attempts to shift this power dynamic between researcher and researched.
Suid-Amerika ‒ deel 1: Peru en die onvermydelike ongemak van reis
2020-02-20"Ons probeer maak soos die mense dáár maak. Ongemaklik, seg baie. Groot avontuur, seg ons."
NG Kerk met geld afgedreig oor gays
2020-02-20"Een van die kerk se streeksinodes, Goudland, het besluit om nie meer ’n sent in die algemene sinode se beursie te gooi nie totdat die kerk sy besluit oor selfdegeslagverhoudings heroorweeg."
Zille gooi handdoek in oor "bose" Twitter
2020-02-19"Zille sê in haar vaarwel-twiet Twitter het vervlak tot ’n platform van irrasionele boendoegedrag wat gebruik word om ’n agenda van haat te bedryf om maksimum skade te berokken."
Press release: Zeitz MOCAA reveals 2020 exhibitions calendar
2020-02-19This robust and exciting line-up delves into the practices of artists, focuses on important narratives and critiques from across the continent and its diaspora, with an emphasis on the individual voices of artists. Ranging in scale, the museum will present ambitious exhibitions that are accompanied by critical discourse, innovative public engagements and social events.
Wat is te siene by Zeitz MOCAA in 2020?
2020-02-19"Museums versteek gewoonlik die proses van kuns, maar Zeitz MOCAA wil dit met hierdie uitstalling blootstel sodat die publiek kan insig kry oor wat die kunstenaar voed en inspireer."
Een-maal-in-’n-leeftyd-geleentheid: Taalunie Zomercursus Nederlands
2020-02-19"In Augustus 2019 het ’n groep van 120 internasionale studente van 30 lande bymekaargekom om vir twee weke lank die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) by die Universiteit Gent in België by te woon. Die oogmerk van hierdie kursus is om aan studente wat Nederlands aan ’n universiteit in die buiteland studeer die geleentheid te bied om hulself te verdiep in die Nederlandse en Vlaamse taal, kultuur en beroep. Dit bied dit ook ’n besondere geleentheid om medestudente van oral oor die wêreld te leer ken, asook netwerke en vriendskappe te bou wat nooit andersins moontlik sou gewees het nie."
Sjors van der Panne: "Zingen is voor mij een gevoelsding"
2020-02-19"Aan het eind van het gesprek keren we nog even terug naar Zuid-Afrika, het land van Laurika Rauch, en haar taal: het Afrikaans. Het is opmerkelijk dat hij op zijn laatste cd de Nederlandse vertaling opnam van 'Stille Waters' van Laurika Rauch."
Wat is ’n misdaad teen die mensdom?
2020-02-18"Watter taal is die regte taal om die kern van die saak vas te vat?"
Unisa-seminaar: Charl-Pierre Naudé oor Rooiborsduif (2019)
2020-02-18Hierdie bydrae is gelewer tydens ’n spesiale oggendseminaar by Unisa se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap op 20 Januarie 2020. Alwyn Roux en Yves T’Sjoen gesels met Charl-Pierre Naudé.