VBS-verdagtes in hof oor beweerde plundering en korrupsie
2024-03-07"Teen November verlede jaar was 32 mense reeds in hegtenis geneem vir hul aandeel in die VBS-skandaal. Min mense is tot dusver gevonnis, en ’n skikking buite die hof het baie slagoffers kwaad gemaak."
Spanning in Bloemfontein op breekpunt namate grondbesetting voortduur
2024-03-06"Die spanning in Bloemfontein is besig om toe te neem namate grondbesetters voortgaan om onwettige strukture op te rig en leë grond aangrensend aan woongebiede vir bewoning op te eis."
Duisende plakkers sak op Bloemfontein toe
2024-03-05"Die burgemeester van die omstrede Mangaung-metro, Gregory Nthatisi, het gesê ’n groep plakkershutte wat by Brandkop 702 en Uitbreiding 148 naby Pellissier in Bloemfontein opgerig is, sal vir eers bly staan terwyl die munisipaliteit probeer om ’n blywende oplossing te vind."
Johannesburg se waterkrisis raak al erger
2024-03-01"Johannesburg het vanjaar nog nie ’n dag sonder wateronderbrekings gehad nie en kenners waarsku dat dinge erger kan word."
Skadelike kopieregwetsontwerp voor parlement
2024-02-29"Drie plaaslike skrywersverenigings, PEN Afrikaans, ANFASA en PEN Suid-Afrika, het ook gevra dat Suid-Afrikaners hulle stem dik maak teen die wetsontwerp. Hulle het in samewerking met die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n petisie beskikbaar gestel as deel van ’n gesamentlike protesaksie teen die wetsontwerp, wat vandag vir aanvaarding voor die Nasionale Vergadering sal dien."
Omstrede Bela-wet beslis hof toe
2024-02-28"Indien die wet deurgevoer word, sal dit aan provinsiale hoofde van onderwysdepartemente die mag gee om ’n finale besluit oor ’n skool se taal- en toelatingsbeleid te neem. Die rol van skoolbeheerliggame sal dus aansienlik kleiner wees."
Cele uit alle oorde gekap omdat hy in polisiehelikopter na ANC-funksie vlieg
2024-02-27"Die minister van polisie, Bheki Cele, bevind hom vir die soveelste keer in die middel van ’n politieke storm nadat hy die afgelope naweek met ’n polisiehelikopter by die ANC se manifesbekendstelling by die Moses Mabhida-stadion in Durban opgedaag het."
Misdadigers in metropolitaanse polisie wek kommer
2024-02-23"Volgens die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Letlhogonolo Moseki, is 3 449 vingerafdrukke van die metro se polisiebeamptes tydens die laaste oudit van 2022 geneem en vir verwerking aan die provinsiale polisiekommissaris se kantoor gestuur."
Verkiesingsdatum wyd en syd verwelkom
2024-02-22"Al die politieke partye het ’n beroep gedoen op kiesers wat nog nie geregistreer het nie, of wat voor die verkiesing gaan verhuis, om steeds die nodige reëlings te tref om te stem. Die proklamasie om die datum te verklaar sal enige dag uitgereik word, waarna kieserregistrasie sal sluit."
Buurtwag gebruik hommeltuig om tikgebruikers en dwelmsmouse vas te trek
2024-02-21"Tydens die SAPD se patrollie het die hommeltuig in die lug gebly om enige verdagtes te volg en die polisie op hulle spoor te hou."
Referendumparty deur Veelpartyhandves die rug toegekeer oor Wes-Kaapse onafhanklikheid
2024-02-20"Die Referendumparty, wat hulle beywer vir die Wes-Kaap se afstigting van die res van die land, is vies omdat al 11 politieke partye van die Veelpartyhandves hulle die rug toegekeer het toe hulle deel van die Veelpartyhandves wou word."
SA soldate sterf in DRK nadat Ramaphosa daaroor gewaarsku is
2024-02-16"Skaars ’n dag nadat president Ramaphosa gewaarsku is dat dit roekeloos is om byna 3 000 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die oostelike Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te ontplooi, is twee van die soldate in ’n mortieraanval dood en drie beseer."
Gewese "kitskospremier" meen beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie
2024-02-15"’n ANC-parlementslid wat tydens die bespreking van president Cyril Ramaphosa se staatsrede gesê het beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie, het Suid-Afrikaners en opposisiepartye warm onder die kraag."
Zuma se party besig om ANC erg te knou
2024-02-14"Met minder as twee weke oor voordat president Cyril Ramaphosa die datum vir vanjaar se landwye nasionale en provinsiale verkiesings bekend maak, wil dit voorkom of die ANC se steun besig is om soos water deur ’n sif te loop – as die jongste meningspeilings in die kol is."
ANC kry bloedneus in Konstitusionele Hof en DA ruik bloed
2024-02-13"Die ANC het ’n yslike bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop. Hulle moet binne vyf werksdae al hulle kaderontplooiingsdokumente aan die DA oorhandig."