Jean Oosthuizen

Joernalis

Polisiereservisteprogram in Suid-Afrika stort in duie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-14

"Die ineenstorting van die reservisteprogram is volgens Whitfield ’n verwoestende slag vir die bekamping van misdaad, aangesien reserviste ’n kritieke kragvermenigvuldigingsrol gespeel het om die SAPD te ondersteun, omdat dit die dalende aantal personeellede help ondervang het."

Ramaphosa sê korrupsie kom al van apartheid af

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-10

"Die president het gesê korrupsie kom die land duur te staan. Ekonomiese groei word daardeur gesmoor en besighede ly daaronder. Ontwikkelingsprojekte en instellings misluk."

Vermeende Transnet-bedrieërs se pensioene gevries

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-09

"Makenete en Madubane het na bewering met verskaffers saamgespan om Transnet te bedrieg deur die prys van asemtoetsstrooitjies van 29 sent per strooitjie tot R29,99 per strooitjie op te blaas, wat ’n totale betaling van R33 834 698,40 tot gevolg gehad het."

Malema en die EFF dok duisende rand op om AfriForum te betaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-08

"Malema en sy party het Dinsdag altesaam R316 579,89 opgedok vir twee kostebevele wat in die Hooggeregshof teen hulle toegestaan ​​is in AfriForum se suksesvolle interdikbevelaansoek."

Malema vaar uit teen die groen en goud as "simbole van apartheid"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-07

"'Rugby is nie ’n wit sport nie. Hulle het dit hier gevind. Ons mense het rugby gespeel lank voor hierdie mense rugby gespeel het,' het Malema gesê."

Minister skets somber prentjie oor Suid-Afrika se finansies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-03

"Staatskuld beloop R5 000 miljard en beslaan nou 75% van die land se totale BBP. Die finansieringskoste hiervan is R354 miljard per jaar. Dit is meer as die jaarlikse begroting vir die polisie, die onderwys en gesondheid."

Suid-Afrika verloor die stryd teen lugbesoedeling

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-02

"Van die 130 regeringsbeheerde moniteringstasies regoor die land is 21 stasies glad nie in werking nie, terwyl 84 in werking is, maar nie voldoende data rapporteer nie. Dit laat net 25 operasionele stasies oor wat nog data voldoende volgens nasionale regulasies rapporteer."

Brics-beraad jaag Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljoene uit die sak 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-11-01

"’n Parlementêre vraag het aan die lig gebring dat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ’n verbysterende R104 350 405 bestee het om as gasheer vir die driedaagse Brics-beraad op te tree. Die DA sê dit is bykomend tot die R75 miljoen wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bestee het om deelnemers by die beraad te beskerm."

Petrolprys daal, maar minder as wat gehoop is

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-31

"Dit sal die eerste daling in brandstofpryse wees nadat verbruikers vier agtereenvolgende maande die knyp gevoel het van duurder brandstof."

Suid-Afrikaanse Lugdiens sprei weer sy vlerke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-27

"Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), waarvan die vlerke die afgelope twee jaar geknip was, het Donderdag ’n nuwe lewe gekry met die amptelike heropening van die lugdiens in Kaapstad."

Betoging voor parlement oor omstrede Bela-wet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-26

"Volgens die jongste data (School Realities 2022) is daar 22 589 openbare skole in Suid-Afrika. Gauteng het byvoorbeeld 2 056 openbare skole teenoor die 2 045 skole van 2012. ’n Skamele 12 bykomende skole ná ’n hele dekade."

OVK sit wiele aan die rol vir volgende jaar se verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-25

"Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se veldtog vir volgende jaar se algemene nasionale en provinsiale verkiesings het Dinsdag amptelik afgeskop."

Nederland se koning verwelkom betoging in Suid-Afrika oor slawerny

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-24

"Die Nederlandse koningspaar koning Willem-Alexander en koningin Máxima is verlede Vrydag op die laaste dag van hulle driedaagse amptelike staatsbesoek aan Suid-Afrika deur ’n groepie luidrugtige betogers ingewag wat protesteer het teen Nederland se aandeel aan die slawehandel aan die Kaap."

Nederland se koningshuis besoek Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-20

"Suid-Afrika en Nederland het die afgelope week die bande tussen die twee lande verder versterk tydens die Nederlandse staatsbesoek van koning Willem-Alexander en koningin Máxima."

Suid-Afrikaners is diep verdeeld oor die oorlog tussen Israel en Palestina

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-19

"Terwyl die oorlog tussen Israel en Palestina verder eskaleer en al hoe meer mense in die bloedige oorlog sterf, is Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse politieke partye diep verdeeld oor die kwessie."

Verified by MonsterInsights
Top