Jean Oosthuizen

Joernalis

Ramaphosa paai die land oor beurtkrag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-08-01

"’n Jaar het verloop sedert die energie-aksieplan bekendgestel is om die beurtkragkrisis op te los. Volgens Ramaphosa kan daar nou beduidende vordering op verskeie gebiede gerapporteer word."

Minder as helfte van Afrika-leiers na Rusland vir beraad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-28

"Die Suid-Afrikaanse publikasie Daily Maverick berig dat sy akkreditasie om die beraad in St Petersburg te dek, kort voor sy spesialisverslaggewer, Peter Fabricius, se vertrek sonder verduideliking deur Rusland herroep is."

Is "terminale" Zuma dalk voortvlugtig?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-27

"Daar is steeds geen aanduiding van owerheidskant of oudpresident Jacob Zuma, wat tans in Rusland is, ooit weer die binnekant van ’n tronk in Suid-Afrika sal sien nie."

Padongelukkefonds in wanorde en chaos

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-26

"Regsliggame soos die Black Lawyers Association en ander blameer die chaos van die Padongelukkefonds op slegte besluite wat deur die direksie geneem is."

Blouligboelies in hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-25

"Die agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid wat na die veiligheid van kabinetslede moet omsien, is dié naweek in hegtenis geneem. Hulle het hulself Sondag by die Sandton-polisiestasie oorgegee."

Suid-Afrika kry ’n twaalfde amptelike taal by 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-21

"Suid-Afrika het die afgelope week die vierde land in Afrika geword wat Gebaretaal as amptelike taal erken, nadat president Cyril Ramaphosa Woensdag die Wetsontwerp op Gebaretaal onderteken het."

Poetin se afwesigheid by Brics-beraad red Suid-Afrika van diplomatieke dilemma

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-20

"Die aankondiging dat Poetin nie meer die beraad sal bywoon nie, volg te midde van ’n hofsaak wat deur die DA aangevoer is om duidelikheid te kry hoe die regering ’n arrestasiebevel vir Poetin moet uitvoer indien hy wel volgende maand in Suid-Afrika sou aankom vir die Brics-beraad."

Kaalbas vrou op lamppale gee nie aanstoot nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-19

"Die sanger en Christelike prediker van Somerset-Wes, Heinz Winckler, het hom veral sterk uitgelaat oor die plakkate en gesê dit is tyd dat die stil meerderheid opstaan vir gesonde norme en waardes."

ANC wil glo omstrede onderwyswet deur parlement stoomroller

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-18

"Duisende kommentare en besware teen die wet is deur die publiek ingedien tydens ’n landwye openbaredeelnemingsproses. Dit blyk nou dat die portefeuljekomitee oor basiese onderwys nie al die verslae ontvang het nie en dit dus nie behoorlik sal kan oorweeg wanneer die wet deur die komitee bespreek word nie."

Vragmotoraanvalle is ekonomiese sabotasie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-14

"Die gewelddadige kriminele aanvalle op vragmotors in Suid-Afrika die afgelope dae is ’n direkte aanslag op die Suid-Afrikaanse ekonomie en ’n wesenlike risiko vir voedselsekerheid."

Bankrot poskantoor sal duisende poste moet snoei

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-13

"Dit beteken dat die belastingbetalers weer sal moet opdok vir die skuld en dat tot 7 000 poste in die SAPK op die spel is."

Verligting van beurtkrag van korte duur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-12

"Die effense verligting wat Suid-Afrikaners die afgelope week of wat ten opsigte van beurtkrag ervaar het, was van korte duur."

VF Plus en DA vlieg mekaar in die hare oor ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-11

"Die VF Plus het enige sprake van samewerking met die ANC ten sterkste ontken en beskuldig die DA van opportunisme en oneerlikheid."

Omstrede blouligbrigade se spoor van skandes

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-07

"Die ANC bestee R1,7 miljard se belastingbetalersgeld om Suid-Afrika se BBP-beskermingsdienste as hul eie persoonlike weermag teen die mense in stand te hou."

Almal sal moet saamstaan vir veelpartykoalisie om ANC te verslaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-06

"Die Multi-Party Coalition Advocacy Group, wat hulle beywer vir ’n veelpartykoalisieregering ná aanstaande jaar se verkiesing, sê egter dit sal nie genoeg wees om Suid-Afrika te red as hulle daarin slaag om die ANC se steun tot net onder 50% te laat daal nie, aangesien dit die ANC steeds met te veel weë laat om aan bewind te bly."

Verified by MonsterInsights
Top