Marianne Lomberg

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense te gesels oor hulle diere – van gedragsprobleme tot plaasdiersiektes tot die beste kos vir hulle honde of hase. Sy was die Dieremaniere-veearts op RSG, het al op 50/50 gesels oor die werk van ’n gedragsveearts, en was ’n gereelde gas op 702 en Cape Talk se troeteldierprogramme.

Marianne het in Europa, die VK en dwarsdeur Afrika gereis vir haar werk, maar deesdae help sy mense en diere nader aan die huis deur ’n nuwe diens wat troeteldiereienaars in direkte kontak sit met ’n veearts wat hulle kan help om te bepaal of hulle dier dringende sorg nodig het.

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-03-17

Kobie skryf: "Ons het ’n katjie opgetel toe sy omtrent vier weke oud was. Haar een been is af net bokant haar knie. Ons wil haar nie heeltyd in die huis hou nie." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-03-09

Angelique skryf: "My labrador x boerboel, Rex, is vyf maande oud. Hy het katgriep. Ek het ’n vyfjarige seuntjie wie se hartjie baie seer is. Wat is die kanse dat ons woefiekind dit gaan maak? Ons weet niks van die siekte af nie." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Spanjoel se been is seer

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-28

Elmarie skryf: "My Spanjoelhond het bal gespeel en ek dink hy het sy been seergemaak. Hy loop half kruppel en huil ook as hy partykeer op sy voorbeen trap." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-21

Amanda skryf: "Ek het Sondagmiddag vir my hond vlooimedikasie gegee, maar teen Maandagmiddag het hy nog steeds gekrap en daar was nog steeds vlooie op hom." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Husky hardloop nou op drie bene

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-15

Denise skryf: "My husky hardloop die afgelope paar dae op drie bene. As jy aan haar been raak, meer nader aan die knie en ondertoe, byt sy. Wat kan ek gebruik?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My hond eet nou wortels

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-14

Cornelia skryf: "Ek het ’n chihuahuahondjie. Nou het sy van gister af kwaai begin rou wortels eet. Sy wil nie ophou eet nie. Sy soek aanhoudend nog." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Labrador verloor beheer oor blaas

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-07

Nick skryf: "My labradorteef van so vier jaar oud is gesteriliseer en daarna het dit begin gebeur dat sy nie beheer oor haar blaas het nie. Dit raak net erger en erger." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-04

Martel skryf: "Het baie al opgelees dat ek nie my Boerboel moet slaan as hy vir my grom nie, want volgende keer gaan hy my nie waarsku nie, net byt." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Een slagtand wil nie uitkom nie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-02-01

Anerie skryf: "Ek het ’n Duitse herdershond. Haar een slagtand in die onderkaak regs wil nie uitkom nie. Die ander slagtand is uit. Wat kan die rede wees?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Sonskerm en was in die ore

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-18

Daphne Becker skryf: "My man wil weet of honde ook wasopbou in hul ore kan kry wat hul gehoor strem en kan dit verwyder word?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: ’n Loopmagie in ’n klein hondjie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-14

Elmarie skryf: "Ek het ’n sewe-week-oue baba, ’n Jack Russell-kruising. Sy wil al van vanoggend af nie eet nie. Haar magie werk water." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Ingroeitoonnaels

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-13

Rina skryf: "Ons bully het ingroeitoonnaels gehad wat haar voet se kussinkie beskadig het. Wat kan ek daarop sit? Ek is so hartseer. Dis my kind." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-10

Leonie skryf: "Ons twee honde is al vandat hulle babas was, op Eukenuba. Ongelukkig is my man op vroeë pensioen geplaas en kan ons nie meer die kos bekostig nie. Ons is radeloos." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-06

Adriana skryf: "Hallo, my worshondjie is sewe jaar oud, nou in Desember. Hy was lief vir spring; hy het gedink hy is Superman. Sy ruggie het nou begin seer raak. Miskien een keer te veel gespring?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Hond se voetkussinkie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-05

Sindy skryf: "Dis die eerste keer wat hy regtig nie op sy poot wil loop nie, so ek is baie bekommerd en weet nie watter 'menslike' pynmedikasie ek vir hom kan gee nie." Lees Marianne se antwoord.

Verified by MonsterInsights
Top