Vra die veearts: Labrador verloor beheer oor blaas

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Nick skryf:

My labradorteef van so vier jaar oud is gesteriliseer en daarna het dit begin gebeur dat sy nie beheer oor haar blaas het nie. Dit raak net erger en erger.

 

Beste Nick

Die verloor van tonus in die spiere wat die blaas toehou, is ongelukkig iets wat soms met tewe gebeur na sterilisering, veral tewe van groter rasse. Oorgewig maak die probleem erger, maar dit skyn geneties te wees. Die voordele van sterilisering is steeds meer as die nadele – die kans van borskanker en baarmoederontsteking is tientalle keer groter in tewe as in mense, en sterilisering maak die kans feitlik nul. Tog is die probleem met die blaasbeheer nie prettig nie!

Twee verskillende vorme van terapie kan jou teef help. Een is om vir haar estrogeenpilletjies te gee. Vir honde bestaan daar laedosispille wat baie diere met die probleem help. ’n Ander opsie is sjirurgies – jou veearts kan ’n gel rondom die blaasopening inspuit tydens ’n klein operasie. Die gel druk dan die blaasopening effe toe – nie soveel dat sy sukkel om te urineer wanneer sy probeer nie, maar net genoeg om die lek van urine te voorkom terwyl sy slaap.

Ek hoop een van die twee oplossings werk vir haar, en vir julle!

Groete

Marianne

 

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Een slagtand wil nie uitkom nie

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: My hond het harde knoppe op sy lyf

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top