Vra die veearts: Sonskerm en was in die ore

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Daphne Becker skryf:

Hallo

Terugvoer oor my vorige brief: Ek het toe my hondjie veearts toe gevat en die veearts het gesê die plek op sy penis is as gevolg van aarbondels en sonskade, en ek moet sonblok opsit.

My man wil weet of honde ook wasopbou in hul ore kan kry wat hul gehoor strem en kan dit verwyder word? Ons hond is al 14-en-’n-halfjaar, so dit is seker ook nie vreemd dat hy baie doof is nie.

Groete

Daphne Becker

 

Daphne, baie dankie dat jy laat weet wat toe fout was met jou hondjie! Ek is baie bly dis nie kwaadaardig nie, en nes in mense kan die sonskerm help om velkanker se ontwikkeling te voorkom.

Dan gepraat van gehoor, ja, honde kan ook was in hulle ore opbou, nes mense, maar gewoonlik nie genoeg om hulle gehoor aan te tas nie. Die was in die ore kan wel ongemaklik wees en lei na ontstekings, so indien jou woef aan sy ore krap, stel ek voor dat jy jou veearts vra om te loer of daar vuiligheid is wat uitgewas kan word.

Het jy geweet dat ons ook honde se gehoor kan toets? Die proses is net effe anders as in mense – ons meet hulle breingolwe om te sien of die klanke na hulle brein toe deurdring, want ons kan hulle natuurlik nie vra om te knik as hulle die geluid hoor nie! Maar die toets word nie gereeld gedoen nie, omdat ouer honde gewoonlik gelukkig verder leef, selfs al word hulle ’n bietjie hardhorig.

Groete

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: My hond het harde knoppe op sy lyf

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top