Vra die veearts: Husky hardloop nou op drie bene

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Denise skryf:

Goeiemiddag.

My husky hardloop die afgelope paar dae op drie bene. As jy aan haar been raak, meer nader aan die knie en ondertoe, byt sy.

Wat kan ek gebruik?

Ek vermoed sy het dit seergemaak toe sy en die labrador gespeel het.

Baie dankie.

Denise

 

Beste Denise

As ’n hond skielik ophou om op een agterbeen te loop, dink ’n veearts onmiddellik: kruisligament. Honde, nes rugbyspelers, sit daagliks baie stremming op die kruisligament in hulle knie en dit kan soms skielik breek. Tipiese tekens daarvan is pyn om die knie, onwilligheid om op die poot te loop, en wanneer hulle staan, rus net die toon van die geaffekteerde poot op die grond.

Dis baie seer, en dis waarskynlik hoekom sy byt. Ideaal sal ons chirurgie daarvoor doen, maar selfs al is chirurgie nie op dié stadium moontlik vir julle begroting nie, kan jou veearts help met pynmiddels wat haar gemakliker sal maak tydens die herstel. Daar is ook een of twee ander kondisies wat skielike pyn om ’n knie kan veroorsaak en jou veearts sal vinnig kan vasstel wat die oorsaak is.

Sterkte!

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: My hond eet nou wortels

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Een slagtand wil nie uitkom nie

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top