Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Rina skryf:
Goeiemôre Dokter
Ons bully het ingroeitoonnaels gehad wat haar voet se kussinkie beskadig het. Het toe haar toonnaels twee keer by die veearts laat probeer sny. Hy sny toe net een toonnael – was so bang vir haar. Vra ons toe R95 vir sny, R600 vir konsultasie met net 10 pynpille by. Ons is pensionarisse en kan ongelukkig nie bekostig om haar weer na hulle te neem nie.
Ons was weg. Toe ons terugkom, sien ons sy loop baie swaar. Kyk, toe sien ons daar is ’n seer tussen haar tone.
Wat kan ek daarop sit? Ek is so hartseer. Dis my kind, en die ander twee veeartse is baie ver: Vrede en Secunda. Kan nie so ver met haar ry nie – sy is ontsettend woelig.
Sal dit waardeer as jy vir my raad kan gee.
Vriendelike groete
Rina Barrows
Beste Rina
Sjoe, ingroeitoonnaels is baie seer, vir mense én vir diere! Die enigste langtermynoplossing is ongelukkig om die naels te knip – sommer al tien, sodat dié wat nog nie ingegroei het nie, nie daar uitkom nie. En omdat dit so seer is, sal sy ongelukkig dalk ligte sedasie moet kry, wat net ’n veearts kan gee.
Maar daar is een ander ding wat julle dalk kan probeer – hondeversorgingsalonne knip hulle hondeklante se toonnaels wanneer hulle hulle was en knip, en as ’n veearts moet ek sê hulle is soms baie behendiger met die naelknippers as wat ek is! Indien julle ’n hondesalon naby het, gaan gesels met hulle en vra of hulle kan help voor julle moed opgee.
Sterkte!
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm