Die openbare beskermer se beskerming is nie vir almal nie
2019-06-03"Om die kop van Busisiwe Mkhwebane vlieg sulke beskuldigings soos kartetse. Onder die rumoerige faksiebewegings in die Suid-Afrikaanse regering is Mkhwebane se pos as die openbare beskermer (OB), ’n belangrike grondwetlike instelling, uiters omstrede. Die pos is een van die hoogstes in die land. Die OB kan inderdaad vir die president aanbevelings doen waaraan die presidensiële kantoor moet antwoord."
Verkiesing 2019: maak of breek vir Suid-Afrika?
2019-05-07"Gaan Xsê op 8 Mei nie dalk ’n oproep word om maar nog meer te eis nie?"
"Saterdagpappas" is tog beter as geen pappas nie
2019-04-08"Hulle is in ’n byna onoorwinlike stryd vasgevang: hulle moet kinders sonder vaders grootmaak. In 2017 het die Instituut vir Rasseverhoudinge bevind dat 18 miljoen kinders uit ’n bevolking van 57 miljoen in Suid-Afrika nie teenwoordige vaders het nie."
Die markplek van vrese, woede – en begrip: ’n Suid-Afrikaanse fees
2019-03-13"Die 20ste US (Universiteit Stellenbosch) Woordfees van Stellenbosch het onlangs die feesseisoen afgeskop op die universiteitsdorp. Soms is Afrikaanse feeste al beskryf as boerebasaars, of selfs sekulêre nagmaalvieringe, maar wat hier weer eens sterk bewys is, is dat die samekomste ook in wese konferensies (met vrye spraak) is."
’n Gesonde hoof van ’n siek party probeer sy voorskrif verkoop
2019-02-11"President Cyril Ramaphosa het al die hulp wat hy moontlik kon kry, nodig gehad toe hy verlede Donderdag (7 Februarie) die laaste staatsrede van die huidige parlement moes lewer."
Die magtige vryheidsbeweging is op sy knieë
2019-01-14"Die African National Congress, die huidige regerende politieke party in Suid-Afrika, het van 8 tot 12 Januarie sy 107de bestaansjaar gevier. Dit was ’n vreemde viering."
’n Taai besluit: die media besin oor ’n boikot van ’n politieke party
2018-12-03"Moet, of wil, die nasionale media van ’n land die stem van ’n politikus en sy party snoer?"
Elke politieke haan soek nou ’n mishoop
2018-11-05"Dis vereskud-tyd in Suid-Afrika vir ’n komende verkiesing. ’n Waterskeidingsverkiesing word deur die ontleders voorspel. Na Mei 2019 sal Suid-Afrika ’n heel nuwe bestel beleef."
Groot feeste meet die "temperatuur" van die land
2018-10-08"Uiteindelik kom daar ook ’n 'samekoms' in die kunste onder die verskillende rasse en kulture in die land voor. Versoening, aanklag, spot, vernedering, uitdaging en pret is die onderwerpe wat oral in die kunste opduik. Dalk help die heersende kwaadwilligheid in die politiek om die kunste so te laat blom?"
Geraamtes van die verlede tuimel byna dawerend uit
2018-09-10"In die delikate rasseverhoudings in Suid-Afrika het twee onlangse scenario’s ’n nuwe dimensie gebring na die emosionele, kulturele skuldvlakke tussen wit en swart. Die verlede word byna te erg om te hanteer."
Die eierdans rondom grondbesit in Suid-Afrika word vurig
2018-08-10"Het Jan van Riebeeck in 1652 grond in sy drie skepe saamgebring toe hy aan die Kaap ’n VOC-verversingstasie kom vestig het?"
Sport, die afgod, se donker kant
2018-07-20"Hoe manifesteer ’n diepgewortelde rassisme? Hoe manifesteer die nooitvergete druk van apartheid? Hoe 'gevaarlik' is dit om mense met sulke verskillende agtergronde saam in een span te sit?"
Koeëls fluit, papiergeld fladder oor strate, lyke lê gestrooi ‒ die nuwe generasie rooftogte
2018-06-22"In minder as 120 dae is 159 transitorooftogte in Suid-Afrika uitgevoer. Transito dui op sekuriteitsvoertuie wat geld van sake-instansies na banke vervoer, op Engels cash-in-transit. Hierdie moderne struikrowers het ’n skrikbewind begin voer wat die beste krimi-skrywer sou verstom. Die verskynsel word al as nuwe-generasie heists bestempel vanweë die onverskrokke toename in die waagsaamheid en organisasie agter hierdie rooftogte."
Die koreografie van ’n woedende, dansende massa
2018-05-25"Die dansende massas het genoeg gehad. Die TV-kameras word bondgenote om hul woede te wys. ’n Woede wat nie gou kan of sal bedaar nie."
Makhosi betree die verlate landskap van inheemse tale
2018-05-08"Taal is allermins ’n brandende vraagstuk in ’n land wat tans met brandende protesoptogte geteister word. Sou dit genoeg uitdagings vir ’n energieke aktivis wees?"