Actueel
Omstrede Bird-eiland-boek maak steeds opslae
2020-04-21"Die uitgewers van die omstrede boek Die seuns van Bird Island het ’n tweede keer verskoning gevra vir die emosionele skade wat die boek aangerig het aan die reputasie van drie oud-NP-ministers en hulle families."
Die aanlynkonsertfenomeen: Musikante verruil die verhoog vir hul sitkamer
2020-04-17"Hoe twee onsigbare kragte, ’n virus en musiek, ’n generasie tot ’n mate definieer, bly ’n raaisel. Die een isoleer en die ander een verenig. Hier is ’n kykie na hoe die musiekbedryf vir die tweede keer op sy kop gedraai is."
COVID-19 knip moontlik SAL se vlerke finaal
2020-04-17"Duisende mense kan sonder werk sit wanneer die SAL finaal sy laaste asem uitblaas. Sowat 5 000 werkers van die SAL en 800 werknemers by SA Express sal werkloos wees indien die lugrederye sluit."
Trump skok Suid-Afrika en res van wêreld tydens koronakrisis
2020-04-17"President Donald Trump van die VSA het hom die gramskap van feitlik die hele wêreld, onder andere ook Suid-Afrika, op die hals gehaal met sy besluit om Amerika se befondsing vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak. Dit te midde van ’n wêreldwye gesondheidspandemie."
Samewerkingsooreenkoms met die Afrikaanse Taalraad: ’n onderhoud met Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie)
2020-04-16Die Nederlandse Taalunie (NTU) fokus op taalbeleid in Nederland, Vlaandere, Suriname en die Nederlandse Antille. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) in Suid-Afrika fokus op die volle diversiteit van Afrikaans. Die doel van die samewerkingsooreenkoms tussen hierdie twee organisasies is om Afrikaans en Nederlands te bevorder. Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie) vertel vir Menán van Heerden meer hieroor.
Korona se ergste lê nog voor vir Suid-Afrika
2020-04-16"Diegene wat gedink het Suid-Afrika gaan die eksponensiële groei van die koronavirus wat wêreldwyd voorkom, vryspring, kan hulle gereedmaak vir ’n onaangename verrassing. Dit kan vermoedelik minstens nog vyf maande duur voordat die ergste verby is."
Swaarkry, honger en die gevaar van onrus in die tyd van korona
2020-04-16"'Ons gaan nie van korona doodgaan nie,' het die inwoner haar en ander in haar gemeenskap se lot bekla. 'Ons gaan doodgaan van hongerte'."
Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon: ’n onderhoud
2020-04-15Die Facebook-groep "Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon" het meer as 11 000 lede en ondersoek sedert 2012 die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Cliffordene Norton gesels met Fanie Pretorius wat die navorsingsprojek geloods het.
Ramaphosa waarsku misdadigers
2020-04-14"In Ramaphosa se weeklikse brief veroordeel hy vandalisme en diefstal by skole, ’n toename in kabeldiefstal en ’n styging in gevalle van geweld teen vroue, kinders en bejaardes. Hy sê die regering sal geslagsgeweld as ’n prioriteit hanteer in sy reaksie op die koronaviruspandemie."
Koronavirus laat Moeder Natuur weer asemhaal
2020-04-10"Oral hoor mens van verskynsels in die natuur wat stadig maar seker weer besig om na normaal terug te keer terwyl miljoene agter slot en grendel is."
Strenger optrede gevra teen minister wat regulasies oortree het
2020-04-09"Die minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste, Stella Ndabeni-Abrahams, wat deur president Cyril Ramaphosa op twee maande spesiale verlof geplaas is omdat sy die regulasies tydens die staat van inperking oortree het, kan dalk ook strafregtelik vervolg word."
Ons wag op die nuwe wêreld
2020-04-09"Terwyl ons op die virus wag, is daar ritse aanbiedings om die dooie tyd om te kry, dikwels rolprente met clichétonele van mense wat in doodsangs wag vir die gevaar om die hoek: Tom Cruise vir die tentakels van die invallers uit die ruimte in The war of the worlds; Sigourney Weaver vir die tandewerk van die monster in Alien. Ons wag op die virus om haar uit te woed voor ons weer normaal kan word. Daarna gaan die wêreld verander, word ons belowe."
Hüzün
2020-04-08"Die tradisie kom uit die Sufi-mistisisme en bied ’n meer positiewe en medelydende begrip van die woord, en van die ruimte of plek van verlies en droefheid in ons lewens. Ons hüzün is nie heeltemal dieselfde nie, maar resoneer verbasend diep met ons Kapenaars. Die pragtige ou Groote Kerk-gebou met sy ryke geskiedenis en die ou slawelosie reg langsaan met sy tragiese geskiedenis."
Grendel maar vas – inperking kan nog lank duur
2020-04-08"Wetenskaplikes en ekonome is in ’n debat gewikkel oor die vraag wat die meeste lewens gaan kos as gevolg van die koronavirus: ’n ekonomiese ramp as die landwye inperking ná 21 dae verleng word, of ’n gesondheidsramp indien die inperking te gou opgehef word."
Skuldgevoelens oor my voorreg
2020-04-08"Ek weet swaarkry is nie ’n kompetisie nie, dat ek en baie ander soos ek ook deur hierdie epidemie beïnvloed word. Maar die skaal weeg nie gelyk nie en ek kry nie die skuldgevoelens afgeskud nie."
Dit gons oor verbod op tabak- en drankverkope tydens inperking
2020-04-07"Daar was verlede week groot verwarring oor die opheffing van die verkoop van sigarette in die Wes-Kaap."
Bruidspaar tronk toe pleks van wittebrood
2020-04-06"Die pastoor wat hulle in die huwelik sou bevestig het, is saam met die paartjie en omtrent 50 gaste in hegtenis geneem. Videomateriaal van die bruid in haar spierwit bruidsuitrusting en haar voornemende bruidegom wat onseremonieel in ’n vangwa geprop word, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei."
Press release: Van Pletzen release sophomore album Love & Legehness
2020-04-03Brace yourself for a serious dose of Love & Legehness in the form of 15 new songs ranging from serious club bangers to deeply intimate and sensual ballads about the complexities of liefde! Afrikaans has never sounded groter or sexier!
Commendatio met die oorhandiging van die Van Ewijck Stigting se prestasieprys aan Wannie Carstens
2020-04-02Die Van Ewijck Stigting se prestasieprys moet gesien word teen die agtergrond van die testamentêre verpligtinge teenoor die Van Ewijck-egpaar, naamlik om inisiatiewe aan te moedig en te beloon wat die kulturele verbintenisse tussen Suid-Afrika en Nederland versterk.
Suid-Afrika op die rand van grootskaalse armoede
2020-04-02"Volgens navorsing deur Bloomberg Economics sal Suid-Afrika een van 10 lande wees wat die ergste deur die koronavirus geraak sal word."