Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Humaria skryf:
Goeienaand
Ek is verby raadop. My hond, ’n labrador gekruis met ’n Duitse herdershond, se vel kry ek nie gesond nie. Sy krap net oor haar agterlyf, nou op die bene ook, maar die sere gaan oop en so ’n bloederige etter / sopperige vloeistof kom uit die plekke.
Ek het al so baie goed probeer.
Ek is ’n pensionaris. Wat kan ek nog doen om haar vel reg te kry, asseblief?
Beste Humaria
Sodra daar oop sere is wat versprei, het ons met iets ernstig te doen. ’n Veearts by ’n dierebeskermsvereniging of soortgelyke organisasie sal definitief nodig wees om te kyk of dit ’n bakteriële infeksie of iets anders is. Sommige boererate help vir minder ernstige velprobleme, en dinge soos om die vel skoon te hou en die vag gereeld te borsel, asook om spesifieke kos te gebruik, kan definitief help om ’n terugslag te voorkom, maar op hierdie stadium is sterker medikasie definitief nodig.
Gelukkig is daar veeartse wat by dié soort organisasies werk wat sal kan help.
Baie sterkte, en ek hoop sy voel sommer gou weer beter!
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?