Vra die veearts: Prednisoon is ’n baie interessante medikasie

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Rose skryf:

My worshond, 10 jaar oud, het begin opgooi. Was vir drie dae in die hospitaal op ’n drip. Een dag goed en toe weer begin opgooi. Geen kos verteer in haar maag nie. Alles kom net so uit. Het haar prednisoon gegee vir drie dae en sy het opgehou opgooi. Nou het ek prednisoon gestop en sy gooi weer op. Dit lyk soos die inhoud van haar maag/mis. Kan ek aanhou met prednisoon sonder enige nagevolge?

Rose

 

Beste Rose

Prednisoon is ’n baie interessante medikasie, want dit boots die liggaam se eie geneesmiddel na, kortisoon. Kortisoon word afgeskei om (onder andere) die pyn en moegheid wat kom wanneer jy herstel van ’n besering, te verskans. Met wilde honde en oermense was dit nodig, want ons moes vinnig weer op die been kom om kos te kry! 

Prednisoon werk nog steeds so – dit verminder pyn, gee energie en werk allergiese of immuunreaksies teë. Die probleem is dat beide die natuurlike weergawe en die pille newe-effekte het na langtermyngebruik. Die newe-effekte sluit immuunonderdrukking en maagprobleme in. Dus is ’n kort kursus prednisoon baie nuttig, maar langtermyn kan dit skadelik wees, veral vir 'n hondjie wat al klaar opgooi. 

So ek sal aanraai om nie meer prednisoon te gee nie, maar om eerder terug te gaan veearts toe vir verdere ondersoek na die oorsaak van die opgooi. Die goeie nuus is dat die goeie reaksie op korttermyn-prednisoon vir jou veearts ’n goeie idee sal gee van die moontlike oorsake.

Ek hoop die probleem word sommer vinnig opgelos!

Groete

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: ’n Loopmagie in ’n klein hondjie

Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top