Vra die veearts: Sal entstof teen katgriep help?

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Henro skryf:

Goeiedag 

My klein hondjie makeer iets en ek weet nie wat nie.

Hy is 10 weke oud en hy is die laaste dag baie traag en wil nie regtig speel of eet nie. Sy boetie is Dinsdag oorlede aan katgriep. Hoe weet ek dit is nie dit nie? Ek wil regtig nie nog ’n hondjie daaraan verloor nie.

Hy het sy inspuiting laas week en Vrydag gehad, maar steeds is ek bekommerd dit kan katgriep wees.

Hy eet nie regtig nie en sy magie werk so ’n bietjie loperig. Wat kan ek doen?

Henro

 

Beste Henro

Noudat ons saam met Covid leef, voel dit asof ons altyd oor inentings praat, vir mense en vir diere!

Nes met Covid, maak selfs die eerste inenting al ’n verskil aan hoe ernstig ons aangetas word deur ’n siekte. Ek het byvoorbeeld vroeg in die pandemie Covid gekry voor ek geënt is, maar omdat my man in die ouderdomsgroep bo my val, het hy teen dié stadium al klaar sy eerste inenting gekry — en hy was báie minder siek as ek! Maar na net een inenting het hy tog olik gevoel. En die dokter het steeds vir hom medikasie voorgeskryf om sy liggaam met die simptome te help.

Indien jou hondjie wel katgriep opgedoen het, sal die inenting help om die siekte minder ernstig te maak as wat dis sou gewees het, maar minder as dodelik kan nog steeds baie ernstig wees! Ek sal dus aanraai dat jy tog jou kleinding by ’n veearts kry. Hy sal nie slegs kan sien of dit katgriep of iets anders is nie, maar sal ook toepaslike hulp kan gee om jou hondjie te help om te herstel.

Sterkte!

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top