Winnie Mandela was geliefd én gehaat
2018-04-03"Ondanks haar omstredenheid sal Winnie Madikizela-Mandela onthou word vir haar charismatiese persoonlikheid, onverskrokke veggees en haar leeue-aandeel in die stryd teen apartheid."
Tronk toe oor rassisme
2018-03-29"Dit is sover bekend die swaarste straf wat nog weens rassisme in Suid-Afrika opgelê is."
Australië se krieketskandes het Suid-Afrikaners verenig
2018-03-28"Die Australiese krieketspan se skande in Suid-Afrika toe daar met die bal gepeuter is maak wêreldwyd opslae nadat die kameras langs die veld hulle kullery aan die hele wêreld ontbloot het."
Net span stywer om Zuma
2018-03-27"Op sosiale media woed daar ’n hewige debat tussen diegene wat wil hê Zuma moet sy dag in die hof kry soos hy gevra het en diegene wat glo hy sal nie ’n regverdige verhoor kry nie en hom ondersteun."
Durban skop stof in Kaapstad en Johannesburg se oë
2018-03-23"Durban is miskien nie so wêreldbekend soos Kaapstad nie en ook nie so ryk soos Johannesburg nie, maar volgens Mercer se verslag klop Durban beide Kaapstad en Johannesburg wanneer dit by lewenskwaliteit kom."
Poppe dans by De Lille se tugverhoor
2018-03-22"Die beleërde DA-burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, wie se tugverhoor Dinsdag begin het se kop staan volgens verskeie politieke waarnemers in die rigting van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)."
Zero tekens van Dag Zero
2018-03-20"Dit wil voorkom of daar doelbewus besluit is om die droogte te begin onderspeel uit vrees vir die negatiewe impak wat die voortdurende waarskuwing van ’n Dag Zero op Kaapstad se toerisme het en ook die negatiewe impak daarvan op beleggingsmoontlikhede in die stad."
Duisende ton koue vleis onttrek as gevolg van listeriose
2018-03-16"Byna 4 000 ton polonie en kouevleisprodukte is reeds deur Tiger Brands van die mark onttrek sedert die dodelike uitbreek van listeriose in Suid-Afrika."
Nog ’n boek vol Zuma-skandale
2018-03-15"In die jongste van ’n swetterjoel boeke wat Zuma se ongerymdhede tydens sy presidentskap aan die kaak stel vertel ’n voormalige redakteur en werknemer van die omstrede TV-kanaal ANN7 van Zuma se direkte aandeel in die stigting van die TV-kanaal ANN7."
Droogte in SA nou ’n nasionale ramp
2018-03-14"Groot dele van Suid-Afrika is die afgelope week deur die regering tot ’n nasionale rampgebied verklaar as gevolg van die knellende droogte in verskeie provinsies."
Polities korrekte taal in die spervuur
2018-03-13"Pleks van die woord 'woman' moedig die transformasiekantoor die gebruik van die woord 'womxn' aan, omdat dit nie na die man verwys nie."
Gee kouevleis die koue skouer
2018-03-06"Suid-Afrikaners word aangeraai om voorlopig weg te bly van alle voorafverwerkte vleisprodukte soos polonie en ander kouevleise. Dit volg na die uitbreek van die dodelike listeriose wat reeds byna 180 lewens geëis het."
Valke slaan toe op bekende joernalis
2018-03-02"Minder as ’n week nadat hy die polisie se spesiale ondersoekeenheid in die openbaar gekritiseer het weens hulle onvermoë om korrupsie te beveg, het die Valke ’n klopjag uitgevoer by die veteraanjoernalis Jaques Pauw se huis in Riebeek-Kasteel."
Grondonteiening: Noodsaaklikheid of populisme?
2018-03-01"Dit gons behoorlik onder Suid-Afrikaners oor die afgelope week se mosie wat in die parlement goedgekeur is oor die onteiening van grond sonder vergoeding."
Ramaphosa se nuwe kabinet is goeie én slegte nuus
2018-02-28"President Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet bevat positiewe sowel as negatiewe elemente. Ramaphosa se eerste kabinet wat laat Maandagaand aangekondig is, het uiteenlopende reaksies onder Suid-Afrikaners ontlok."