Jean Oosthuizen

Joernalis

Kosbare Pierneef kry voete uit premier se kantoor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-24

"Kunsliefhebbers is woedend nadat ’n Pierneefskildery ter waarde van miljoene rande voete gekry het uit die kantoor van Ace Magashule terwyl hy premier van die Vrystaat was."

Gupta pleit die ene onskuld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-23

"Volgens Gupta is sy gesin die slagoffer van ’n heksejag wat aangevuur word  deur polities gedrewe wetstoepassingsagentskappe."

SA kunstenaars in Australië verneder oor Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-18

"Beryl sê die marginalisering van sekere voorheen benadeelde Suid-Afrikaners moet end kry. 'Ons het ook ’n geskiedenis. Erken dit.'"

ANC en EFF slaan vure dood oor bankplundery

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-17

"Sowat 50 individue en maatskappye word betrek by die bykans R2 miljard-verlies wat die bank gely het wat tot die instelling se ondergang gelei het."

Misdaad jaag bekende kunsteliefhebber moontlik landuit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-16

"Suid-Afrika kan dalk een van sy staatmaker-kunsteliefhebbers kwyt wees as gevolg van die misdaad wat die land teister. Die organiseerder van verskeie literêre feeste oor die land heen, en dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Darryl David, oorweeg dit om na die buiteland te verhuis nadat hy die afgelope week deur drie mans by sy huis in Howick aangeval is."

Pik Botha was nie bang om dood te gaan nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-12

"Een van Suid-Afrika se kleurrykste politici tydens die apartheidsjare, Pik Botha, is op 86-jarige ouderdom by sy huis in Pretoria oorlede nadat hy die afgelope tyd vir hart- en longprobleme behandel is."

EFF se rooi gesig oor beweerde bankdiefstal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-12

"Die EFF, wat alles in hulle vermoë gedoen het om van oudpresident Jacob Zuma ontslae te raak vanweë sy beweerde korrupte bedrywighede, bevind hulle nou midde-in ’n korrupsieskandaal en sit met ’n rooi gesig onder hul rooi barette."

Sub-Sahara-Afrika voel positief oor die internet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-11

"Volgens die jongste navorsing deur die Pew Research Center sê 50% Suid-Afrikaners wat die internet gebruik dat die groter gebruik daarvan ’n goeie invloed op die land se politiek het. Almal is egter nie so oortuig daarvan dat die internet ’n positiewe invloed op morele waardes het nie."

Tito laat die rand kop optel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-10

"Die sukkelende rand het weer effens asemgehaal nadat Cyril Ramaphosa die beleërde minister van finansies, Nhlanhla Nene, se bedanking aanvaar het en die ervare Tito Mboweni in sy plek aangestel het om die land se geldsake te bestuur."

Keelvol vir moord en doodslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-09

"Suid-Afrikaners is keelvol vir misdaad en die ongekende aantal moorde wat die land teister, en dring al hoe meer daarop aan dat die internasionale gemeenskap moet ingryp. Die jongste oproep in dié verband kom van ’n voormalige spioen van die ANC se ondergrondse militêre vleuel, Umkhonto weSizwe, Brad Steyn. Steyn se swaer, die 61-jarige John Bosman, is vroeër die maand op sy aarbeiplaas buite Nelspruit in Mpumalanga vermoor."

Minister verklaar oorlog teen dwelmsmouse na protes

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-05

"Die minister van polisie, Bheki Cele, het oorlog verklaar teen die dwelmsmouse in die bendegeteisterde Westbury in Johannesburg. Dit volg nadat inwoners die afgelope week keelvol geword het vir die bendegeweld waarmee hulle daagliks gekonfronteer word. Dit is veral die polisie se trae optrede teen bendegeweld en dwelmhandel wat hulle frustreer."

Groot liefde vir Afrikaans in Nederland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-04

"In weerwil van die doemprofete se voorspelling dat Afrikaans se dae getel is, glo verskeie mense, onder wie vooraanstaande akademici en letterkundiges, nog dat die taal wel ’n toekoms het."

Storm woed in NG Kerk na pedofieluitlatings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-03

"Meer as 100 predikante en akademici in die NG Kerk het hulle stem dik gemaak uit protes teen diegene in die kerk, onder wie een van die kerk se leiersfigure, wat verhoudings tussen mense van dieselfde geslag by pedofilie en bestialiteit betrek."

Duurste petrol ooit!

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-02

"Suid-Afrikaners moet van Woensdag af meer as ooit tevore vir petrol betaal wanneer dit vir die eerste keer meer as R17 vir ’n liter in die binneland sal kos."

Ramaphosa wil korrupsie binne maande takel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-27

"President Cyril Ramaphosa wil die skroewe aandraai om te sorg dat diegene wat verantwoordelik is vir die grootskaalse korrupsie in staatsdepartemente aan die pen ry. As Ramaphosa sy sin kry, kan daar binnekort sterk optrede verwag word teen diegene wat hulself ten koste van die staat verryk."

Verified by MonsterInsights
Top