Suid-Afrikaners vroeg in 2019 na die stembus
2018-09-26"Suid-Afrikaners kan hulle gereedmaak om vroeg volgende jaar na die stembus te gaan vir die land se volgende algemene verkiesing. President Cyril Ramaphosa het tydens ’n byeenkoms van die Council on Foreign Relations in New York gesê volgende jaar se verkiesing sal voor die einde van Mei gehou word."
Dagga-uitspraak (cannabis) het die tonge los
2018-09-20"Suid-Afrikaners se tonge is behoorlik los oor die voor- en nadele van dagga nadat die grondwetlike hof beslis het die kweek en gebruik daarvan in private plekke is wettig."
Nuwe storm in NG Kerk oor homoseksualiteit
2018-09-19"’n Nuwe storm broei in die NG Kerk oor homoseksualiteit. Dit volg nadat die kerk se moderator, ds Nelis Janse van Rensburg, in die openbaar standpunt ingeneem het teen sy kerk se jongste sinodebesluit in 2016 dat homoseksuele verhoudings sonde is."
Parlement se veiligheid onder die loep
2018-09-18"Nehawu se skerp kritiek op die veiligheidsituasie in die parlement volg op die insident verlede Vrydag toe ’n parlementêre beampte homself in die parlementsgebou doodgeskiet het. Verskeie ander mense het ook ernstige vrae gehad oor die toegangsprosedures by die parlement, wat ’n nasionale sleutelpunt is."
Advertensie-owerheid verbied vingerleklekker-advertensie
2018-09-13"Die advertensie wys onder andere ’n motor wat sy wiele in ’n stoorkamer tol terwyl ’n groep omstanders toekyk. Volgens die klaer het die advertensie ’n gevaarlike situasie geskep. Dit is glo soortgelyk aan situasies waarin mense in die land dood is en het dit 'genormaliseer'."
Skrikwekkend hoë moordsyfer in SA bekend gemaak
2018-09-12"Die jongste misdaadsyfer wat Dinsdag in die parlement bekend gemaak is, skets ’n donker prentjie van Suid-Afrika se misdaadsituasie. Daar word gemiddeld 57 mense elke dag in Suid-Afrika vermoor en die syfer het die afgelope jaar met 1 320 moorde toegeneem vergeleke met die vorige jaar."
ANC slaan vure dood oor “geheime komplot”
2018-09-11"Die ANC slaan links en regs vure dood nadat Sunday Times die naweek berig het senior lede van die ANC is besig met ’n geheime komplot om van president Cyril Ramaphosa ontslae te raak."
Resessie voorspel slegte nuus vir SA se ekonomie
2018-09-07"Suid-Afrikaners sal hulle gordels nóg stywer moet trek om te kan oorleef. Sommige doemprofete vrees dit kan dalk die voorspel wees tot ’n ekonomiese depressie as daar nie spoedig groter ekonomiese vertroue ingeboesem word nie."
Stellenbosse boy getuig in parlement oor Steinhoff
2018-09-06"Jooste het toegegee dat die Steinhoff-skandaal die grootste ineenstorting van ’n Suid-Afrikaanse maatskappy ooit is, maar sê dit het gebeur omdat die geouditeerde jaarstate nie uitgereik is nie. Hy sê die oudit van die state was nie sy verantwoordelikheid nie."
Ondersoek gevra na ontploffing by ammunisiefabriek
2018-09-05"Verskeie instansies het gevra vir ’n behoorlike ondersoek na die oorsaak van die ontploffing by die Rheinmetall Denel-wapenaanleg naby Somerset-Wes waarin minstens agt mense dood is."
Solidariteit staak oor diskriminasie by Sasol
2018-09-04"Die vakbond Solidariteit het met ’n grootskaalse staking by Sasol begin omdat wit werknemers op grond van hul ras uitgesluit word by Sasol se nuutste personeelaandeelskema."
Suid-Afrika se donker wolk het ’n silwer randjie
2018-08-31"Indien die land se beleidmakers egter daarin kan slaag om beleggingsvertroue te herwin, groter welvaart en werksgeleenthede te skep en die ekonomie weer te laat groei, is daar geen rede waarom die afwaartse trajek sedert 2007 nie omgekeer kan word nie."
AfriForum wil EFF pak oor Afrikaans
2018-08-30"Die geveg oor Afrikaans aan Suid-Afrikaanse universiteite het opnuut opgevlam nadat AfriForum se jeugorganisasie klagtes teen die EFF ingedien het omdat die EFF volgens hulle teenstrydig met sekere universiteite se taalbeleid optree."
NG Kerk se “billike diskriminasie” lok wye reaksie
2018-08-28"Janse van Rensburg sê dit gaan nie hier oor mense se persoonlike reg nie. 'Dit gaan hier oor die kerk se standpunt oor seksuele verhoudings. En die kerk is tans op die punt waar ons sê ons is nie op ’n plek waar ons selfdegeslag-verbintenisse wil kondoneer of in die kerk wil bevestig nie.'"
Afrikaans is ’n reënboogtaal
2018-08-24"Boezak voel baie sterk oor die waarde van Afrikaans as onderrigtaal tot op tersiêre vlak. Hy sê kennis is die beste wapen teen armoede en kennis kan die beste opgedoen word deur middel van moedertaalonderrig."