Bankbaas sonder kantoor, motor of lessenaar
2018-11-29"Celliers wat die afgelope vyf jaar aan die stuur van FNB staan, sê sy slimfoon is sy kantoor. Hy het ook vyf jaar gelede besluit om van sy motor ontslae te raak."
Vroueskrywers vier 16 dae van aktivisme saam
2018-11-28"Die vroue wat aan die simposium vir Afrika-vroueskrywers in Johannesburg deelneem, sal onder andere praat oor rassisme en marginalisering en die nalatenskap van die verlede asook die mislukkings van vandag om geweld teen vroue en kinders hok te slaan."
Malema en EFF onder skoot
2018-11-27"Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het Maandag strafregtelike aanklagte by die polisie ingedien teen Malema. Gordhan, vergesel van sy regsverteenwoordiger, Tebogo Malatjie, het die aanklagte by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien. Die drie aanklagte is crimen injuria, laster en aanhitsing tot geweld."
Rampspoed vir SA skrywers
2018-11-23"’n Voorgestelde wysigingswetsontwerp oor kopiereg kan rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika se hele kunstebedryf inhou."
Zuma het die kabinet mislei
2018-11-22"Leuens, manipulasie en misleiding van die uitvoerende gesag was aan die orde van die dag terwyl Jacob Zuma president van die land was."
Sanger vra verskoning vir onderbroekfoto
2018-11-21"Nog ’n Suid-Afrikaner is by sy eie vrou in die verleentheid nadat hy ’n skrapsgeklede foto van homself in sy onderbroek aan ’n ander vrou gestuur het."
De Lille wil DA by stembus pak gee
2018-11-20"Die vuurvreterpolitikus Patricia de Lille se aankondiging dat sy ’n nuwe politieke party gaan stig, het gemengde reaksie onder Suid-Afrikaners uitgelok."
Goedkoper petrol vir vakansieseisoen voorspel
2018-11-16"Suid-Afrikaners kan hulle gereed maak vir ’n welkome verligting in die prys van brandstof gedurende die komende Kersseisoen wat veral vakansiegangers sal bly maak."
Zuma se empire verkrummel al hoe meer
2018-11-15"Daar word verwag dat Gordan se getuienis voor die Zondo-kommissie nóg ’n spyker in Zuma se doodskis kan wees omdat dit sal bevestig hoe die oudpresident mense wou manipuleer om na sy pype te dans."
Joost se Amor erf net ’n TV
2018-11-13"Ondersteuners van Van der Westhuizen en Vittone het mekaar na afloop van die hofsaak oor en weer op sosiale media in die hare gevlieg oor wie volgens hulle geregtig is op Van der Westhuizen se erfporsie."
De Lille veg terug
2018-11-09"De Lille sê sy sal haar toekomsplanne op 18 November bekend maak. Intussen het sy die geveg met haar voormalige party die afgelope week op Twitter voortgesit. Sy het die een na die ander twiet gepos en beskuldig van haar voormalige kollegas daarvan dat hulle haar naam beswadder het deur fopnuus oor haar te versprei."
Gigaba al hoe meer in die spervuur
2018-11-08"Die omstrede minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, weier om aanspreeklikheid vir sy dade te aanvaar en dreig dat die poppe sal dans as hy uit die ANC geskop word."
SAL stuur af op ’n totale ramp
2018-11-06"Terwyl die ANC toutrek oor die SAL se toekoms, word voorspel dat dit die belastingbetalers in die volgende drie jaar nog ’n verdere R21 miljard sal kos aan reddingsboeie om SAL in die lug te hou as die regering nie hulle vlerke wil knip nie."
SAP ondersoek nuwe inligting oor die seuns van Bird Island
2018-11-01"Een van die boek se skrywers, Chris Steyn, het toestemming van sommige van haar bronne gekry om hulle identiteit aan die polisie bekend te maak. Sy het ook mense oorreed om verklarings by die polisie af te lê."
De Lille is die DA se bitter pil
2018-10-31"Die diep verdeeldheid in die Wes-Kaapse DA het tydens verlede week se raadsvergadering soos ’n septiese sweer oopgebars ten aanskoue van die hele wêreld."