Geen Dag Zero meer vir Kapenaars nie
2018-06-29"Kapenaars hoef nie meer te vrees dat hulle krane binnekort sal opdroog as gevolg van die knellende droogte nie. Die huidige waterkrisis is verby."
DA loop nóg ’n bloutjie teen veglustige De Lille
2018-06-28"Die Demokratiese Alliansie (DA) het nóg ’n bloutjie in die hof geloop in hul poging om van Kaapstad se burgemeester Patricia de Lille ontslae te raak."
Wêreldbekende Suid-Afrikaanse fotograaf sterf
2018-06-25"Die internasionaal bekroonde veteraan-fotograaf David Goldblatt is op 87-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede."
Suid-Afrikaners praat oor grondonteiening sonder vergoeding
2018-06-22"Die Suid-Afrikaanse parlement se Grondwethersieningskomitee begin volgende week met openbare verhore oor die onteiening van grond sonder vergoeding. Meer as ’n miljoen skriftelike voorleggings is reeds deur Suid-Afrikaners ingedien as deel van die openbare kommentaar of die Grondwet gewysig behoort te word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak."
Oud-Springbok wil hof toe oor ''rassisme''
2018-06-21"Die voorval waartydens die bruin sportanalis en voormalige Springbokrugbyspeler Ashwin Willemse ’n maand gelede uit die sportateljee geloop het, gaan in die gelykheidshof verder gevoer word."
Suid-Afrikaners in die duister oor Eskom
2018-06-20"Suid-Afrikaners sal nog ’n week of wat in die duister wees oor die gevolge wat die Eskom-staking op hul kragtoevoer gaan hê."
Omstrede oud SAUK-baas wil sy werk terughê
2018-06-15"Volgens Motsoeneng behoort die SAUK hulle te skaam vir die klagtes wat hulle teen hom ingebring het. Hy sê hy het in die beste belang van die SAUK en sy werkers opgetree en het geensins ’n groot ego soos wat beweer word nie."
Die ANC hoort in kwarantyn
2018-06-13"Volgens Moeng is die enigste oplossing vir Suid-Afrika ’n nuwe politieke party wat waardegedrewe is en waarin alle Suid-Afrikaners tuis kan voel."
Hof moet beslis oor NG Kerk se besluit dat gays nie mag trou
2018-06-08"In hulle bydrae om die hof by te staan om tot ’n besluit te kom, sê die geslagskommissie geen vorm van diskriminasie kan ingevolge die Grondwet verdedig word nie."
Verdeeldheid kan ANC by stembus knou
2018-06-06"Die moontlikheid dat ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma ’n nuwe politieke party wil stig, het die verdeeldheid in ANC-geledere verder aangeblaas. Dit kan president Cyril Ramaphosa se hoop in die wiele ry dat die ANC in volgende jaar se verkiesing ’n tweederdemeerderheid by die stembus sal behaal."
Rugby ontbloot Suid-Afrika se rasseverdeeldheid
2018-05-23"Suid-Afrikaners van alle rasse het mekaar ná die voorval in die media en op sosiale media vanuit verskillende hoeke soos in ’n losskrum getakel en vanuit hulle onderskeie agtergronde op mekaar losgetrek."
NG Kerk sê gays kan hulle eie kerk stig
2018-04-12"In 2015 het die gay-gemeenskap die NG Kerk se besluit verwelkom dat hulle mag trou. Nou sê die kerk hulle mag nie trou nie en dat die kerk ’n belang het om die Bybel te gehoorsaam soos hy dit verstaan."
SA skitter by Statebondspele
2018-04-11"Die afgelope week se goue medaljes het ingestroom voordat Caster Semenya die 1 500 m Dinsdagmiddag aangedurf het. Sy het nie teleurgestel nie en die goue medalje in die 1 500 m op die spele verower met ’n persoonlike beste tyd en ook die Statebondrekord verbeter."
Onmin broei in ANC en DA
2018-04-10"Suid-Afrikaners kan hulle maar gereedmaak vir nog baie vuil wasgoed en politieke binnegevegte in die aanloop tot die verkiesing in 2019."
Duisende wil Zuma ondersteun
2018-04-06"Duisende ondersteuners van Suid-Afrika se gewese staatspresident, Jacob Zuma, gaan hom ondersteun wanneer hy Vrydag in Pietermaritzburg se hooggeregshof verskyn op verskeie aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery."