Jean Oosthuizen

Joernalis

ANC wen steun terwyl DA agteruit boer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-18

"Tydens die vorige verkiesing in 2014 het die DA byna 60% van die stemme in die Wes-Kaap getrek. Volgens Ipsos se jongste peiling geniet die DA tans slegs sowat 28% van die steun en die ANC is kort op hul hakke met 26% van die steun."

Nóg petrolprysverhoging is Suid-Afrikaners se voorland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-17

"Die Organisasie vir Belastingmisbruik (Outa) het voorgestel dat die algemene brandstofheffing en padongelukfondsheffing verlaag word. Volgens Outa het die algemene brandstofheffing oor die afgelope tien jaar kumulatief met 165% verhoog."

Betogers saai verwoesting in Wes-Kaap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-13

"Betogers het anargie gesaai toe hulle in Kaapstad en Hermanus in die Wes-Kaap miljoene rand se skade aangerig het tydens protesoptredes."

Raaisel verdiep oor ontvoering van nóg ’n Kaapse sakeman

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-12

"Die 65-jarige sakeman Liyaqat Parker is Maandag in die Kaapse woonbuurt Parow ontvoer toe vyf mans hom glo in die parkeerterrein van sy besigheid oorrompel het. Dit is die vierde sakeman in die Wes-Kaap wat die afgelope twee jaar vir ’n losprys ontvoer is."

Suid-Afrikaanse boere wil in Rusland gaan boer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-11

"Verskeie Suid-Afrikaanse boere oorweeg dit glo om in Rusland te gaan boer uit vrees dat hulle grond in Suid-Afrika sonder vergoeding onteien gaan word."

Net span stywer om die Zumas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-09

"Oudpresident Jacob Zuma se seun Duduzane Zuma is onder streng borgvoorwaardes op borgtog van R100 000 vrygelaat tot 24 Januarie aanstaande jaar wanneer hy weer in die hof moet verskyn op klagtes van korrupsie. Sy paspoort is ook ingetrek en hy mag nie die land sonder toestemming verlaat nie."

Waardevolle Vlaamse skildery in SA opgeveil

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-04

"Kunsliefhebbers regoor die wêreld wag in spanning vir die Stephan Welz-afslaers om bekend te maak hoeveel daar betaal is vir die meer as 400-jaar oue skildery van die bekende Vlaamse skilder Peter Paul Rubens wat onlangs in Suid-Afrika ontdek en verlede week aanlyn opgeveil is."

Sneeu en ysige weer tref Suid-Afrikaners

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-07-03

"Kaapstad se hoofopgaardamme is gemiddeld reeds meer as 48% vol. Dit is byna dubbel soveel as verlede jaar dié tyd toe die damme minder as 25% vol was."

Geen Dag Zero meer vir Kapenaars nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-29

"Kapenaars hoef nie meer te vrees dat hulle krane binnekort sal opdroog as gevolg van die knellende droogte nie. Die huidige waterkrisis is verby."

DA loop nóg ’n bloutjie teen veglustige De Lille

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-28

"Die Demokratiese Alliansie (DA) het nóg ’n bloutjie in die hof geloop in hul poging om van Kaapstad se burgemeester Patricia de Lille ontslae te raak."

Wêreldbekende Suid-Afrikaanse fotograaf sterf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-25

"Die internasionaal bekroonde veteraan-fotograaf David Goldblatt is op 87-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede."

Suid-Afrikaners praat oor grondonteiening sonder vergoeding

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-22

"Die Suid-Afrikaanse parlement se Grondwethersieningskomitee begin volgende week met openbare verhore oor die onteiening van grond sonder vergoeding. Meer as ’n miljoen skriftelike voorleggings is reeds deur Suid-Afrikaners ingedien as deel van die openbare kommentaar of die Grondwet gewysig behoort te word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak."

Oud-Springbok wil hof toe oor ''rassisme''

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-21

"Die voorval waartydens die bruin sportanalis en voormalige Springbokrugbyspeler Ashwin Willemse ’n maand gelede uit die sportateljee geloop het, gaan in die gelykheidshof verder gevoer word."

Suid-Afrikaners in die duister oor Eskom

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-20

"Suid-Afrikaners sal nog ’n week of wat in die duister wees oor die gevolge wat die Eskom-staking op hul kragtoevoer gaan hê."

 

Omstrede oud SAUK-baas wil sy werk terughê

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-06-15

"Volgens Motsoeneng behoort die SAUK hulle te skaam vir die klagtes wat hulle teen hom ingebring het. Hy sê hy het in die beste belang van die SAUK en sy werkers opgetree en het geensins ’n groot ego soos wat beweer word nie."

Verified by MonsterInsights
Top