Jean Oosthuizen

Joernalis

Storm woed in NG Kerk na pedofieluitlatings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-03

"Meer as 100 predikante en akademici in die NG Kerk het hulle stem dik gemaak uit protes teen diegene in die kerk, onder wie een van die kerk se leiersfigure, wat verhoudings tussen mense van dieselfde geslag by pedofilie en bestialiteit betrek."

Duurste petrol ooit!

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-10-02

"Suid-Afrikaners moet van Woensdag af meer as ooit tevore vir petrol betaal wanneer dit vir die eerste keer meer as R17 vir ’n liter in die binneland sal kos."

Ramaphosa wil korrupsie binne maande takel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-27

"President Cyril Ramaphosa wil die skroewe aandraai om te sorg dat diegene wat verantwoordelik is vir die grootskaalse korrupsie in staatsdepartemente aan die pen ry. As Ramaphosa sy sin kry, kan daar binnekort sterk optrede verwag word teen diegene wat hulself ten koste van die staat verryk."

Suid-Afrikaners vroeg in 2019 na die stembus

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-26

"Suid-Afrikaners kan hulle gereedmaak om vroeg volgende jaar na die stembus te gaan vir die land se volgende algemene verkiesing. President Cyril Ramaphosa het tydens ’n byeenkoms van die Council on Foreign Relations in New York gesê volgende jaar se verkiesing sal voor die einde van Mei gehou word."

Dagga-uitspraak (cannabis) het die tonge los

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-20

"Suid-Afrikaners se tonge is behoorlik los oor die voor- en nadele van dagga nadat die grondwetlike hof beslis het die kweek en gebruik daarvan in private plekke is wettig."

Nuwe storm in NG Kerk oor homoseksualiteit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-19

"’n Nuwe storm broei in die NG Kerk oor homoseksualiteit. Dit volg nadat die kerk se moderator, ds Nelis Janse van Rensburg, in die openbaar standpunt ingeneem het teen sy kerk se jongste sinodebesluit in 2016 dat homoseksuele verhoudings sonde is."

Parlement se veiligheid onder die loep

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-18

"Nehawu se skerp kritiek op die veiligheidsituasie in die parlement volg op die insident verlede Vrydag toe ’n parlementêre beampte homself in die parlementsgebou doodgeskiet het. Verskeie ander mense het ook ernstige vrae gehad oor die toegangsprosedures by die parlement, wat ’n nasionale sleutelpunt is."

Advertensie-owerheid verbied vingerleklekker-advertensie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-13

"Die advertensie wys onder andere ’n motor wat sy wiele in ’n stoorkamer tol terwyl ’n groep omstanders toekyk. Volgens die klaer het die advertensie ’n gevaarlike situasie geskep. Dit is glo soortgelyk aan situasies waarin mense in die land dood is en het dit 'genormaliseer'."

Skrikwekkend hoë moordsyfer in SA bekend gemaak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-12

"Die jongste misdaadsyfer wat Dinsdag in die parlement bekend gemaak is, skets ’n donker prentjie van Suid-Afrika se misdaadsituasie. Daar word gemiddeld 57 mense elke dag in Suid-Afrika vermoor en die syfer het die afgelope jaar met 1 320 moorde toegeneem vergeleke met die vorige jaar."

ANC slaan vure dood oor “geheime komplot”

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-11

"Die ANC slaan links en regs vure dood nadat Sunday Times die naweek berig het senior lede van die ANC is besig met ’n geheime komplot om van president Cyril Ramaphosa ontslae te raak."

Resessie voorspel slegte nuus vir SA se ekonomie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-07

"Suid-Afrikaners sal hulle gordels nóg stywer moet trek om te kan oorleef. Sommige doemprofete vrees dit kan dalk die voorspel wees tot ’n ekonomiese depressie as daar nie spoedig groter ekonomiese vertroue ingeboesem word nie."

Stellenbosse boy getuig in parlement oor Steinhoff

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-06

"Jooste het toegegee dat die Steinhoff-skandaal die grootste ineenstorting van ’n Suid-Afrikaanse maatskappy ooit is, maar sê dit het gebeur omdat die geouditeerde jaarstate nie uitgereik is nie. Hy sê die oudit van die state was nie sy verantwoordelikheid nie."

Ondersoek gevra na ontploffing by ammunisiefabriek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-05

"Verskeie instansies het gevra vir ’n behoorlike ondersoek na die oorsaak van die ontploffing by die Rheinmetall Denel-wapenaanleg naby Somerset-Wes waarin minstens agt mense dood is."

Solidariteit staak oor diskriminasie by Sasol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-09-04

"Die vakbond Solidariteit het met ’n grootskaalse staking by Sasol begin omdat wit werknemers op grond van hul ras uitgesluit word by Sasol se nuutste personeelaandeelskema."

Suid-Afrika se donker wolk het ’n silwer randjie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2018-08-31

"Indien die land se beleidmakers egter daarin kan slaag om beleggingsvertroue te herwin, groter welvaart en werksgeleenthede te skep en die ekonomie weer te laat groei, is daar geen rede waarom die afwaartse trajek sedert 2007 nie omgekeer kan word nie."

Verified by MonsterInsights
Top