Jean Oosthuizen

Joernalis

Historiese ooreenkoms red dalk bedreigde Afrika-pikkewyn

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-21

"Bewaringskundiges en die visbedryf is reeds jare lank in ’n geskil betrokke oor hoeveel kommersiële visvang bygedra het tot die Afrika-pikkewynbevolking se skerp afname en tot watter mate visvangbeperkings die dreigende uitsterwing van dié pikkewyne sou stuit."

KI-swendelaars teiken Suid-Afrikaners se bankrekeninge

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-20

"Suid-Afrikaners word geteiken deur KI-gedrewe swendelary waar bedrieërs bankamptenare naboots, vals toepassings skep en sosiale media manipuleer om geld te steel."

Gemengde ontvangs wag op uitgeskopte Rasool met sy aankoms in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-19

"Die vakbond Cosatu in die Wes-Kaap het belowe om hom ’n heldeverwelkoming te gee wanneer hy na die provinsie terugkeer, terwyl sy kritici soos AfriForum meen Rasool se optrede in die VSA wat tot sy uitsetting gelei het, is ’n bewys daarvan dat die ANC se diplomatieke dobbelspel misluk én die land en sy mense duur te staan gaan kom."

Amokmaker op FlySafair-vlug se "verskoning" oor rassisme maak geen indruk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-18

"Wat egter veral die poppe laat dans het, was toe Mkhize na vroue van Mitchells Plain verwys het as onopgevoed en nie in staat om te bestuur of motorvoertuie te besit nie."

Begrotingskrisis 2025: So lyk die pad vorentoe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-14

"As die Suid-Afrikaanse parlement nie die begroting goedkeur nie, kan dit ernstige gevolge hê, afhangende van die politieke dinamika en die stappe wat daarna geneem word."

SAMRK eis aksie na moord op fluitjieblaser Mabini

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-13

"Pamela Mabini was ’n gemeenskapsaktivis en die stigter van die Maro-stigting, ’n nie-winsgewende organisasie wat gefokus het op die ondersteuning van verwaarloosde kinders, mense met gestremdhede en slagoffers van misdaad, veral geslagsgeweld."

Luukse Audi’s vir vloot terwyl SANW-Soldate in DRK met ou toerusting sit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-12

"Hierdie uitspattige besteding is volgens die DA ’n voorbeeld van die voortdurende kultuur van bevoorregting, kompleet met rooi tapyte en gholfdae, terwyl gewone soldate sonder behoorlike hulpbronne moet sukkel."

Trump se aanbod aan SA boere verhoog diplomatieke spanning met VSA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-11

"Plasings op sosiale media weerspieël verdeelde menings: Sommiges sien Trump se aksies as ’n kans om die ANC te straf, terwyl ander ekonomiese terugslae vrees."

Chaos in SA se gesondheidsektor oor befondsingskrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-07

"Suid-Afrika se MIV-program is die grootste ter wêreld, met sowat 5,5 miljoen mense wat antiretrovirale middels ontvang. Hoewel die staat 74% van die koste dek, het Pepfar die gaping gevul vir dienslewering en voorkoming wat die regering nie alleen kan bekostig nie."

AfriForum en Solidariteit lê nie wakker oor klagtes van hoogverraad nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-06

"Die DA en Vryheidsfront Plus stem saam met Kriel dat daar geen regsgronde is om hulle te vervolg nie."

Kabinet finaliseer volgende week se begroting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-05

"Dit wil voorkom of die RNE hul verskille opsy gesit het om ’n werkbare begroting te finaliseer, wat moontlik ’n kompromis insluit om belastingverhogings te vermy of te beperk."

Wêreldbank aan Suid-Afrika: Laat vaar rassebeleid om ekonomie te laat groei

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-03-04

"Die Wêreldbank wil hê Suid-Afrika moet hierdie beleide aanpas om dit minder veeleisend te maak vir buitelandse maatskappye om in die land te belê."

Slegs 20% van graad 3-leerlinge kan met  begrip lees

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-02-28

"Teen die huidige tempo van vordering sal alle kinders in Suid-Afrika eers teen 2098 in enige taal met begrip kan lees."

DA lê klag teen Mashatile en Creecy by Openbare beskermer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-02-27

"Volgens berigte beplan Creecy om John Lamola, die swakste kandidaat, vir die genoemde posisie aan te beveel."

Suid-Afrika se "Mickey Mouse-weermag" in ’n vryval

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-02-26

"Luitenant-generaal Ntshavheni Maphaha van die SANW het verder olie op die vuur gegooi en in die spervuur beland oor sy uitlatings by die begrafnis van een van die 14 Suid-Afrikaanse soldate wat in die DRK gesterf het."

Verified by MonsterInsights
Top