Jean Oosthuizen

Joernalis

Ministers gryp in na dekade se gesloer oor Sarah Baartman sentrum

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-09-11

"Konstruksie van die wêrelderfenisprojek het in Augustus 2014 begin. Die sentrum sou na verwagting teen Oktober 2016 operasioneel gewees het teen ’n koste van R164 miljoen. Die koste het intussen tot sowat R280 miljoen opgeskiet."

Vervalle hospitaal in Gauteng gons op sosiale media

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-09-10

"Die voormalige omroeper Tom London beweer in die video wat hy op sosiale media gedeel het, dat hy in die hospitaal verwaarloos is en dat van die personeel en dokters onbeskof is. Hy het ook die hospitaal se badkamers in die video afgeneem wat toon hoe verwaarloos en vuil dit is. Van die krane werk glad nie en ook nie die muurproppe in van die sale nie."

China beloof miljarde se steun aan Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-09-06

"Xi Jinping het Donderdag belowe om China se steun regoor die skuldbelaaide Afrika te versterk met befondsing van byna $51 miljard oor drie jaar vir meer infrastruktuurprojekte en die skep van minstens een miljoen werksgeleenthede."

Tshwane se veelpartykoalisie gevra "om Pretoria te red"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-09-05

"Die leiers van die politieke partye wat die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit regeer, gaan gevra word om te sorg dat geskille in die koalisie tussen die partye so gou moontlik bygelê word om te keer dat die stad in die hande van die ANC en EFF beland."

Suid-Afrika se ekonomie lig stadig weer sy kop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-09-04

"Die land se ekonomie het in die tweede kwartaal (April–Junie) met 0,4%  gegroei. Ekonome meen sakevertroue kan in die derde kwartaal nog verder verbeter, weens die verlengde opskorting van beurtkrag en groter politieke stabiliteit danksy die regering van nasionale eenheid ná die verkiesing vroeër vanjaar."

China rol rooi tapyt uit vir Ramaphosa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-09-03

"Dit is Ramaphosa se tweede staatsbesoek aan China en die eerste keer dat hy op ’n staatsbesoek na die buiteland vergesel word deur DA-ministers in sy regering van nasionale eenheid, onder andere die leier van die DA, John Steenhuisen."

Sneeu tower Wes-Kaap knap voor die lente in ’n sprokieparadys om

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-30

"Behalwe op Tafelberg is sneeuval onder andere ook in Cederberg, Tulbagh en Franschhoek aangemeld. Sneeu is ook op verskeie bergpieke in die Boland opgemerk in die omgewing van Stellenbosch en Somerset-Wes."

Skroewe draai al stywer om die minister van justisie se VBS-betrokkenheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-29

"President Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê hy het met kommer kennis geneem van mediaberigte wat bewerings van korrupsie teen Simelane bevat."

Eskom se tariefskokke in parlement bespreek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-28

"Die DA het ’n beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gedoen om dringend duidelikheid te gee oor die metode waarvolgens hulle tariefverhogings goedkeur, na aanleiding van die reguleerder se erkenning dat die voortslepende krisis rakende elektrisiteitbekostigbaarheid vererger is deur tariefverhogings wat gebaseer is op '’n verkeerde interpretasie van die wet'."

Minister van justisie by VBS-skandaal betrek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-27

"Die DA se woordvoerder oor justisie en konstitusionele ontwikkeling, Glynnis Breytenbach, sê die minister moet ten minste voor die parlementêre komitee verskyn om te verduidelik watter maatreëls sy van plan is om in werking te stel om die skreiende botsing van belange tussen haar, as minister van justisie, en haar rol wat die Nasionale Vervolgingsgesag sou kon beïnvloed, te bestuur."

DA en VF Plus se leiers wil twisvlamme blus

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-23

"Die nasionale leiers van die DA en die Vryheidsfront Plus het water op die vuur probeer gooi in die twis tussen die twee partye wat besig is om op plaaslike vlak in veral die Wes-Kaap uit te kring."

SASNEV akademiese konferensie: Vertalings ontsluit nuwe wêrelde

Jean Oosthuizen SASNEV 2024-08-22

"Die belangrikheid van vertalings in die letterkunde en die akademie is die afgelope naweek opnuut beklemtoon tydens ’n vertaalkollokwium oor Nederlands-Afrikaanse vertaling wat deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Kaapstad aangebied is."

Zondo geprys as ’n man van wysheid en integriteit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-22

"Die geskiedenis sal toon dat hoofregter Raymond Zondo sy toegewese verantwoordelikheid met wysheid en ywer nagekom het. Meer nog: Zondo sal onthou word vir die standaard vir eerlikheid in openbare aangeleenthede wat hy gevestig het wat ons land nog baie jare sal dien."

Publiek is glo mislei oor lisensiehernuwings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-21

"Outa is bekommerd dat die weiering om die kaartgeldigheidstydperk te verleng, gekoppel is aan die tender om ’n nuwe kaartdrukmasjien te koop en die geld wat gemaak moet word uit die herdruk van kaarte elke vyf jaar."

Nog moontlike bedankings uit die EFF verwag ná Shivambu sy rooi pet ophang

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-16

"Die EFF-leier, Julius Malema, het egter tydens die nuuskonferensie waartydens Shivambu se bedanking uit die EFF amptelik aangekondig is, toegegee dat meer EFF-lede waarskynlik sy voorbeeld sal volg. Hy het EFF-lede op grondvlak voorberei dat daar waarskynlik nog bedankings uit die party sal wees en sê hulle moet daarop voorbereid wees."

Verified by MonsterInsights
Top