Zuma se kandidaatskap volgende week voor Konstitusionele Hof
2024-05-01"Adjunkhoofregter Mandisa Maya het die afgelope Sondag opdragte uitgereik wat ’n streng rooster vasstel vir die aanhoor van die dringende saak."
Vrae oor handtekeninge kan ’n skadu werp oor vry en regverdige verkiesing
2024-04-30"Te midde van die nuwe vrae oor die egtheid van sommige van die handtekeninge, het Sy Mamabolo, hoofverkiesingsbeampte van die OVK, gesê die onus rus op die kandidate wat die handtekeninge indien om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig."
Amnestie Internasionaal sê rooi ligte flikker vir Suid-Afrika
2024-04-26"Van die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, en in die verslag uitgelig word, is geslagsgeweld, die hoë moordsyfer en toegang tot veilige drinkwater."
Outa kla oor kultuur van geheimhouding by openbare entiteite
2024-04-25"Sanral se weiering om die inligting bekend te maak, gaan oor ’n kontrak van R4,7 miljard met AquaEXR."
ANC dreig en trap water oor uitgelekte opname
2024-04-24"In die opname kan na bewering gehoor word hoe Ramaphosa die media wil manipuleer en aan partylede die Leviete voorlees voor die Mei-peilings om te verseker dat hulle die verkiesing wen."
Zuma se party glimlag al die pad stembus toe
2024-04-23"Maandag se uitspraak word beskou as ’n beduidende oorwinning vir MK voor die algemene verkiesing van 29 Mei. Zuma se ondersteuners het in die hof gejuig en gesing nadat die uitspraak gelewer is."
NGV-wet laat alarmklokke lui, sê staatsamptenare
2024-04-19"Volgens vorige ramings sal die regering nagenoeg R200 miljard per jaar benodig om die NGV te onderhou."
Bela-wetsontwerp maak steeds opslae
2024-04-18"Die Bela-wetsontwerp herinner aan die verengelsingsbeleid wat Britse owerhede kort ná die Anglo-Boereoorlog in skole toegepas het. Só sê die jeugorganisasie AfriForum Jeug."
Zuma se vroeë vrylating uit die tronk ontketen ’n "misdaadgolf"
2024-04-17"Ramaphosa het in Augustus verlede jaar 16 472 gevangenis ingevolge ’n spesiale remissieprogram (SRP) vrygelaat onder die dekmantel van die vermindering van oorbevolking in die tronke."
Dominee se eggenoot en beweerde moordenaar neem glo eie lewe
2024-04-16"Die staat het vroeër vanjaar ook ’n klag van bedrog teen De Jager bygevoeg en aangevoer dat sy vermoorde vrou se testament verander is wat hom die enigste begunstigde maak. Volgens die staat het hy verskeie pogings aangewend om ’n polis van sy oorlede vrou in sy guns te laat uitbetaal."
Munisipaliteit moet miljoene opdok vir besoedeling van waterbronne
2024-04-12"Govan Mbeki-munisipaliteit se burgemeester, Nhlakanipho Zuma, het aan Newzroom Afrika gesê hulle aanvaar die boete van R200 miljoen wat die Bethal-landdroshof opgelê het vir die oortreding van omgewingwette."
Beurtkragverligting laat steeds duisende Suid-Afrikaners in die donker
2024-04-11"Die minister het bevestig dat 1 135 transformators regoor die land nie werk nie. Die provinsies wat die swaarste getref word, is Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap."
Dis nou Zuma teen Ramaphosa in vanjaar se verkiesing
2024-04-10"Die Kieshof het in die guns van die MK-party en oudpresident Jacob Zuma beslis in die saak waarin die OVK hom verbied het om hom verkiesbaar te stel om na die parlement terug te keer."
Gift of the givers sit hand by ná verwoestende storms
2024-04-09"Gift of the Givers het ’n beroep op die regering gedoen om weer na wetgewing te kyk wat sy verskillende departemente toelaat om toegang tot fondse te verkry en dit onmiddellik na ’n ramp aan te wend."
Nuwe planne vir meer Afrikaanse skole
2024-04-05"Weens die voortdurende risiko dat die aantal openbare skole wat in Afrikaans onderrig bied, verminder sal word, is daar met ’n inisiatief begin om R100 miljoen te werf om meer privaat Afrikaanse skole te skep sodat Afrikaanse skole vermeerder kan word."