Blouligboelies laat Suid-Afrikaners rooi sien
2023-07-05"Die groep polisiemanne wat motoriste in ’n motor op die snelweg na bewering tot stilstand gedwing en aangerand het se optrede is ten sterkste veroordeel deur die publiek, politieke partye en belangegroepe."
US-rektor se "bejammerenswaardige" optrede is nie wangedrag nie
2023-07-04"Die rektor het erken dat sy optrede, asook die aandag wat dit gelok het, kollegas se vertroue in hom geskaad het en gesê hy sal daaraan werk om die vertroue te herstel."
Regering skik oor omstrede wet maar DA betoog voort
2023-06-30"Ingevolge die skikking het die regering ingestem om die regulasies wat ingevolge die Wet uitgereik is te wysig om te erken dat rasgebaseerde regstellende aksie tydelik moet wees, dat daar geen absolute verbod op die indiensneming van mense op grond van ras kan wees nie, en dat vaardighede in ag geneem moet word."
Adjunkpresident Mashatile dalk by staatskaping betrek
2023-06-29"Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê sy party het aan die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, geskryf om te vra dat Mashatile se beweerde oortredings van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag ondersoek word."
Miljoene rand vermors by onvoltooide hospitaal in Gauteng
2023-06-27"Volgens die LUR is die sale almal onvoltooid omdat die aangestelde diensverskaffer nie die projek kon voltooi nie en hul kontrak beëindig is."
Poskantoor stort al hoe vinniger in duie
2023-06-27"Meer as 300 SAPK-takke is binne ’n tydperk van drie jaar gesluit, terwyl dit opeenvolgende finansiële verliese aangeteken het en glad nie meer in staat is om sy rekeninge te betaal nie."
Suid-Afrika se diplomatieke herrie in Pole gaan in parlement draai
2023-06-23"Die diplomatieke voorval in Pole waartydens ’n groep Suid-Afrikaanse joernaliste en veiligheidspersoneel van president Cyril Ramaphosa ure lank in ’n vliegtuig op die Warskou-lughawe gestrand was, gaan ’n nadraai in Suid-Afrika se parlement hê."
Nederland bevestig steun aan Oekraïne sowel as bande met Suid-Afrika
2023-06-22"Die hooffokus van die week se gesprekke was die lande se samewerking op die gebied van groen waterstof."
Nederland en Denemarke se premiers besoek Suid-Afrika
2023-06-21"Die besoek het veral gepoog om Suid-Afrika se verhouding met Denemarke en Nederland te verstewig op die gebied van groen waterstof, hernubare energie en billike haalbare energie-oorgang. Suid-Afrika en Nederland sou na verwagting ook die memorandum van verstandhouding oor samewerking met betrekking tot groen waterstof onderteken."
Minister blameer Covid vir leerders se swak leesvermoë
2023-06-20"Motshekga het erken dat die departement ’n groot rol in die ontwikkeling van leerders speel, maar het ook gesinne aangemoedig om ’n leeskultuur by die huis te kweek."
Vryheidsfront Plus sê Kaapstad kan afstuur af op plakkerskamp
2023-06-15"Die bevinding dat 53% van alle nuwe wonings in Kaapstad binne die volgende 20 jaar informele strukture gaan wees, word vervat in ’n verslag van die metro se afdeling vir water en sanitasie."
Spesiale parlementêre debat gevra om "raswet" te bespreek
2023-06-14"Berekeninge in die verslag toon dat ongeveer 85 000 bruin werknemers in Gauteng vervang sal moet word om die minister se teikens te haal. Geen bruin werknemer mag in Limpopo aangestel word nie."
Klimaatsaktiviste in Johannesburg deur polisie verwyder
2023-06-13"’n Woordvoerder van die aktiviste, Malik Dasoo, het aan die SAUK gesê indien banke en multinasionale maatskappye voortgaan om geld in projekte te belê wat skadelik is vir die omgewing, gaan daar binnekort nie meer ’n planeet bestaan nie."
Waaroor het Ramaphosa en Poetin alles gesels?
2023-06-09"Oekraïne en sy bondgenote is min beïndruk met gerugte dat Suid-Afrika dit oorweeg om vanjaar se Brics-beraad na ’n ander land te skuif om die wetlike implikasies te ontduik dat Suid-Afrika verplig sal wees om Poetin in hegtenis te neem as hy sy voete in Suid-Afrika sou sit."
Oudste begraafplaas ter wêreld in Suid-Afrika gevind
2023-06-08"Paleontoloë in Suid-Afrika sê hulle het die oudste bekende begraafplaas ter wêreld gevind wat oorblyfsels bevat van ’n verre familielid van die mens met ’n klein brein. Voorheen het hulle gedink dié spesie was nie in staat tot komplekse gedrag nie."