Politieke partye en burgerlike organisasies sit koppe bymekaar om ANC te verslaan
2023-11-29"Benewens die agt politieke partye van die handves was daar meer as 30 organisasies teenwoordig in Ekurhuleni, waar die gesprek gevoer is."
Suid-Afrika het van die hoogste misdaad in Suider-Afrika
2023-11-28"Suid-Afrika het van die hoogste algemene misdaadsyfers in Suider-Afrika, met Mosambiek kort op sy hakke."
Regse oorwinning in Nederland stuur skokgolwe deur Europa
2023-11-24"Wilders kon dit self nie glo toe dit duidelik word sy party het as die grootste party in Nederland uit die stryd getree nie."
Diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel hang in weegskaal
2023-11-23"Diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel hang in die weegskaal. Dit volg nadat die parlement Dinsdag ten gunste van ’n mosie gestem het wat vra vir die sluiting van Israel se ambassade in Pretoria. Die mosie vra ook vir die opskorting van diplomatieke bande tussen die twee lande namate die spanning tussen Israel en Suid-Afrika toeneem oor die Israeliese aanval op Gaza."
Miljoene Suid-Afrikaners maak gereed om volgende jaar te gaan stem
2023-11-22"Meer as ’n halfmiljoen mense het die afgelope naweek vir die eerste keer geregistreer. Dit maak 19,57% van totale registrasie-aktiwiteit uit."
Chaos by Suid-Afrikaans hawens stuur af op ekonomiese krisis
2023-11-21"Transnet erken dat die opeenhoping op paaie in Durban reeds onbeheerbare vlakke bereik het, wat ’n risiko vir padgebruikers inhou."
Dreigende waterkrisis wag op Suid-Afrikaners
2023-11-17"Van 140 rioolafvalwaterbehandelingswerke se uitvloei wat vanjaar getoets is, het slegs 19% aan die minimum standaarde voldoen."
Werkloosheid daal, maar helfte van die land se jonges steeds sonder werk
2023-11-16"Volgens Statistiek SA het werkloosheid in die derde kwartaal van vanjaar met 0,7% afgeneem en het die aantal mense wat in hierdie kwartaal in diens geneem is, tot 16,7 miljoen toegeneem."
OVK slaggereed vir kiesersregistrasie van miljoene Suid-Afrikaners
2023-11-15"Die kommissie het Dinsdag die Nasionale Vergadering se portefeuljekomitee oor binnelandse sake ingelig oor sy gereedheid vir die registrasienaweek. Miljoene Suid-Afrikaners sal na verwagting hierdie naweek vir volgende jaar se verkiesings registreer."
Polisiereservisteprogram in Suid-Afrika stort in duie
2023-11-14"Die ineenstorting van die reservisteprogram is volgens Whitfield ’n verwoestende slag vir die bekamping van misdaad, aangesien reserviste ’n kritieke kragvermenigvuldigingsrol gespeel het om die SAPD te ondersteun, omdat dit die dalende aantal personeellede help ondervang het."
Ramaphosa sê korrupsie kom al van apartheid af
2023-11-10"Die president het gesê korrupsie kom die land duur te staan. Ekonomiese groei word daardeur gesmoor en besighede ly daaronder. Ontwikkelingsprojekte en instellings misluk."
Vermeende Transnet-bedrieërs se pensioene gevries
2023-11-09"Makenete en Madubane het na bewering met verskaffers saamgespan om Transnet te bedrieg deur die prys van asemtoetsstrooitjies van 29 sent per strooitjie tot R29,99 per strooitjie op te blaas, wat ’n totale betaling van R33 834 698,40 tot gevolg gehad het."
Malema en die EFF dok duisende rand op om AfriForum te betaal
2023-11-08"Malema en sy party het Dinsdag altesaam R316 579,89 opgedok vir twee kostebevele wat in die Hooggeregshof teen hulle toegestaan is in AfriForum se suksesvolle interdikbevelaansoek."
Malema vaar uit teen die groen en goud as "simbole van apartheid"
2023-11-07"'Rugby is nie ’n wit sport nie. Hulle het dit hier gevind. Ons mense het rugby gespeel lank voor hierdie mense rugby gespeel het,' het Malema gesê."
Minister skets somber prentjie oor Suid-Afrika se finansies
2023-11-03"Staatskuld beloop R5 000 miljard en beslaan nou 75% van die land se totale BBP. Die finansieringskoste hiervan is R354 miljard per jaar. Dit is meer as die jaarlikse begroting vir die polisie, die onderwys en gesondheid."