Vuisvoos verbruikers gaan klippe kou weens duurder brandstof
2023-10-05"Die vakbond Cosatu sê die massiewe styging in die brandstofprys is nog ’n groot slag vir die reeds sukkelende werkersklas. Cosatu sê werkers en armes kan nie meer die ekonomiese druk verduur nie."
Cele skuld Suid-Afrika ’n verskoning na woede uitbarsting
2023-10-04"Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange het bevind dat Cele tydens hierdie uitbarsting item 10.1.1.3 saamgelees met 4.1.5 van die Kode van Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Lede oortree het. Die Nasionale Vergadering het aanbeveel dat Cele vir Cameron verskoning moet vra."
VBS-plunderaars uiteindelik in die hof
2023-10-03"Byna R3 miljard van meestal arm mense uit die landelike gebiede, veral rondom die bank se hoofkwartier in Thohoyandou, Limpopo, is geplunder. Sowat 14 munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng het miljarde rand verloor."
Misdaadbekamping in Suid-Afrika boer verder agteruit
2023-09-29"Cele het gesê akademici, lede van die media en sekere magte binne die polisie het ’n agenda om die polisie se werk wat die misdaadintelligensie-eenheid moet versterk, ongedaan te maak."
Omstrede Bela-wet oor onderwys nog ’n stap nader
2023-09-28"Die omstrede wysigingswetsontwerp op onderwyswette wat die afgelope week deur die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys aanvaar is, sal waarskynlik in die hof gaan draai as die parlement dit goedkeur."
Suid-Afrika se godsdiens-, taal- en kultuurregte kry ’n rapport
2023-09-27"Die doel van hierdie studie, in die vorm van ’n telkaart, sal wees om te bepaal tot watter mate die land daarin slaag om die regte van sy kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe in ooreenstemming met die Grondwet te verseker en te bevorder."
Stormramp tref die Stormkaap
2023-09-26"Rampbestuursbeamptes moes Sondag deur die nag werk terwyl verskeie berigte ontvang is van paaie wat oorstroom is, huise wat beskadig is, bome ontwortel is en kragonderbrekings voorgekom het."
COVID-19-oortreders binnekort weer misdaadvry
2023-09-22"Die Wysigingswetsontwerp op Geregtelike Aangeleenthede wat hierdie week in die Nasionale Vergadering aanvaar is, is ’n noodsaaklike stap in die proses om persone se kriminele rekords wat tydens die Covid-ramptoestand opgelê is, te skrap."
Suid-Afrika se parlement is ’n sprokie wat ’n nagmerrie geword het
2023-09-21"Dit is ’n nagmerrie waarin die parlement ’n instelling geword het wat nie bloot fisies afgebrand het nie; Outa sê parlementariërs se verbintenis tot demokratiese waardes en die Grondwet het ook uitgebrand."
Duisende onopgeëiste lyke lê die land vol
2023-09-20"Die adjunkminister van gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, sê daar is meer as 4 000 onopgeëiste lyke regoor die land. Sowat 1 500 lyke is nog onopgeëis in die KwaZulu-Natalse staatslykhuise, terwyl daar in Gauteng meer as 1 000 sulke lyke is."
Menseregtekommissie ingeroep oor wanbetaling van maatskaplike toelaes
2023-09-19"Dit is reeds die middel van September en sommige begunstigdes kan steeds nie toegang tot hulle fondse kry nie."
Afgedankte openbare beskermer wil nie besgee nie
2023-09-15"Mkhwebane het op sosiale media uitgevaar teen haar afdanking nadat sy amptelik deur president Cyril Ramaphosa per brief ingelig is dat sy formeel van haar pos onthef is."
Bela-wetsontwerp: Die stryd duur voort
2023-09-14"In Mei vanjaar is dit tydens ’n vergadering van ’n gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur van die parlement onthul dat die gemiddelde koste van openbare verhore R300 000 per openbare verhoor per distrik is – ’n allemintige R900 000 per provinsie."
Drastiese stappe nodig om te keer dat Suid-Afrika se geld opraak
2023-09-13"Bloomberg het vroeër berig dat die land se nasionale skuld tot R4,7 triljoen gestyg het en in 2025 R6 triljoen kan bereik, vergeleke met R500 miljard in 2006."
Wes-Kaapse polisie mors op met ondersoeke na geslagsgeweld
2023-09-12"Verskeie sake is teruggetrek omdat die dossiere nie by die hof was nie. In ander gevalle was die ondersoek onvolledig of sake is teruggetrek omdat die forensiese verslae uitstaande was."