Werkloosheid in Suid-Afrika van die hoogste ter wêreld
2023-05-17"Suid-Afrika se werkloosheidsyfer is steeds van die hoogste ter wêreld. Werkloosheid het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9% gestyg vergeleke met die vorige syfer van 32,7%."
Suid-Afrika trap water oor Rusland
2023-05-16"Te midde van bewerings die afgelope week dat dit met die op- of aflaai van wapens te doen het, weier die Suid-Afrikaanse regering om besonderhede van die skip se besoek met die res van die wêreld te deel."
Covid-ongerymdhede beloop miljarde
2023-05-12"Van die sowat 5 000 kontrakte waarvan die ondersoeke afgehandel is, is daar onreëlmatighede in 2 965 kontrakte geïdentifiseer, met ’n yslike waarde van R8,9 miljard."
Eskom: Wie beskerm vir wie?
2023-05-11"Terwyl parlementslede gepoog het om agter die kap van die byl te kom oor ernstige bewerings van bedrog, korrupsie, wanadministrasie en ander misdaad by die kragvoorsiener, het die betrokke partye die bal soos ’n warm patat van die een na die ander aangegee."
Maties twis voort oor rektor se bedanking
2023-05-10"Dit volg op ’n oor-en-weer-woordestryd per korrespondensie tussen Heunis en een van die konvokasielede, Louise van Rhyn, wat namens 248 lede van die US-konvokasie ’n ultimatum aan Heunis gestel het dat hy teen vandag (Woensdag) moet antwoord wanneer hy so ’n vergadering sal belê."
SA sal sy burgers in die steek laat as hy die Internasionale Strafhof verlaat
2023-05-09"Die Russiese president, Wladimir Poetin, moet ver van Suid-Afrika af bly totdat sy naam wetlik skoongemaak is. Geen Suid-Afrikaanse wetgewing moet gewysig word net om hom, of enigiemand anders, vir een besoek te beskerm nie."
Suid-Afrika skarrel rond oor Poetin se voorgenome besoek
2023-05-05"As ’n ondertekenaar van die IS se Rome-statuut is Suid-Afrika wetlik verplig om die lasbrief uit te voer indien Poetin in die land aankom."
Nepotisme-ondersoek teen US-rektor moet gou afgehandel word
2023-05-04"Die ondersoek sal gelei word deur oudregter Carole Lewis wat as voorsitter van die komitee optree. Sy sal bygestaan word deur twee US-raadslede, Helena Conradie en Ziyanda Stuurman."
Suid-Afrika se maritieme belange in gevaar
2023-05-03"Outa sê Samsa se leierskapskrisis het die instelling kwesbaar gelaat, en dit kan maklik tot ’n nasionale en internasionale krisis eskaleer."
AfriForum het lof vir Lesufi se misdaadplan
2023-05-02"Lesufi het hom verlede jaar tydens sy eerste provinsiale rede daartoe verbind om misdaad, wetteloosheid en vandalisme in Gauteng te bekamp. Hy het gesê dit is ’n top prioriteit vir die provinsiale regering."
André de Ruyter se getuienis skep meer vrae as antwoorde
2023-04-28"Vyftien maande, en ongeveer R50 miljoen later, het die ondersoek volgens News24 se berig niks anders as blote vermoedens en twyfelagtige inligting opgelewer nie."
Suid-Afrika slaan bollemakiesie oor die Internasionale Strafhof
2023-04-27"President Cyril Ramaphosa en die ANC se dubbelpratery oor Suid-Afrika se deelname aan die Internasionale Strafhof (IS) het die afgelope week groot verwarring gesaai oor die land se posisie ten opsigte van die hof."
Nog ’n metroburgemeester se kop rol
2023-04-26"Die tempo waarteen burgemeesters in die land se metro’s stoele verwissel duur steeds voort. Die jongste van ’n reeks burgemeesters om wie se nek die goue ketting van korte duur gehang het, is Johannesburg se Thapelo Amad."
ANC en DA skud albei vere reg vir koalisieregerings
2023-04-25"Volgens politieke waarnemers en meningspeilings is die kanse groot dat die ANC aanstaande jaar minder as 50 persent van die stemme op nasionale vlak op hom sal verenig."
Suid-Afrika se gesondheidsorg is aan skerwe
2023-04-21"Die land se openbaregesondheidsektor bevind hom in ’n gesondheidsgemors. Dokters sukkel om die pasiëntelading te hanteer, het min ondersteuning en rugsteuning, en daar word van hulle verwag om ure buite die normale te werk."