Jean Oosthuizen

Joernalis

Suid-Afrika se diplomatieke herrie in Pole gaan in parlement draai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-23

"Die diplomatieke voorval in Pole waartydens ’n groep Suid-Afrikaanse joernaliste en veiligheidspersoneel van president Cyril Ramaphosa ure lank in ’n vliegtuig op die Warskou-lughawe gestrand was, gaan ’n nadraai in Suid-Afrika se parlement hê."

Nederland bevestig steun aan Oekraïne sowel as bande met Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-22

"Die hooffokus van die week se gesprekke was die lande se samewerking op die gebied van groen waterstof."

Nederland en Denemarke se premiers besoek Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-21

"Die besoek het veral gepoog om Suid-Afrika se verhouding met Denemarke en Nederland te verstewig op die gebied van groen waterstof, hernubare energie en billike haalbare energie-oorgang. Suid-Afrika en Nederland sou na verwagting ook die memorandum van verstandhouding oor samewerking met betrekking tot groen waterstof onderteken."

Minister blameer Covid vir leerders se swak leesvermoë

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-20

"Motshekga het erken dat die departement ’n groot rol in die ontwikkeling van leerders speel, maar het ook gesinne aangemoedig om ’n leeskultuur by die huis te kweek."

Vryheidsfront Plus sê Kaapstad kan afstuur af op plakkerskamp

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-15

"Die bevinding dat 53% van alle nuwe wonings in Kaapstad  binne die volgende 20 jaar  informele strukture gaan wees, word vervat in ’n verslag van die metro se afdeling vir water en sanitasie."

Spesiale parlementêre debat gevra om "raswet" te bespreek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-14

"Berekeninge in die verslag toon dat ongeveer 85 000 bruin werknemers in Gauteng vervang sal moet word om die minister se teikens te haal. Geen bruin werknemer mag in Limpopo aangestel word nie."

Klimaatsaktiviste in Johannesburg deur polisie verwyder

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-13

"’n Woordvoerder van die aktiviste, Malik Dasoo, het aan die SAUK gesê indien banke en multinasionale maatskappye voortgaan om geld in projekte te belê wat skadelik is vir die omgewing, gaan daar binnekort nie meer ’n planeet bestaan nie."

Waaroor het Ramaphosa en Poetin alles gesels?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-09

"Oekraïne en sy bondgenote is min beïndruk met gerugte dat Suid-Afrika dit oorweeg om vanjaar se Brics-beraad na ’n ander land te skuif om die wetlike implikasies te ontduik dat Suid-Afrika verplig sal wees om Poetin in hegtenis te neem as hy sy voete in Suid-Afrika sou sit."

Oudste begraafplaas ter wêreld in Suid-Afrika gevind

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-08

"Paleontoloë in Suid-Afrika sê hulle het die oudste bekende begraafplaas ter wêreld gevind wat oorblyfsels bevat van ’n verre familielid van die mens met ’n klein brein. Voorheen het hulle gedink dié spesie was nie in staat tot komplekse gedrag nie."

Opposisiegroepe span saam teen "raswet"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-07

"Sowat 30 organisasies het Dinsdag tydens ’n werkswinkel ’n resolusie onderteken om die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming te beveg. Politieke partye, meningsvormers en ander organisasies het die werkswinkel bygewoon."

Regering gekap oor "toesmeerdery" van Russiese skip se besoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-06

"Die sluier van geheimhouding wat die regering wil trek oor die verslag rakende beweerde wapensmokkelary uit Suid-Afrika na Rusland, is ’n onbegryplike besluit wat vertroue in die regering en die ekonomie beide gaan benadeel."

Nog twee provinsies bevestig gevalle van Cholera

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-02

"News24 berig die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het Woensdag aan die parlement gesê onlangse cholerasterftes is ’n 'harde herinnering' van voortgesette verwaarlosing van munisipale infrastruktuur."

Poetin se besoek gee Suid-Afrika steeds hoofbrekens

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-01

"Buitelandse media het dit vertolk as ’n manier om by wyse van ’n agterdeur aan Poetin immuniteit te verleen tydens die Brics-beraad."

Moord en doodslag gedy steeds in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-31

"Al toon van die misdaadstatistieke wat Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vrygestel is, ’n geringe afname sedert die vorige drie maande, moet Bheki Cele onthou dat werklike mense agter daardie syfers sit. Dit is in werklikheid geen rede om fees te vier wanneer meer as ’n kwartmiljoen mense oor ’n dekade vermoor word nie."

Kinderbeskermingsweek skop af met gids teen kuberboelies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-30

"’n Kuberboeliegids wat bewusmaking skep oor die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (sexting) en kinderpornografie, is Maandag op die eerste dag van die inwerkingtreding van die Nasionale Kinderbeskermingsweek bekendgestel."

Verified by MonsterInsights
Top