Poetin se afwesigheid by Brics-beraad red Suid-Afrika van diplomatieke dilemma
2023-07-20"Die aankondiging dat Poetin nie meer die beraad sal bywoon nie, volg te midde van ’n hofsaak wat deur die DA aangevoer is om duidelikheid te kry hoe die regering ’n arrestasiebevel vir Poetin moet uitvoer indien hy wel volgende maand in Suid-Afrika sou aankom vir die Brics-beraad."
Kaalbas vrou op lamppale gee nie aanstoot nie
2023-07-19"Die sanger en Christelike prediker van Somerset-Wes, Heinz Winckler, het hom veral sterk uitgelaat oor die plakkate en gesê dit is tyd dat die stil meerderheid opstaan vir gesonde norme en waardes."
ANC wil glo omstrede onderwyswet deur parlement stoomroller
2023-07-18"Duisende kommentare en besware teen die wet is deur die publiek ingedien tydens ’n landwye openbaredeelnemingsproses. Dit blyk nou dat die portefeuljekomitee oor basiese onderwys nie al die verslae ontvang het nie en dit dus nie behoorlik sal kan oorweeg wanneer die wet deur die komitee bespreek word nie."
Vragmotoraanvalle is ekonomiese sabotasie
2023-07-14"Die gewelddadige kriminele aanvalle op vragmotors in Suid-Afrika die afgelope dae is ’n direkte aanslag op die Suid-Afrikaanse ekonomie en ’n wesenlike risiko vir voedselsekerheid."
Bankrot poskantoor sal duisende poste moet snoei
2023-07-13"Dit beteken dat die belastingbetalers weer sal moet opdok vir die skuld en dat tot 7 000 poste in die SAPK op die spel is."
Verligting van beurtkrag van korte duur
2023-07-12"Die effense verligting wat Suid-Afrikaners die afgelope week of wat ten opsigte van beurtkrag ervaar het, was van korte duur."
VF Plus en DA vlieg mekaar in die hare oor ANC
2023-07-11"Die VF Plus het enige sprake van samewerking met die ANC ten sterkste ontken en beskuldig die DA van opportunisme en oneerlikheid."
Omstrede blouligbrigade se spoor van skandes
2023-07-07"Die ANC bestee R1,7 miljard se belastingbetalersgeld om Suid-Afrika se BBP-beskermingsdienste as hul eie persoonlike weermag teen die mense in stand te hou."
Almal sal moet saamstaan vir veelpartykoalisie om ANC te verslaan
2023-07-06"Die Multi-Party Coalition Advocacy Group, wat hulle beywer vir ’n veelpartykoalisieregering ná aanstaande jaar se verkiesing, sê egter dit sal nie genoeg wees om Suid-Afrika te red as hulle daarin slaag om die ANC se steun tot net onder 50% te laat daal nie, aangesien dit die ANC steeds met te veel weë laat om aan bewind te bly."
Blouligboelies laat Suid-Afrikaners rooi sien
2023-07-05"Die groep polisiemanne wat motoriste in ’n motor op die snelweg na bewering tot stilstand gedwing en aangerand het se optrede is ten sterkste veroordeel deur die publiek, politieke partye en belangegroepe."
US-rektor se "bejammerenswaardige" optrede is nie wangedrag nie
2023-07-04"Die rektor het erken dat sy optrede, asook die aandag wat dit gelok het, kollegas se vertroue in hom geskaad het en gesê hy sal daaraan werk om die vertroue te herstel."
Regering skik oor omstrede wet maar DA betoog voort
2023-06-30"Ingevolge die skikking het die regering ingestem om die regulasies wat ingevolge die Wet uitgereik is te wysig om te erken dat rasgebaseerde regstellende aksie tydelik moet wees, dat daar geen absolute verbod op die indiensneming van mense op grond van ras kan wees nie, en dat vaardighede in ag geneem moet word."
Adjunkpresident Mashatile dalk by staatskaping betrek
2023-06-29"Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê sy party het aan die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, geskryf om te vra dat Mashatile se beweerde oortredings van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag ondersoek word."
Miljoene rand vermors by onvoltooide hospitaal in Gauteng
2023-06-27"Volgens die LUR is die sale almal onvoltooid omdat die aangestelde diensverskaffer nie die projek kon voltooi nie en hul kontrak beëindig is."
Poskantoor stort al hoe vinniger in duie
2023-06-27"Meer as 300 SAPK-takke is binne ’n tydperk van drie jaar gesluit, terwyl dit opeenvolgende finansiële verliese aangeteken het en glad nie meer in staat is om sy rekeninge te betaal nie."