Jean Oosthuizen

Joernalis

Eskom-debakel kring al hoe wyer uit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-28

"De Ruyter se beëdigde verklaring bevestig volgens ActionSA húlle oortuiging dat die ANC ’n kriminele sindikaat is wat direk verantwoordelik is vir die beurtkragramp."

De Ruyter se skielike vertrek laat die poppe dans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-24

"Opposisiepartye en burgerlike organisasies het hom as ’n held bestempel. Hulle prys hom as heldhaftige fluitjieblaser, terwyl die ANC vuur spoeg en dreig om hom hof toe te sleep."

Suid-Afrika kan slegs van onder na bo gered word, sê Frans Rautenbach

Jean Oosthuizen Meningen 2023-02-23

"Hy glo dat diegene wat bereid is om vir minder as die minimumloon te werk, toegelaat moet word om dit te doen. Volgens hom sal hulle dan ten minste kos op die tafel en ’n voet in die arbeidsmark hê en vandaar opwaarts kan beweeg pleks daarvan om heeltemal werkloos te wees."

Eskom belowe en paai terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-22

"Suid-Afrikaners is letterlik en figuurlik in die duister oor die kragsituasie nadat die  land die afgelope week nader as ooit vantevore gekom het aan fase 8-beurtkrag."

Ramaphosa en Cele moet skuld dra vir bloedbad, sê politieke partye en burgerregte-organisasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-21

"Verskeie opposisiepartye het hul oproep aan president Cyril Ramaphosa herhaal om Cele af te dank, terwyl Ramaphosa self ook blameer word vir wat sommige as ’n bloedbad bestempel."

Universiteite ontken beweerde diskriminasie teen Afrikaanse studente

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-17

"Twee voorheen wit Afrikaanse universiteite is in die spervuur oor beweerde taal- en rassediskriminasie teen Afrikaanse studente tydens verwelkomingsgeleenthede op die onderskeie kampusse aan die begin van die akademiese jaar."

Ramptoestand kan Suid-Afrika in ’n “rampdemokrasie” verander

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-16

"Solidariteit voel ook baie sterk daaroor dat dit ingrypende stappe gaan verg om die elektrisiteitskrisis te hanteer. Die probleem lê volgens hulle egter juis daarin dat die regering tot dusver nie die politieke wil gehad het om die regte dinge te doen nie."

Voetsek! sê DA-burgemeester vir Russiese oorlogskip

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-15

"Rusland se duidelike doelwit met Oefening Mosi II is om Suid-Afrika te misbruik vir hul propaganda teen die Weste."

Nog ’n metro se burgemeester is die goue ketting kwyt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-14

"Om deesdae ’n burgemeester te wees in een van die land se metro’s wat deur koalisieregerings regeer word, blyk een van die mees riskante beroepe in die land te wees."

Staatsentiteit onder skoot weens beweerde korrupsie, magsmisbruik en viktimisering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-10

"Sowat 20 burgerlike organisasies en besorgde prominente individue eis dat die raad van die omstrede agentskap vir media-ontwikkeling en diversiteit (MDDA), insluitend sy skandaal-geïmpliseerde voorsitter, geskors word."

Konstitusionele Hof beslis in AfriForum en Solidariteit se guns

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-09

"Die Konstitusionele Hof het die Suid-Afrikaanse regering ’n harde hou toegedien in die regering se pogings om diskriminasie op grond van ras te probeer regverdig."

DA hou eie alternatiewe staatsrede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-08

"Die DA-leier, John Steenhuisen, het in aanloop tot Donderdag se staatsrede wat deur president Cyril Ramaphosa gehou sal word, sy eie alternatiewe staatsrede Dinsdag in Kaapstad gelewer." 

Vuurwarm politieke week lê vir Suid-Afrika voor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-07

"Suid-Afrikaners behoort teen die einde van die week groter duidelikheid te hê wat president Cyril Ramaphosa en sy regering se planne is om die land uit die energiekrisis en die ekonomiese moeras te lei waarin beurtkrag dit gedompel het."

Openbare verontwaardiging oor sokkerborgskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-03

"Outa sê die Tottenham Hotspur-voorstel is nog ’n projek wat wys hoe verwyderd die regering is van die behoefte om sy skaars inkomste verstandig te bestee."

Skok en woede na leerder skoolmeisie glo aanrand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-02

TimesLIVE berig die Gautengse Departement van Onderwys het gesê dat ’n graad 10-leerling wat glo by hierdie voorval betrokke was, geskors is.

Verified by MonsterInsights
Top