Opposisiegroepe span saam teen "raswet"
2023-06-07"Sowat 30 organisasies het Dinsdag tydens ’n werkswinkel ’n resolusie onderteken om die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming te beveg. Politieke partye, meningsvormers en ander organisasies het die werkswinkel bygewoon."
Regering gekap oor "toesmeerdery" van Russiese skip se besoek
2023-06-06"Die sluier van geheimhouding wat die regering wil trek oor die verslag rakende beweerde wapensmokkelary uit Suid-Afrika na Rusland, is ’n onbegryplike besluit wat vertroue in die regering en die ekonomie beide gaan benadeel."
Nog twee provinsies bevestig gevalle van Cholera
2023-06-02"News24 berig die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het Woensdag aan die parlement gesê onlangse cholerasterftes is ’n 'harde herinnering' van voortgesette verwaarlosing van munisipale infrastruktuur."
Poetin se besoek gee Suid-Afrika steeds hoofbrekens
2023-06-01"Buitelandse media het dit vertolk as ’n manier om by wyse van ’n agterdeur aan Poetin immuniteit te verleen tydens die Brics-beraad."
Moord en doodslag gedy steeds in Suid-Afrika
2023-05-31"Al toon van die misdaadstatistieke wat Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vrygestel is, ’n geringe afname sedert die vorige drie maande, moet Bheki Cele onthou dat werklike mense agter daardie syfers sit. Dit is in werklikheid geen rede om fees te vier wanneer meer as ’n kwartmiljoen mense oor ’n dekade vermoor word nie."
Kinderbeskermingsweek skop af met gids teen kuberboelies
2023-05-30"’n Kuberboeliegids wat bewusmaking skep oor die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (sexting) en kinderpornografie, is Maandag op die eerste dag van die inwerkingtreding van die Nasionale Kinderbeskermingsweek bekendgestel."
Oud-Maties se twis aanstaande week op spits gedryf
2023-05-26"Die onverkwiklike twis tussen oudstudente van die Universiteit Stellenbosch (US) se konvokasie word volgende Donderdag verder op die spits gedryf tydens ’n spesiale vergadering van die konvokasie."
Cholera-uitbraak kan ’n landwye krisis word
2023-05-25"Die cholera-uitbraak by Hammanskraal in Gauteng wat reeds byna 20 lewens geëis het, is moontlik nie net tot Tshwane beperk nie en kan ’n landwye krisis word."
Wet op raskwotas kan duisende se werk kos
2023-05-24"Die voorgestelde kwotas in die Wysigingswet op Diensbillikheid sal veroorsaak dat minstens 220 000 wit mense, 85 000 bruin mense en 50 000 Indiërs hul werk in Gauteng alleen verloor."
Universiteit van Fort Hare word glo deur ANC gekaap
2023-05-23"Verskeie senior lede van die ANC is na bewering betrokke by ’n bedrogspul met grade wat sedert 2013 deur die Universiteit van Fort Hare (UFH) aan hulle uitgereik is. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle kwalifikasies op onwettige wyse van die universiteit verkry het."
Uitgewer doen regstappe teen onwettige verspreiding van De Ruyter se boek
2023-05-18"Die uitgewers van die voormalige Eskom-baas, André de Ruyter, se boek Truth to power gaan regstappe doen teen diegene wat voortgaan om elektroniese roofkopieë daarvan te versprei."
Suid-Afrikaanse kinders se leesbegrip van die swakste ter wêreld
2023-05-18"Suid-Afrikaanse kinders se leesvaardigheid laat veel te wense oor en is van die swakste ter wêreld. Meer as 80% van die land se leerlinge in graad 4 beskik nie oor die vermoë om met begrip te kan lees nie."
Werkloosheid in Suid-Afrika van die hoogste ter wêreld
2023-05-17"Suid-Afrika se werkloosheidsyfer is steeds van die hoogste ter wêreld. Werkloosheid het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9% gestyg vergeleke met die vorige syfer van 32,7%."
Suid-Afrika trap water oor Rusland
2023-05-16"Te midde van bewerings die afgelope week dat dit met die op- of aflaai van wapens te doen het, weier die Suid-Afrikaanse regering om besonderhede van die skip se besoek met die res van die wêreld te deel."
Covid-ongerymdhede beloop miljarde
2023-05-12"Van die sowat 5 000 kontrakte waarvan die ondersoeke afgehandel is, is daar onreëlmatighede in 2 965 kontrakte geïdentifiseer, met ’n yslike waarde van R8,9 miljard."