Jean Oosthuizen

Joernalis

Hof gevra om diamanthandelaar se sake te laat ondersoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-14

"Die likwidateurs van die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg se maatskappy Tariomix sê in hofstukke hulle word met geweld gedreig deur hom en/of persone wat direk aan hom verbonde is."

US-rektor se beweerde nepotisme volgende week bekyk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-13

"Beskuldigings van nepotisme teen die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, sal volgende week indringend bespreek word tydens ’n raadsvergadering van die universiteit."

ActionSA wil Johannesburg se burgemeester die trekpas gee

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-12

"Amad is die derde burgemeester van Johannesburg in ’n jaar."

Poskantoor reageer glo dié week oor beweerde bankrotskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-11

"Daar is die afgelope naweek wyd op sosiale media berig dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor onder voorlopige likwidasie geplaas is. Die Poskantoor sukkel reeds geruime tyd om van sy krediteure te betaal."

Burgerlike samelewing is oorwinnaars in die energiekrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-06

"Die ramptoestand wat Cyril Ramaphosa in Februarie tydens sy staatsrede aangekondig het, sou deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en Solidariteit in die hof betwis word. Die regering het Woensdag die aftog geblaas en die handdoek ingegooi nog voordat die saak in die hof kon draai."

Korrupsie bly ’n probleem in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-05

"Dit is nie nou die tyd om die voet van die versneller te neem wanneer dit kom by die bekamping van korrupsie nie. Die burgerlike samelewing moet sy stem dik maak om die stryd teen korrupsie te help versterk en aandring op aanspreeklikheid deur openbare amptenare."

Iranse oorlogkepe in Kaapstad kan tot sanksies lei, waarsku VSA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-04

"Suid-Afrika se vriendskapsbande met lande soos Rusland en Iran en hulle militêre teenwoordigheid aan die Suid-Afrikaanse kus is besig om die wenkbroue van sy Westerse bondgenote al hoe meer te laat lig. Enkele weke nadat ’n Russiese oorlogskip ten spyte van wye veroordeling deur kundiges, diplomate en aktiviste in Kaapstad se hawe vasgemeer het, het twee Iranse oorlogskepe verlede Vrydagoggend ook by die hawe aangekom."

Thabo Mbeki kap in plofbare brief na die ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-31

"Die voormalige president en ANC-leier Thabo Mbeki beskuldig die ANC in ’n striemende brief daarvan dat die hulle iets het om weg te steek ten opsigte van die Phala Phala-kwessie waarby Cyril Ramaphosa betrek word."

Suid-Afrikaners soek antwoorde na bisarre ontsnapping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-30

"Bester se raaiselagtige ontsnapping verlede jaar uit die G4S-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein het die land geskok en in stomme verbasing gelaat."

Tshwane het weer ’n DA-burgemeester

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-29

"'Is dit wat Suid-Afrikaners moet verwag wanneer die ANC (plus hul nuwe vennote in rooi) hul meerderheid in 2024 verloor?' het Beaumont gevra."

Belgiese koninklikes sluit staatsbesoek aan Suid-Afrika in Kaapstad af

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-28

"België se koning en koningin het hul staatsbesoek aan Suid-Afrika Maandag afgesluit na ’n tweedaagse program vol aktiwiteite in Kaapstad."

Belgiese koninklikes word luisterryk in Suid-Afrika ontvang

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-24

"Die koning en koningin van België is Donderdag op luisterryke wyse deur president Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika ontvang tydens die eerste amptelike staatsbesoek deur ’n Belgiese monarg aan Suid-Afrika."

Stygende inflasie tref armes die hardste

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-23

"Hierdie styging van die inflasiekoers plaas verdere druk op die reeds benarde ekonomiese situasie in die land. Dit sal veral ’n negatiewe impak hê op huishoudings, wat reeds swaarkry weens die hoë brandstof- en voedselpryse."

EFF se berg het ’n muis gebaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-22

"Die EFF se aanspraak dat die afgelope Maandag se poging om die hele land tot stilstand te dwing die suksesvolste protesaksie in die land se geskiedenis was, word allerweë as erg oordrewe beskou."

Druk op Suid-Afrika om Poetin te arresteer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-21

"Suid-Afrika is onder groot druk om die Russiese president, Wladimir Poetin, te arresteer wanneer hy die land later vanjaar vir die Brics-beraad besoek. Omar al-Basjir is in 2015 toegelaat om Suid-Afrika te verlaat sonder om ingevolge die Internasionale Misdaadhof-wetgewing aangehou te word."

Verified by MonsterInsights
Top