Jean Oosthuizen

Joernalis

Skool in Limpopo sluit oor vlermuise en slange

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-01

"Tydens ’n inspeksie het die inspekteur verneem dat daar op Dinsdag, 24 Mei, altesaam 50 leerders van die skool afwesig was omdat hulle siek geword het weens die besmetting wat deur die vlermuise veroorsaak is."

Suid-Afrika het vier van die wêreld se onveiligste stede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-31

"Latyns-Amerika is geïdentifiseer as die wêreld se misdaadbrandpunt, met 62 van die 100 mees riskante stede. Agt hiervan, insluitend Chihuahua, Medellín en San Salvador, teken die hoogste moontlike risikotellings aan. Misdaadrisiko’s neem ook toe in die VSA, merk die studie op."

Regter gaan rassisme by US ondersoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-27

"As deel van die ondersoek na voorvalle van rassisme wil die universiteit hê die kommissie moet in hulle verslag ook aanbevelings maak hoe om ’n kultuur van diversiteit, gelykheid en insluiting te verbeter."

Multimiljoenêr dalk volgende week platsak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-26

"Iewers in Suid-Afrika loop daar ’n potensiële multimiljoenêr rond wat onbewus is van sy rykdom (wat meer as R20 miljoen werd kan wees), maar wat dalk teen volgende week nie ’n sent daarvan sal hê nie."

Optog teen minister se “totale aanslag” teen Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-25

"Die uitvoerende hoof van die ATM, Michael Jonas, het in ’n verklaring bevestig dat Mthethwa op 10 Maart 2022 in Pretoria gesê het dat die ATM se naam moet verander."

Ramaphosa vra reguit, eerlike gesprek oor rassisme

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-24

"Om rassisme te beëindig gaan nie net oor die verandering van houdings nie; dit gaan ook oor die verandering van die materiële toestande wat vandag nog swart en wit Suid-Afrikaners skei."

Nóg ’n skandaal tref die Universiteit Stellenbosch (US)

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-20

"Die slagoffer is tans veilig en ontvang versorging. Sy het Woensdag ’n klag van verkragting teen die oortreder by die SAPD aanhangig gemaak. Die SAPD het haar na die Stellenbosse provinsiale hospitaal vergesel, waar sy ondersoek is en ook die nodige medikasie, sorg en primêre berading ontvang het."

Minister in spervuur oor vlag- en Taalmonument

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-19

"Wat die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl betref, is die minister volgens die DA reeds besig met ’n proses om die 'Afrikaans' te probeer verwyder uit die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl se naam."

Vinnige optrede geëis na urineringsvideo by Universiteit Stellenbosch

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-18

"Volgens die petisie was die student, wat as Theuns du Toit geïdentifiseer is, se optrede duidelik ’n rasgedrewe aanval."

Woede op US-kampus na beweerde rassevoorval

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-17

"Die slagoffer het volgens berigte geslaap toe hy om 04:00 ’n geraas in sy kamer hoor. Toe hy wakker word, het hy glo ’n ander student in sy kamer gevind wat besig was om op sy boeke en skootrekenaar te urineer."

Eskom is ’n ramp, sê energiekenners

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-13

"Suid-Afrika moet ’n yslike 50 000 MW – gelykstaande aan die vervanging van sy hele vloot – se bykomende opwekkingskapasiteit oor die volgende 13 jaar by die nasionale transmissienetwerk voeg om die gaping in energievoorsiening te dek en uitgediende steenkoolstasies te vervang."

Petrolskok wag in Junie op SA motoriste

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-12

"Suid-Afrikaanse motoriste moet hulle voorberei op ’n massiewe styging in die prys van petrol wanneer die nuwe brandstofpryse die einde van die maand aangekondig word."

 Staatskapers kan binnekort aan die pen ry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-11

"Shamila Batohi sê die NVG kon ’n behoorlike getuienisplan saamstel vir die vervolging van verskeie verdagtes en dit is nou die tyd om teen die skuldiges op te tree."

Kaapstad doen dit weer – derde beste stad op die planeet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-10

"Daar is aan elke stad op die kortlys ’n telling toegeken op grond van ’n verskeidenheid faktore, van die aantal museums en galerye, Unesco-erfenisterreine, Michelin-restaurante en vyfsterhotelle wat in elke stad getel word, tot natuurskoonheid en selfs hulle verdraagsaamheid teenoor en aanvaarding van lede van die LGBTQ+-gemeenskap."

Regsgeveg oor Covid-regulasies het begin

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-06

"Volgens Solidariteit se verklaring is die nuwe gesondheidsregulasies onregmatig en irrasioneel. Daarom het hulle met ’n regsproses begin."

Verified by MonsterInsights
Top