Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot
2022-10-07"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."
Poolse akademikus gee internasionale blootstelling aan Afrikaans
2022-10-06"Terwyl daar ’n oorlog in sy buurland Oekraïne woed, veg Jerzy Koch sy eie oorlog in belang van die tale waarvoor hy lief is, hetsy dit in sy moedertaal Pools is, en of dit in Engels, Afrikaans of Nederlands is waarin hy ewe tuis is. Dinsdagaand se gesprek by SASNEV is gelei deur Andries Visagie, professor in die letterkunde verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit Stellenbosch. Die gesprek het gefokus op die tweede deel van Koch se literatuurgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde."
Regering word blameer vir Duitse toeris se dood
2022-10-06"Die dood van die Duitse toeris wat Maandag deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."
Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld
2022-10-05"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."
Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika
2022-10-04"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."
ANC en Ramaphosa word gelooi oor Phala Phala
2022-10-01"Opposisiepartye sê hulle gaan dit nie daar laat nie. Hulle sal ander middele oorweeg om Ramaphosa tot verantwoording te dwing oor hierdie saak."
ANC-jeug glo onwettig in Oekraïne as waarnemers
2022-09-29"Die deelname van lede van die ANC-jeugliga as sogenaamde onafhanklike internasionale waarnemers is uit verskeie oorde gekritiseer omdat dit volgens die meeste politieke kommentators ’n skyn van amptelike geloofwaardigheid verleen aan peilings wat elders algemeen as ’n skyn beskou word om Moskou se gedwonge beslaglegging op vier Oekraïense provinsies te regverdig."
Nuwe wet wil rokers verder inperk
2022-09-28"Suid-Afrikaners wat daarvan hou om ’n dampie te slaan, gaan waarskynlik gedwing word om die gewoonte in die afsienbare toekoms nog verder in te kort wanneer die regering se nuwe rookwet goedgekeur word."
Ramaphosa erken beurtkrag is lank nie verby
2022-09-27"President Cyril Ramaphosa het erken dat Suid-Afrikaners maar vir lief sal moet neem met die feit dat beurtkrag vir die afsienbare toekoms deel van hulle daaglikse bestaan sal wees."
Parlement besluit volgende week oor Cyril en Phala Phala
2022-09-22"Opposisiepartye in die parlement hoop om volgende week die parlement se wiele aan die rol te kry om president Cyril Ramaphosa tot verantwoording te roep om in die openbaar te verduidelik presies wat gebeur het tydens die omstrede diefstal by sy Phala Phala-wildsplaas."
Woede oor Eskom se voorgestelde verhoging van meer as 32 persent
2022-09-22"Terwyl die land meer as vier uur se kragonderbrekings op ’n slag in die gesig staar omdat die staatsbeheerde nutsmaatskappy nie genoeg elektrisiteit uit sy ou en swak onderhoude aanlegte kan produseer om in die vraag te voorsien nie, sê Eskom die huidige tariewe is nie hoog genoeg om die broodnodige instandhouding te doen nie."
Elektrisiteitskrisis bedreig land se ekonomie
2022-09-21"Die erns van die elektrisiteitskrisis waarin die land hom tans bevind, hou groot ekonomiese implikasies in vir Suid-Afrika. Beide president Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen, het Dinsdag op die huidige krisis reageer en die erns daarvan beklemtoon."
Vertalings ontsluit nuwe wêrelde tussen Suid-Afrika en die Lae Lande
2022-09-20Vertaling behoort eintlik Suid-Afrika se twaalfde taal wees, omdat die land se mense mekaar nie verstaan nie of mekaar dikwels verkeerd verstaan, aldus Antjie Krog. Die belangrike rol wat vertaling in die algemeen speel, is opnuut beklemtoon tydens ’n gesprek by Sasnev (die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere in Kaapstad). Die gespreksgenote was Antjie Krog en Yves T’Sjoen (Universiteit Gent en Universiteit Stellenbosch).
Miljoene dosisse entstof van miljarde rand vir die ashoop bestem
2022-09-20"Suid-Afrika het die meeste koronavirusinfeksies en -sterftes op die Afrika-kontinent aangeteken, maar inentings het verlangsaam en as gevolg daarvan sit die land nou opgeskeep met miljoene dosisse ongebruikte entstof."
Duisternis wag op Suid-Afrika as Koeberg vou
2022-09-16"’n Reeks noodsaaklike stappe sal volgens die DA gedoen moet word om Koeberg se lewensverlengingsprojek te red en ’n moontlike ineenstorting van die netwerk te voorkom."