Universiteit Stellenbosch se taalbeleid laat die vonke weer spat
2022-11-16"Oudregter Sisi Khampepe se verslag oor rassisme op die kampus van die Universiteit Stellenbosch het die taaldebat aan die universiteit van nuuts af laat opvlam. Voor- en teenstanders van die verslag vlieg mekaar oor en weer in die media en in persverklarings in die hare."
ActionSA verlaat DA-koalisie weens dienslewering
2022-11-15"Die brose koalisieregering in Ekurhuleni het ’n nuwe terugslag gekry nadat ActionSA uit die minderheidskoalisie onttrek het enkele dae nadat die DA se Tania Campbell as burgemeester van die metro herverkies is."
Julius Malema en Steve Hofmeyr albei in Menseregtekommissie se visier
2022-11-11"Beide Malema en Hofmeyr ontken dat hulle skuldig is aan haatspraak."
Regter kap na Afrikaans by US, maar DA meen dis verregaande
2022-11-10"Khampepe sê in haar verslag van 184 bladsye op grond van al die bewyse oor die spanning en probleme wat deur die universiteit se meertalige taalbeleid geskep word, moet die universiteit dit oorweeg om hierdie beleid te hersien om die moontlikheid van taaluitsluiting deur die voorkeur van Afrikaans uit te skakel."
Diversiteitsdebakel by skool laat gemoedere steeds hoog loop
2022-11-09"Gemoedere loop steeds hoog oor ’n voorval by die Fish Hoek High School in Kaapstad waar leerlinge na bewering getraumatiseerd is as gevolg van sogenaamde diversiteitsopleiding waar hulle glo onder andere wysgemaak is dat slegs wit mense rassisties kan wees."
Donkiekarre vir vervoer kos glo byna R1 miljoen
2022-11-08"Twee soorte karretjies is aangekoop. Sommige is tweesitplekkarretjies vir R32 500 en ander het vier sitplekke en kos R45 500."
Konstitusionele Hof sal oor omstrede padverkeerswet beslis
2022-11-04"Die grondwetlikheid van die omstrede voorgestelde Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto) sal op 15 November deur die Konstitusionele Hof aangehoor word. Die regering wil met die wet ʼn enkele nasionale stelsel skep om padverkeer te reguleer, wat die eksklusiewe wetgewende bevoegdheid van provinsies om dit te doen wegneem."
DA wil ’n stokkie voor ministers se buitensporige byvoordele steek
2022-11-03"Dit volg nadat die media onlangs berig het kabinetsministers in Suid-Afrika betaal nie munisipale tariewe, insluitend water en elektrisiteit nie, ondanks hul maandelikse R200 000-salaristjeks."
Minister privaat vervolg vir dieremishandeling
2022-11-02"Die NDBV sê in ’n verklaring dit maak ’n bespotting van die regstelsel dat geregtigheid vir die lyding van honderde diere sedert 2014 voortdurend vertraag is."
Polisiestasies word van wapens beroof, bendelede infiltreer die polisie
2022-11-01"Intussen het regter Daniel Thulare verlede week in ’n uitspraak onthul dat daar bande tussen bendelede en die polisie in die Wes-Kaap bestaan."
Waarskuwing oor moontlike terroriste-aanval het Suid-Afrikaners aan die raai
2022-10-28"Die waarskuwing het Suid-Afrikaners hot en haar laat gis op sosiale media oor die potensiële teiken van die beweerde aanval en of dit ernstig opgeneem moet word."
Johannesburg se magsbalans steeds in die weegskaal
2022-10-27"Regskenners waarsku egter dat haar oorwinning van korte duur kan wees as haar politieke teenstanders besluit om teen die uitspraak te appelleer."
Kaapstad se burgemeester wil keer dat Russiese oligarg voet aan wal sit
2022-10-26"Hill-Lewis se ongewone versoek, komende van ’n burgemeester, geskied teen die agtergrond van die Russiese inval in Oekraïne wat deur die meeste lande ter wêreld veroordeel word. Suid-Afrika se regering weier egter om Rusland se optrede te veroordeel en staan op die kantlyn."
Dis-Chem se verbod op wit aanstellings gaan in die hof draai
2022-10-25"Nadat Dis-Chem verlede week die omstrede memorandum teruggetrek het weens die ‘swak bewoording’, het hulle egter gesê hulle staan by die moratorium."
AfriForum en Malema al weer haaks oor beweerde haatspraak
2022-10-21"Die burgerregteorganisasie AfriForum en die EFF-leier, Julius Malema, is al weer haaks nadat Malema na bewering opruiende taal gebruik het tydens ’n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap."