Jean Oosthuizen

Joernalis

Druk op Dis-Chem en regering na bohaai oor rassebeleid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-20

"Dit help nie om Dis-Chem te breek of bankrot maak te nie, maar dit is tyd dat Dis-Chem en ander maatskappye standpunt inneem teen geïnstitusionaliseerde rassisme."

Parlement is steeds ’n mislukte instelling, bevind Outa-verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-19

"Outa het die werk van 10 van hierdie komitees beoordeel. Die organisasie sê in hulle verslag daar was plek-plek tekens van goeie werk, maar in die geheel was daar te veel teleurstellings."

Toyota US Woordfees-gesprek: Suid-Afrika word nou ’n mafiastaat, sê Jacques Pauw

Jean Oosthuizen Meningen 2022-10-18

"In sy gesprek met Max du Preez oor sy jongste boek, Our poisoned land: Living in the shadows of Zuma’s keepers, het Pauw geen doekies omgedraai oor Ramaphosa se onvermoë om die regte ding te doen nie."

Toyota US Woordfees-gesprek: Guptas het Suid-Afrika glo miljarde rand gekos

Jean Oosthuizen Meningen 2022-10-14

"Die geld wat as gevolg van die Gupta-broers se beweerde aandeel aan staatskaping uit die staatskas verdwyn het, beloop in die omgewing van R57 miljard, waarvan sowat R16 miljard volgens bronne in die Guptas se eie sakke beland het. Dié skokkende syfers oor die omvang van staatskaping tydens Zuma se bewindsjare is Donderdag tydens ’n gesprek by die Toyota US Woordfees genoem."

Kommer oor toename in gewelddadige plaasaanvalle

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-12

"Die voorlegging van hierdie ingrypings vir aanvaarding deur die kabinet is volgens Agri SA se uitvoerende hoofbeampte, Christo van der Rheede, lankal uitstaande. Hy het ’n beroep gedoen op die minister van polisie, Bheki Cele, om hierdie proses te versnel en om landelike veiligheid nou aan te spreek."

Dodelik giftige medisyne dalk ook in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-11

"Die vier produkte is Promethazine Oral Solution, Kofexmalin-babahoesstroop, Makoff-babahoesstroop en Magrip N-kouestroop. Die vervaardiger van hierdie produkte is Maiden Pharmaceuticals Limited (Haryana, Indië). Tot op hede het die vervaardiger geen waarborge aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verskaf oor die veiligheid en kwaliteit van hierdie produkte nie. Mense wat in besit van enige van hierdie produkte is of enige van hulle teëkom, word gewaarsku om seker te maak dat hulle dit nie gebruik nie en dit ook nie aan kinders toedien nie. Persone wat van sulke gevalle weet, word versoek om die Sahpra te kontak."

Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-07

"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."

Poolse akademikus gee internasionale blootstelling aan Afrikaans

Jean Oosthuizen Meningen 2022-10-06

"Terwyl daar ’n oorlog in sy buurland Oekraïne woed, veg Jerzy Koch sy eie oorlog in belang van die tale waarvoor hy lief is, hetsy dit in sy moedertaal Pools is, en of dit in Engels, Afrikaans of Nederlands is waarin hy ewe tuis is. Dinsdagaand se gesprek by SASNEV is gelei deur Andries Visagie, professor in die letterkunde verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit Stellenbosch. Die gesprek het gefokus op die tweede deel van Koch se literatuurgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde."

Regering word blameer vir Duitse toeris se dood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-06

"Die dood van die Duitse toeris wat Maandag deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."

Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-05

"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."

Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-04

"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."

ANC en Ramaphosa word gelooi oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-01

"Opposisiepartye sê hulle gaan dit nie daar laat nie. Hulle sal ander middele oorweeg om Ramaphosa tot verantwoording te dwing oor hierdie saak."

ANC-jeug glo onwettig in Oekraïne as waarnemers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-29

"Die deelname van lede van die ANC-jeugliga as sogenaamde onafhanklike internasionale waarnemers is uit verskeie oorde gekritiseer omdat dit volgens die meeste politieke kommentators ’n skyn van amptelike geloofwaardigheid verleen aan peilings wat elders algemeen as ’n skyn beskou word om Moskou se gedwonge beslaglegging op vier Oekraïense provinsies te regverdig."

Nuwe wet wil rokers verder inperk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-28

"Suid-Afrikaners wat daarvan hou om ’n dampie te slaan, gaan waarskynlik gedwing word om die gewoonte in die afsienbare toekoms nog verder in te kort wanneer die regering se nuwe rookwet goedgekeur word."

Ramaphosa erken beurtkrag is lank nie verby

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-27

"President Cyril Ramaphosa het erken dat Suid-Afrikaners maar vir lief sal moet neem met die feit dat beurtkrag vir die afsienbare toekoms deel van hulle daaglikse bestaan sal wees."

Verified by MonsterInsights
Top