Seldsame konsolidasie van opposisiepartye teen Ramaphosa
2022-08-05"In ’n seldsame gebaar van solidariteit in die Suid-Afrikaanse politiek het opposisiepartye met uiteenlopende beginsels en oortuigings kragte saamgesnoer om antwoorde uit president Cyril Ramaphosa te kry oor die beweerde gebeure op sy wildplaas."
Eskom se liggies brand alweer flouer die week
2022-08-04"Volgens die DA word die parlement se oorsigfunksie ondermyn omdat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nie wil toegee aan ’n versoek van die DA vir ’n ad hoc-komitee om toesig te hou oor Ramaphosa se nasionale energiekrisiskomitee (Necom) en die implementering van sy energieplan nie."
Bheki Cele het polisie se reserwemag “uitgewis”
2022-08-03"In 2011/12 was daar 52 054 SAPD-reserviste regoor die land. Tien jaar later sit die SAPD nou met net 4 393 reserviste."
Petrolprysdaling kon byna ses keer meer gewees het, sê DA
2022-08-02"Terwyl die laer brandstofpryse wat Woensdag in werking tree, allerweë verwelkom word, meen opposisiepartye die regering kan baie meer doen om vuisvoos Suid-Afrikaanse motoriste tegemoet te kom."
ANC se rasvoorstel vir skole is "ondeurdag, onsinnig en onprakties"
2022-07-29"Nodada sê hierdie voorgestelde rassemanipulering deur die ANC is sterk in ooreenstemming met hul steun vir die drakoniese wysigingswetsontwerp op basiese-onderwys-wette (BELA) en veral die 'Lesufi-klousule' wat poog om skoolbeheerliggame te ontmagtig."
Verdeelde ANC wil red wat daar te red is
2022-07-28"Die konferensie, wat vandag (Donderdag 28 Julie) begin, duur tot Sondag. Dit volg kort op die hakke van die party se provinsiale verkiesingskonferensie in KwaZulu-Natal (KZN) waar die Zuma-faksie die oorhand gekry het."
Ramaphosa se kragplan sal fyn dopgehou word
2022-07-27"President Cyril Ramaphosa se regrukplan om die land se energiekrisis te oorkom, is met gemengde gevoelens deur politieke partye en energiekenners ontvang."
Bekende letterkundige ontruim sy pos na omstrede rubriek
2022-07-26"Die storm wat in die Afrikaanse letterkunde losgebars het oor ’n omstrede rubriek deur een van die land se bekende letterkundiges, Hennie van Coller, het gelei tot sy bedanking as voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns."
ANC hou asem op vir KZN se verkiesingskonferensie
2022-07-22"KZN is ’n sleutelprovinsie vir die ANC. Die uitkoms van die verkiesing kan ’n deurslaggewende rol speel in die rigting wat die party besig is om in te slaan onder die leierskap van president Cyril Ramaphosa."
Weerstand bou op teen Eskom se "absurde" tariefverhogings
2022-07-21"Dit volg nadat Eskom in sy jongste aansoek benewens ’n stewige verhoging ook gevra het dat ’n tarief van R938 per maand op verbruikers gehef word wat self krag opwek."
Jan Publiek moet opdok vir ministers se kragopwekkers
2022-07-20"Die bedrag wat die belastingbetalers in Suid-Afrika moet opdok om ministers se ligte te laat brand terwyl die res van die land in die duister tas, beloop reeds byna drie miljoen rand."
Eskom wil tariewe verhoog ten spyte van beurtkrag
2022-07-19"Terwyl Suid-Afrikaners die afgelope weke meer as ooit vantevore onder beurtkrag gebuk moes gaan, dring Eskom aan op ’n prysverhoging van meer as 32 persent vir hulle krag."
Ramaphosa gaan land self inlig oor kragkrisis
2022-07-15"Die vermoede is dat hy die land binne ’n dag of wat, soos tydens die Covid-pandemie, sal toespreek om die publiek in te lig oor die regering se planne om die huidige krisis te bowe te kom."
Burgerlike organisasies eis hernubare energie om kragkrisis te verlig
2022-07-14"’n Groeiende lys van Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies wat bekommerd is oor die land se energiekrisis, doen ’n beroep op die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, om onmiddellik toe te laat dat nuwe hernubare energie geskep en aan die kragnetwerk gekoppel word."
Ministers spring beurtkrag vry, maar hospitale nie
2022-07-13"Dit is skandalig dat die Bryntirion-landgoed, ’n klein woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van Ramaphosa se kabinet geleë is, vrygestel is van beurtkrag terwyl hospitale nie is nie."