Taverne-slagtings die gevolg van wettelose samelewing
2022-07-12"Pieter Groenewald sê in sy verklaring die gebreke in Suid-Afrika se strafregstelsel word onderstreep deur die feit dat ’n misdadiger se kans om met misdaad weg te kom, sowat 80% is. Hy sê misdadigers vrees nie meer die polisie nie en hulle word nie afgeskrik deur ontoereikende strawwe sou hulle wel voor ’n hof gebring word nie."
Beurtkrag het verwoestende uitwerking op die ekonomie
2022-07-08"Busi Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, sê daar is net een manier om te verseker dat die land nie weer sulke gebeurtenisse in die gesig staar nie en dit is om die bronne van elektrisiteit in Suid-Afrika te diversifiseer."
Cele onder skoot na woede-uitbarsting
2022-07-07"Cameron het Cele verder die harnas ingejaag toe hy hom nooi om sonder sy lyfwagte en deftige motor self op grondvlak te gaan kyk wat in die townships aangaan ten opsigte van misdaad en om die gebrek aan polisiëring eerstehands te aanskou. Nadat Cameron sy kommer oor die hoë misdaad in Gugulethu uitgespreek het, het Cele hom aangesê om stil te bly en te gaan sit."
DA ruk op na Lesufi se kantoor om oor onderwyswet te betoog
2022-07-06"Die regering se voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) het Dinsdag weer onder skoot gekom toe die DA daarteen betoog het by die kantore van die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi."
Suid-Afrika wemel van fopnuus en vals inligting
2022-07-05"Suid-Afrikaners word oorval met fopnuus en vals inligting wat op aanlyn platforms versprei word."
Opposisiepartye eis spoedige optrede na Zondo-verslag
2022-07-01"ActionSA en die DA het die afgelope week albei laat blyk dat hulle nie daarvoor te vinde is dat daar langer gesloer word om die moontlike skuldiges aan die pen te laat ry nie."
Optrede geëis na tieners se dood in taverne
2022-06-30"Koolstofmonoksied is ’n kleurlose, reuklose giftige gas wat ook geen smaak het nie. As jy dit inasem, kan dit jou doodmaak, veral as jy aan hoë vlakke blootgestel word."
Onwettige stakers dwing Eskom op sy knieë
2022-06-29"By fase 8, skat Eskom, sal die gemiddelde Suid-Afrikaner vir 50% van die tyd van krag voorsien word, met verbindings wat vir 12 uur uit elke 24 afgeskakel is."
Ramaphosa wil ’n nuwe blaadjie omslaan
2022-06-28"Dit is moeilik om te dink dat enige president in enige demokrasie so ’n skerp beoordeling deur die land se hoofregter van sy integriteit en vermoë kan oorleef. Die vraag is egter wie neem oor as Ramaphosa dit nie oorleef nie."
Eeue oue joernaal onthul geheime van Nederlandse retoervlote
2022-06-24"Deur middel van hierdie geskiedkundige joernaal wat eeue lank onder die stof begrawe gelê het, kon Sleigh onder andere vasstel watter skip die draer was van die verwoestende epidemie van kinderpokke wat in die Kaap uitgebreek het."
Zondo sê kiesers moet self die land se president kies
2022-06-24"As Zondo sy sin kan kry, moet Suid-Afrikaners, net soos in Amerika, liewer self besluit wie hulle president word en nie die party met die grootste steun in die parlement nie."
Nelson Mandelabaai spook om water in die krane te hou
2022-06-23"Die nieregeringsorganisasie The Gift of the Givers is een van vele rolspelers wat probeer om ’n humanitêre krisis in die metro te voorkom. Hulle het vroeër die week gewaarsku dat die droogtesituasie in die Nelson Mandalabaai-streek so ernstig is dat die krane in Gqeberha binne dae heeltemal kan opdroog."
Verpligte dra van maskers se dae is dalk getel
2022-06-22"Die minister van gesondheid, Joe Phaala, is volgens mediaberigte ten gunste daarvan dat die koronavirusregulasies wat vereis dat maskers binnenshuis gedra moet word en dat die grootte van byeenkomste beperk word, geskrap word."
Waar is Zondo se verslag?
2022-06-21"Die vyfde, en laaste, gedeelte van die verslag sal nou Woensdag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word. Dit moes reeds verlede week oorhandig gewees het, maar is volgens die kommissie uitgestel weens ‘sekere uitdagings’ wat hom verhinder het om die verslag gereed te hê."
Minister maak 180-grade-U-draai oor Afrikaans by Taalmonument
2022-06-16"Dit is alle Afrikaanse mense wat lief is vir Afrikaans se oorwinning."