Jean Oosthuizen

Joernalis

Onderwyswet is glo ongrondwetlik en bedreig Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-16

"Soos wat reeds in die onlangse verlede deur verskeie uitsprake van die Konstitusionele Hof bevestig is, is beheerliggame as verteenwoordigers van ouers, leerders en plaaslike skoolgemeenskappe volgens AfriForum veel beter in staat om die behoeftes van hul skole te bepaal."

Ondersoek gevra na korrupsiebewerings in hoofregter se kantoor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-15

"Daar is glo later ontdek dat hulle 30% van die aandele in ZA Square besit, ’n firma wat sowat R67,5 miljoen sou kry uit die kontrak wat hulle help opstel het. Die DA sê dit ruik na korrupsie, en dit moet so gou moontlik ondersoek word."

Blydskap na Ramaphosa ’n stokkie steek voor ATM se naamsverandering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-14

"Ramaphosa het verlede week die versekering in die parlement gegee dat die ATM nie gedwing sal word om sy naam te verander nie."

Woede oor vroueslaner se ligte vonnis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-10

"AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hulle het gehoop dat meer gedoen sou word om toe te sien dat die beeldmateriaal op rekord geplaas word sodat die landdros eerstehands Swart se gewelddadige optrede teenoor sy vrou kon sien."

Duisende gekant teen naamsverandering van Afrikaanse Taalmonument

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-09

"Volgens die ondertekenaars kom dit neer op ’n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is."

SA juig oor Guptas, maar uitlewering kan maande sloer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-08

"Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal voortgaan om met die VAE saam te werk en volgens Suid-Afrikaanse amptenare vind uitleweringsgesprekke reeds met die VAE plaas. Die uitleweringsproses vanuit die VAE na Suid-Afrika kan egter maande neem."

DA skaar hulle by die stryd vir Afrikaanse skole

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-07

"Volgens die DA sal die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, ‘en sy ANC-makkers se irrasionele haat vir Afrikaans en alle sprekers van die taal’ nie net die sprekers van Afrikaans benadeel nie, maar ook moedertaalonderrig in alle inheemse tale en kwaliteitonderwys in die geheel."

Druk neem toe om brandstofpryse te snoei

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-03

"Die AA waarsku egter dat die massiewe stygings in brandstofpryse vir Junie steeds verbruikers en die ekonomie ernstig knou."

Strenger tabakregulasies vir Suid-Afrika in die vooruitsig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-02

"Elke jaar kos die tabakbedryf die wêreld meer as 8 miljoen menselewens, 600 miljoen bome, 200 000 hektaar grond, 22 miljard ton water en 84 miljoen ton koolsuurgas."

Skool in Limpopo sluit oor vlermuise en slange

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-01

"Tydens ’n inspeksie het die inspekteur verneem dat daar op Dinsdag, 24 Mei, altesaam 50 leerders van die skool afwesig was omdat hulle siek geword het weens die besmetting wat deur die vlermuise veroorsaak is."

Suid-Afrika het vier van die wêreld se onveiligste stede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-31

"Latyns-Amerika is geïdentifiseer as die wêreld se misdaadbrandpunt, met 62 van die 100 mees riskante stede. Agt hiervan, insluitend Chihuahua, Medellín en San Salvador, teken die hoogste moontlike risikotellings aan. Misdaadrisiko’s neem ook toe in die VSA, merk die studie op."

Regter gaan rassisme by US ondersoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-27

"As deel van die ondersoek na voorvalle van rassisme wil die universiteit hê die kommissie moet in hulle verslag ook aanbevelings maak hoe om ’n kultuur van diversiteit, gelykheid en insluiting te verbeter."

Multimiljoenêr dalk volgende week platsak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-26

"Iewers in Suid-Afrika loop daar ’n potensiële multimiljoenêr rond wat onbewus is van sy rykdom (wat meer as R20 miljoen werd kan wees), maar wat dalk teen volgende week nie ’n sent daarvan sal hê nie."

Optog teen minister se “totale aanslag” teen Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-25

"Die uitvoerende hoof van die ATM, Michael Jonas, het in ’n verklaring bevestig dat Mthethwa op 10 Maart 2022 in Pretoria gesê het dat die ATM se naam moet verander."

Ramaphosa vra reguit, eerlike gesprek oor rassisme

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-05-24

"Om rassisme te beëindig gaan nie net oor die verandering van houdings nie; dit gaan ook oor die verandering van die materiële toestande wat vandag nog swart en wit Suid-Afrikaners skei."

Verified by MonsterInsights
Top