Jean Oosthuizen

Joernalis

Ramaphosa bel uiteindelik vir Zelenski

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-21

"Bykans twee maande nadat Rusland Oekraïne binnegeval het, het president Cyril Ramaphosa Woensdagaand uiteindelik ook met die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, gesprek gevoer oor die oorlog in sy land."

Koppe gaan rol oor onwettige Kubaanse medisyne

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-21

"Van die belangrikste aanbevelings uit die taakspan se verslag is dat die militêre bevelsraad na bewering opdrag gegee het om die medisyne van Kuba in te voer, skynbaar wetende dat dit onwettig was omdat die nodige regulasies nie nagekom is nie."

Eskom moet tot ’n ramptoestand verklaar word, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-20

"Die entiteit se ou eenhede is op lewensondersteuning en gee voortdurend in, wat daartoe lei dat kragonderbrekings op kort en uitmergelende kennisgewing aangekondig word, sê die party in ’n verklaring."

Nasionale ramptoestand na grootse vloed ooit in SA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-19

"Omvangryke maatreëls is Maandagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig om die nood aan te spreek nadat die grootste vloed ooit in Suid-Afrika ’n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal (KZN) agtergelaat het."

Xenofobie laat gemoedere opvlam

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-14

"Die 43-jarige Nyathi, wat as tuinier in Johannesburg gewerk het, is verlede week na bewering aangerand en aan die brand gesteek nadat hy gevra is om sy dokumente van herkoms te wys."

Talle dood en vermis in  KZN vloedramp

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-14

"Die woordvoerder van die metropolisie in Durban, Parboo Sewpersad, het aan die SAUK gesê hy het nog nooit so iets beleef nie."

Oekraïne se ambassadeur pleit Suid-Afrika moet luister

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-12

"Suid-Afrikaners het uiteenlopend reageer op die ambassadeur se oproep dat Suid-Afrika na Oekraïne moet luister."

Ramaphosa trap steeds water oor Rusland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-08

"President Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens ’n konferensie vir die hoofde van Suid-Afrika se diplomatieke sendings weer eens geweier om Rusland te veroordeel vir die oorlog in Oekraïne. Die president sê Suid-Afrika sal sy onverbonde posisie verdedig en ’n onafhanklike buitelandse beleid handhaaf."

Meer vlugte na en van Suid-Afrika vanuit die Lae Lande

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-07

"Voornemende besoekers aan Suid-Afrika vanuit die Lae Lande sal binnekort ’n hele aantal bykomende vlugte hê om uit te kies."

Ramptoestand se einde is het einde niet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-06

"Suid-Afrikaners verwelkom die beëindiging van die nasionale ramptoestand wat Maandag om middernag werking getree het, maar is skepties oor die voorgestelde regulasies wat dit gaan vervang."

Zuma se Stalingrad-trein se stoom is op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-01

"Die Hoogste Hof van Appèl het Donderdag vier petisies van Zuma teen sy vervolging met koste van die hand gewys. Zuma wou hê dat die staatsadvokaat, Billy Downer, hom aan die saak moet onttrek omdat hy glo bevooroordeeld teenoor Zuma is. Die oudpresident wou ook hê dat getuies geroep moet word om sy bewerings te staaf dat die staat onregverdig teenoor hom optree."

Ramptoestand word dalk volgende week beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-31

"Die publiek het tot môre (Vrydag 1 April) geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies voordat dit finaal in die Staatskoerant gepubliseer word en die huidige regulasies herroep sal word."

Zuma en 20 beweerde staatskapers aangekla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-30

"’n Yslike dossier met talle bekende name, waaronder dié van Jacob Zuma, is deur Solidariteit saamgestel van mense wat volgens hulle strafregtelik aangekla moet word."

Vrae oor Suid-Afrika en Rusland se vriendskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-29

"Verskeie opposisiepartye en kommentators beskuldig die regering daarvan dat hulle op ’n diplomatieke ramp met veral Westerse lande afstuur weens hulle huiwering om ’n sterk standpunt in te neem oor Rusland se inval in Oekraïne."

Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-25

"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa gesê hy besef dat geen ekonomie sonder ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."

Verified by MonsterInsights
Top