Jean Oosthuizen

Joernalis

Ramptoestand se moontlike afskaffing word weer bekyk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-02-01

"Suid-Afrikaners sal binnekort weet of die ramptoestand wat oor twee weke verstryk, vir nóg ’n maand verleng gaan word en of die regering gaan gehoor gee aan die talle oproepe uit verskeie oorde om dit na byna twee jaar te beëindig."

Kommer oor duisende leerlinge wat nooit matriek haal nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-28

"Altesaam 897 163 leerders het verlede jaar die matriekeksamen geskryf, maar die graad 10-inskrywings in 2019 was 1 045 424. Dit beteken dat minstens 148 261 leerders binne slegs twee jaar uit die stelsel uitgeval het en nie matriek voltooi het nie."

Wêreldbekende Robbeneiland word glo verwaarloos en wanbestuur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-27

"Daar word al maande in die media berig dat hierdie historiese erfenis van Suid-Afrika gruwelik verwaarloos word, vervalle is en in ’n toestand van wanorde verkeer. Toeriste wat die eiland besoek, kla ook oor die buitensporige prys wat hulle moet betaal om daarheen te gaan. Die eiland is een van die land se belangrikste post-1994 erfenissimbole."

Covid-kenners meen maskers en ramptoestand is uitgedien

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-26

"Hy glo wel dat diegene wat weier om ingeënt te word, die gevolge moet dra. Hy sê sulke mense sal moet aanvaar dat sekere deure vir hulle gesluit sal word soos wat met die tennisspeler Novak Djokovic in Australië gebeur het."

Wes-Kaap spog met van die wêreld se gewildste bestemmings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-25

"TSI gebruik die nuutste tegnologie om die krag van kunsmatige intelligensie toe te pas om sentimente van mense se voorkeure te ontsyfer. Dit is die eerste keer ooit dat bestemmings regoor die wêreld op so ’n wyse gerangskik word om die plekke te ontdek wat werklik die mees geliefd is."

Weerstand teen verpligte COVID-19-inentings bou op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-21

"Ten spyte van ’n oorwig getuienis dat inenting teen COVID-19 help om die verspreiding van die virus te bekamp en help voorkom dat mense ernstig siek word of sterf as gevolg daarvan, is daar hewige teenstand onder baie Suid-Afrikaners wanneer dit by verpligte inentings kom."

Hof genader om die nasionale ramptoestand te beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-20

"Die Solidariteit-beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, gaan met regstappe begin om die howe te vra om die ramptoestand te beëindig, terwyl Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, vra dat buitelugfasiliteite tot volle kapasiteit heropen mag word."

Suid-Afrikaners huil krokodiltrane oor Redro se heengaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-19

"Suid-Afrikaners is in sak en as omdat een van hulle geliefde happies, naamlik vissmeer wat gewoonlik saam met roosterbrood geëet word, besig is om van die winkelrakke te verdwyn en blykbaar nie weer aangevul gaan word nie."

Hof het beslis oor matrieksuitslae in koerante

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-18

"Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, dien die openbare opgewondenheid wat met die publisering van matriekuitslae gepaardgaan, as motivering vir toekomstige matrieks."

Hof bevind omstrede verkeerswet ongrondwetlik

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-14

"Die Hooggeregshof in Pretoria het die Aarto-wysigingswet waarop die beplande strafstelsel vir verkeersoortredings gebaseer is, ongrondwetlik en ongeldig verklaar."

Oproepe om weg te doen met ramptoestand, maskers en ander Covid-regulasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-13

"Daar bestaan geen regverdiging meer vir die nasionale ramptoestand om die koronavirus te help bekamp nie, en dit behoort opgehef te word wanneer dit Saterdag (15 Januarie) verval; dit is die mening van wetenskaplikes én politici."

EU hef lugreisverbod teen Suid-Afrika op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-12

"Wetenskaplikes het die doeltreffendheid van die verbod bevraagteken en die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande versoek om refleksreaksies op die ontdekking van die Omikron-variant te vermy."

Nelson Mandela se tronksleutel op pad terug na Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-11

"Hierdie sleutel is ’n lewende bewys van Suid-Afrikaners se lang pad na vryheid en behoort aan die mense van Suid-Afrika. Dit moet dus met reg na die land terugbesorg word."

Opposisiepartye eis aksie na Zondo se verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-07

"Die DA en die Vryheidsfront Plus het albei in sterk bewoorde verklarings druk op president Cyril Ramaphosa uitgeoefen om toe te sien dat die  kommissie se aanbevelings uitgevoer word."

Zondo ontbloot ’n katnes van korrupsie en bedrog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-06

"Die verslag wemel van ‘vuil geld’ wat hande verwissel het en eerlike mense wat in die pad gesteek en met gulsige opportuniste in sleutelposisies vervang is."

Verified by MonsterInsights
Top