Jean Oosthuizen

Joernalis

Ramaphosa ontvang eerste Zondo-verslag oor staatskaping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-05

"Die inhoud van die verslag is direk nadat dit aan Ramaphosa oorhandig is, ook op die regering se webwerf vir die publiek se insae beskikbaar gestel. Ramaphosa sê hy sal elke deel van die verslag onmiddellik aan die publiek bekend maak nadat hy dit ontvang het."

Talle vrae na verwoestende brand by parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-04

"Die hele parlementêre kompleks kon tot op die grond afgebrand het, maar die flinke optrede van Kaapstad se brandweer het dit verhoed."

Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid

Jean Oosthuizen Meningen 2021-12-26

"Met Tutu se afsterwe verloor die land ’n morele kompas wat ewe onverskrokke geveg het teen die vergrype van die Nasionale Party as teen die korrupsie en wanbestuur van die ANC."

Suid-Afrika spring strenger inperkings dié Kersfees vry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-24

"Suid-Afrikaners kan dié naweek Kersfees vier met geen strenger inperkings nie, terwyl miljoene mense elders in die wêreld streng ingeperk word oor die feesgety tot ten minste vroeg aanstaande jaar."

Mr Fix wil spoorweë regruk, maar niemand glo hom nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-23

"Beloftes deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, dat sy departement die haglike toestand waarin die land se spoorvervoerstelsel verkeer, binne enkele maande gaan regruk, is met sinisme en skeptisisme deur Suid-Afrikaners begroet."

Suid-Afrika pleit by EU om reisverbod op te hef

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-22

"Tshivhengwa het in die brief aan Kionka verduidelik dat die nasionale inkomste uit toerisme in Suid-Afrika in ’n tipiese jaar sowat R285 miljard of €16 miljard is, wat 726 000 direkte werksgeleenthede en altesaam 1,5 miljoen poste direk en indirek ondersteun."

Covid-kwarantyn se dae is dalk getel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-21

"Die advieskomitee sê die definisie van ’n hoërisikokontak is verouderd omdat wetenskaplikes die verspreiding van die virus nou beter verstaan. Die komitee is verder bekommerd oor die langtermyngevolge van kwarantyn en die invloed daarvan op mense se lewensbestaan soos inkomste, werksverliese en onderrig wat onderbreek word."

Kersfees sonder strenger inperkings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-17

"Maak seker jy kry jou inenting voordat jy hierdie Desember kuier, familie besoek of met vakansie gaan," lui die regering se verklaring.

Zuma moet terug tronk toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-16

"Zuma se ondersteuners was woedend. Carl Niehaus het op Twitter gesê dit is ’n groot onreg wat teen Zuma gepleeg word omdat hy, volgens Niehaus, in die eerste plek sonder ’n verhoor in die tronk beland het."

AfriForum hof toe oor aandklokreël

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-15

"In teenstelling hiermee het die media in Oktober berig die regering se advieskomitee van wetenskaplikes, wat hom oor die COVID-19-pandemie adviseer, meen dit was ’n fout om die aandklokreël te verslap toe daar na vlak 1-inperking beweeg is."

Vierde COVID-golf tref Wes-Kaap in vakansieseisoen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-14

"Ent so gou moontlik in, want inentings voorkom ernstige siekte. Maak seker jy dra jou masker, want die virus versprei in die lug."

Kabinet wil saam met die wêreld teen korrupsie veg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-10

"Die regering erken in sy verklaring dat korrupsie, in ’n meerdere of mindere mate, een van die grootste uitdagings is wat die land in die gesig staar en dat dit ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling terughou."

ANC se mislukte poging om die Grondwet te wysig wyd verwelkom

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-09

"Die ANC se mislukte poging dié week in die parlement om artikel 25 van die Grondwet te wysig wat die onteiening van grond sonder vergoeding sou moontlik maak, is ’n oorwinning vir Suid-Afrika se grondwetlike bestel."

Al hoe groter druk vir verpligte inentings om ekonomie te red

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-08

"Verskeie ondernemings het reeds die inisiatief geneem om ’n verpligte inentingsvereiste van hul werknemers in te stel indien hulle toegang tot hul werkplek wil verkry of, in sommige gevalle, hul werk wil behou."

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

Jean Oosthuizen Academisch 2021-12-07

"Die woorde 'waar redelikerwys doenlik' kom nie minder nie as 16 keer in die dokument voor wanneer Afrikaans ter sprake is. Hoe lank sal dit nog 'redelikerwys doenlik' wees om in sekere modules in Afrikaans klas te gee aan die US en wie gaan daaroor besluit? is ’n vraag waaroor baie mense wonder."

Verified by MonsterInsights
Top