Jean Oosthuizen

Joernalis

Duisende dosisse Covid-entstof  is vermors

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-07

"Die koste van een Pfizer-inspuiting word op R308 geraam, met een Johnson & Johnson-inspuiting wat na raming sowat R280 kos. Dit is gelyk aan ’n geraamde R83 miljoen se verlore geld weens vermybare vermorsing, insluitend skadevergoeding, vervaldatums en die dosisse wat tydens die onrus in Julie 2021 verloor is."

Reisverbod het vernietigende gevolge op Suid-Afrika se toerismebedryf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-03

"Die aantal lande wat ’n reisverbod teen Suid-Afrika ingestel het, het reeds tot byna 40 gestyg. In minstens 18 van die lande is ook gevalle van die Omikron-variant ontdek, maar daar is geen beperking op daardie lande geplaas nie."

Rage-feeste dreig om weer superverspreiders van Covid te word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-02

"Vanjaar se Rage-feeste, waar matrikulante jaarliks in groot getalle saamdrom om die einde van hul skoolloopbaan te vier, is landwyd in die gedrang nadat nog een van die groot Rage-feeste gekanselleer is."

Soldate verruil gewere vir meel en broodpanne

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-01

"Volgens die webwerf DefenceWeb lui onbevestigde berigte dat “weermagbrood” teen R20 per brood verkoop word, ver bo die normale kleinhandelprys."

Nuwe variant is verwoestend vir Suid-Afrika se toerisme

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-30

"Die reisbedryf het president Cyril Ramaphosa intussen geloof vir sy ferm benadering ten opsigte van mense wat huiwerig is om hulself teen COVID-19 te laat inent. Die President het Sondagaand  aangekondig dat hy ’n taakspan saamgestel het om verpligte inentings vir spesifieke plekke en geleenthede te ondersoek."

Kommer oor seksuele mishandeling van kinders

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-26

"Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid daarvan te hore gekom en vertoë aan die DOV gerig het, het die DOV bevestig dat daar wel ’n prima facie-saak teen die beskuldigdes is en dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hulle gaan vervolg."

Derde dosis teen COVID-19 oorweeg terwyl vierde golf nader

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-25

"Van die vrae waaroor tans by woonkomplekse gestry word, is: As besighede dit doen, kan die trustees of direkteure van jou gemeenskapsbehuisingskema dit ook doen? Kan inwoners of hul besoekers verplig word om bewys van inenting te lewer voordat hulle die kompleks binnegaan of van gemeenskaplike geriewe soos die swembad, gimnasium of klubhuis gebruik maak?"

Week van drama in Suid-Afrikaanse politiek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-24

"Dit plaas die DA nou in die ongemaklike posisie dat hulle nie anders kan as om wel met die EFF in gesprek te tree as hulle aan die bewind wil bly in munisipaliteite waar daar nie ’n volstrekte meerderheid is nie en waar die EFF gehelp het om die goue ketting om die burgemeester se nek te hang."

Misdaad vier steeds hoogty in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-23

"Suid-Afrika se misdaadsyfer toon ’n skokkende toename oor die afgelope tien jaar; die minister van polisie, Bheki Cele, sê hy is tevrede met die vordering wat teen misdaad gemaak word ..."

Nóg duurder petrol is Suid-Afrikaners se voorland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-19

"Suid-Afrikaanse brandstofpryse het op 3 November aansienlik gestyg. Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) waarsku dat R20 per liter teen die einde van die jaar ’n moontlikheid is."

DA kla minister by Verenigde Nasies aan oor Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-18

"Die DA het ’n klag by die VN se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande."

Piepklein party kraai koning in verskeie munisipaliteite

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-17

"Die PA het reeds hulle eerste burgemeester in Laingsburg tot die amp verkies gekry en hoop om nog verskeie burgemeestersposte en ander uitvoerende poste op burgemeesterskomitees landwyd in te palm."

Mej Heelal-kompetisie ontketen politieke storm in Suid-Afrika oor Israel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-16

"Vanjaar se Mej Heelal-kompetisie het in ’n politieke speelbal ontaard. Die regering het hulle steun aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek omdat die organiseerders weier om vanjaar se Mej Heelal-kompetisie te boikot omdat dit in Israel plaasvind."

Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-12

"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-11

"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."

Verified by MonsterInsights
Top