Eskom is in totale verval, sê opposisie
2021-11-11"’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."
Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit
2021-11-10"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."
Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte
2021-11-09"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."
"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika
2021-11-05"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."
Talle koalisies kom na reusewegblystem
2021-11-04"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."
Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter
2021-11-03"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."
Universiteite met hof gedreig oor verpligte inentings
2021-11-02"’n Taakspan is aangestel om ’n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente."
Koerantgroep se "bewyse" oor tienling bevraagteken
2021-10-29"Die koerantgroep het die hele land Woensdag na hul asems laat snak toe hulle tydens ’n nuuskonferensie volgehou het dat die tienling wel gebore is. En hulle beweer daar word in staatshospitale handel gedryf met babas, van wie sommige selfs gebruik word om moetie mee te maak."
Krieket SA se kniebuigbesluit jaag talle die harnas in
2021-10-28Lees ook Quinton de Kock se kant van die saak (pas uitgereik via Krieket Suid-Afrika (KSA)).
Lesufi hou vol AfriForum is rassiste
2021-10-27"Die rassetwis tussen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en die burgerlike organisasie AfriForum het opnuut opgevlam."
Stem verantwoordelik, vra Ramaphosa
2021-10-26"Suid-Afrikaners gaan volgende Maandag, op 1 November, na die stembus om hul plaaslike verteenwoordigers te kies. Ramaphosa sê uiteindelik gaan elke verkiesing oor vertroue."
Bierbedryf pleit by regering om van ondergang gered te word
2021-10-22"Die bierbedryf het as gevolg van die vorige kere se verbod sedert Maart verlede jaar 161 handelsdae verloor, wat net meer as 240 000 werksgeleenthede in gevaar stel, met ’n verlies aan belastinginkomste van R34,2 miljard en R10,2 miljard in aksynsinkomste. Daar was geen staatsfinansiering of enige ander verligting om die sektor tydens hierdie krisis by te staan nie."
Politieke partye vry na Afrikaanse stemme in munisipale verkiesing
2021-10-21"Hoewel die taalkwessie weinig te make het met die plaaslike verkiesing, meen albei partye skynbaar dat hulle sodoende die guns van Afrikaanse kiesers sal wen."
Suid-Afrika sê steeds nee vir Russiese entstof
2021-10-20"Tot op hede het hierdie entstof ook nie die lys van noodgebruik deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gehaal nie."
Nóg ’n hofsaak oor Afrikaans by Universiteit Stellenbosch
2021-10-19"Die US ontken egter dat hulle afwyk van die 2016-taalbeleid. Volgens die US bly hulle verbind tot Afrikaans as onderrig- en kommunikasiemedium in ’n inklusiewe, veeltalige konteks. Hulle sê dit is een van die min instellings vir hoër onderwys in ons veeltalige, diverse land wat hierdie benadering volg."