Jean Oosthuizen

Joernalis

Derde COVID-golf slaan Gauteng hard

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-22

"Wynand Boshoff sê sedert die aanvang van Covid-verwante inperkings het die VF Plus hom daarvoor beywer dat die onderwyssektor so gou moontlik heropen moet word. Daarom verwelkom die party die geleentheid wat geskep word om alle skoolverwante personeel wat dit verlang, te laat inent."

Vlak 3-inperking straks nie genoeg om derde vlaag te stuit nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-18

"Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is van mening dat strenger maatreëls reeds vroeër ingestel moes gewees het om die derde vlaag in bedwang te hou. Volgens SAMV se voorsitter, Angelique Coetzee, is die jongste beperkings te min te laat. Sy sê sommige hospitale se kapasiteit word reeds tot die maksimum gerek."

Suid-Afrikaanse tienling is glo fopnuus

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-17

"Rampedi het Donderdag op Twitter volgehou dat hy ’n betroubare joernalis is wat nooit vir sy lesers sal jok nie."

Menseregtekommissie wik en weeg oor Afrikaans by US

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-16

"Die Menseregtekommissie (MRK) het die afgelope week weer uiteenlopende standpunte aangehoor oor die status van Afrikaans op die Universiteit Stellenbosch se kampus."

Besmette J&J-entstowwe nie in Suid-Afrika vrygestel nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-15

"Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het Sondag in ’n verklaring aangedui dat hy nie die Johnson & Johnson-entstowwe wat deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) in die VSA as ongeskik beskou word, sal vrystel nie."

Eskom dompel Suid-Afrika al hoe dieper in die duister

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-11

"Ramaphosa sê die pas van ekonomiese herstel sal kan koers kry slegs indien die regering die krisis spoedig oplos. Hy sê dit is tans die regering se belangrikste prioriteit. Daarom word die 1 megawatt beperking op munisipaliteite en ondernemings om self krag op te wek opgehef om tot 100 megawatt sonder ’n lisensie toe te laat."

Wêreld wonder en gons oor tienling van Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-10

"’n Vrou van Gauteng wat glo geboorte geskenk het aan 10 babas het Suid-Afrikaners en die res van die wêreld die afgelope week aan die gons gehad toe selfs die regering nie daarin kon slaag om die vrou en haar kroos op te spoor nie."

Suid-Afrikaanse landbou vra buitelandse hulp oor grondonteiening

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-09

"Verskeie waarnemers meen die ANC wil die Grondwet-wysiging oor eiendomsreg gebruik om kiesers mee te lok om tydens vanjaar se munisipale verkiesing vir die ANC te stem."

Rassisme is nie Suid-Afrika se grootste probleem nie, volgens meningspeiling

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-08

In dié Instituut vir Rasseverhoudinge-peiling is mense ook gevra of 'al hierdie praatjies van rassisme en kolonialisme' net politici is wat verskonings probeer soek vir hul mislukkings. Die meeste mense het ja gesê.

Wêreld frons oor "bisarre ontwapening" van boere

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-04

"Agri SA sê in hulle verklaring in ʼn land met een van die hoogste moordsyfers in die wêreld is dit ondenkbaar dat gemeenskappe nie toegelaat sal word om hulle reg op selfbeskerming uit te oefen indien die voorgestelde wysiging in die wet goedgekeur word nie."

Solidariteit sê regering mislei publiek oor Kubane

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-03

"Die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs Suid-Afrika toe te laat kom om die land se waterinfrastruktuur te help herstel, het tot ’n volskaalse bekgeveg tussen die regering en die vakbond Solidariteit gelei wat waarskynlik in die hof beslis sal word. Volgens minister Lindiwe Sisulu is Solidariteit se kritiek onnodig, uit bitterheid gebore en dui dit op haat teenoor die Kubane."

Duisende Suid-Afrikaners maak beswaar teen sogenaamde ontwapening

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-02

"Die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga, Werner Weber, sê die jongste plaasaanval in Mpumalanga beklemtoon die noodsaak om ’n vuurwapen te besit vir selfbeskerming asook vir meer effektiewe landelike beveiliging."

Duitsland erken uiteindelik volksmoord in Namibië

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-01

"Meer as 100 jaar later het Duitsland verskoning gevra vir sy rol in die massamoord, nou erken as volksmoord, op tienduisende Herero’s en Namas tussen 1904 en 1908 in Namibië (destydse Duits-Suidwes-Afrika) deur Duitse troepe."

Kunstenaar omskep minibustaxi in kunswerk

Jean Oosthuizen Cultuur 2021-05-28

"Dié inisiatief van Thania Petersen is deel van Infecting the City se openbare kunsfees wat tans in Kaapstad plaasvind. Die taxiprojek is volgens Petersen ’n openbare kunsinisiatief om kuns toeganklik te maak vir mense wat nie die voorreg het om veel daarvan in hulle leeftyd te ervaar nie, indien enigsins. Dit is ook nie net die taxi se buitekant wat kuns uitstraal nie. In die binnekant is daar ook ’n skerm en klanksisteem geïnstalleer wat een van Petersen se kunsfilms, Kassaram, vertoon terwyl die passasiers vervoer word." 

Druk op Zweli Mkhize om te bedank na COVID-19-skandaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-27

"Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is deur opposisiepartye en belangegroepe gevra om opsy te staan na bewerings van onreëlmatige kontrakte van miljoene rand deur sy departement."

Verified by MonsterInsights
Top