Universiteit Stellenbosch se taalbeleid laat weer vonke spat
2021-07-28"Die Universiteit Stellenbosch (US) en die bestuur van die universiteit se konvokasie stamp al weer koppe oor die hersiening van die US se taalbeleid. Dit volg nadat die US belangstellendes genooi het om kommentaar te lewer op die tweede konsepweergawe, wat tot 14 Augustus 2021 op die US se taalwebblad beskikbaar is."
Miljoene blikkies blikkieskos moet vernietig word
2021-07-27"Miljoene eenhede blikkieskos wat die afgelope twee jaar deur een van Suid-Afrika se grootste kosvervaardigers en bemarkers van blikkieskos vervaardig is, word van die mark onttrek en gaan vernietig word."
Aanlyn hoërskool is ’n onderwysmylpaal vir Suid-Afrika
2021-07-23"Die eerste volledige aanlyn hoërskool in Suid-Afrika en een van slegs ’n handvol in die wêreld is die afgelope week in Kaapstad deur die Universiteit Kaapstad (UK) van stapel gestuur. Die universiteit is die eerste in Afrika wat sy kundigheid na die sekondêre-onderrig-sektor uitbrei. Die universiteit het in ’n verklaring gesê die aanlyn hoërskool is ontwerp om Suid-Afrikaanse leerlinge van ’n wye verskeidenheid sosio-ekonomiese agtergronde te bedien."
Plaaslike verkiesingsdatum in gedrang
2021-07-22"Politieke partye in Suid-Afrika is verdeeld oor ’n aanbeveling van ’n afgetrede regter dat vanjaar se munisipale verkiesing wat in Oktober moet plaasgevind, weens die pandemie uitgestel moet word tot later."
Ekonomiese ramp tref KwaZulu-Natal na plundering
2021-07-21"Meer as die helfte van alle plattelandse dorpe in KwaZulu-Natal (KZN) stuur op ’n ekonomiese ramp af nadat hulle ekonomie feitlik totaal vernietig is tydens verlede week se onluste toe winkels en besighede voor die voet geplunder en vernietig is."
Plunderaars word vasgevat
2021-07-20"Die polisie het Maandag voortgegaan met ’n uitgebreide veldtog om die gesteelde goedere op te spoor en te konfiskeer. Verskeie hiervan is reeds gevind."
Duisende soldate moet orde herstel na plundertogte
2021-07-16"Duisende soldate sal oor die naweek in die onlusgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal en Gauteng ontplooi word om die orde te herstel na die afgelope week se plundertogte in die provinsies. Die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Woensdagaand aan lede van die parlement gesê sy het gevra dat 25 000 lede van die weermag in die provinsies ontplooi word."
Gemeenskappe staan saam terwyl plundering voortduur
2021-07-15"In Khayelitsha, Gugulethu en ander gebiede in Kaapstad het van die inwoners ’n menslike skild by sommige winkelsentrums gevorm teen moontlike plundering met plakkate wat lui: Geen plundering nie. eNCA het ook berig van buurtwagte en ander gemeenskapsforums in die Wes-Kaap wat saamstaan om te verhoed dat die plundering wat in ander dele van die land plaasvind, na hierdie provinsie oorspoel."
Zuma was slegs die vonk in die kruitvat
2021-07-14"Oudpresident Jacob Zuma mag die vonk gewees het, maar die huidige plundery in Suid-Afrika het niks meer met Zuma te doen nie. Dit is eerder ’n ongedissiplineerde bevolking met geen respek vir reëls of eiendom nie teenoor ’n swak-opgeleide en onbekwame polisiemag."
Suid-Afrika se wynbedryf op die rand van afgrond
2021-07-13"Die voortgesette verbod sny die bedryf se lewenslyn af sonder enige inagneming van diegene wat hulle werk as gevolg daarvan verloor en armoede in die gesig staar."
Geen gunsies vir Zuma in tronk nie
2021-07-09"Van die vrae op mense se lippe is of hy aansoek kan doen vir mediese parool, mag hy besoekers ontvang en sal hy enige voorkeurbehandeling geniet terwyl hy in die tronk is."
Kaapstad spog met grootse inentingsentrum in Afrika teen COVID-19
2021-07-08"Die stryd teen COVID-19 in die Wes-Kaap het Woensdag ’n reusehupstoot gekry met die opening van een van die grootste massa-inentingsentrums in Afrika. Duisende mense sal elke dag by die sentrum ingeënt word."
ANC diep bekommerd oor wetteloosheid by Nkandla
2021-07-07"Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het hom sterk uitgespreek teen die afgelope naweek se wetteloosheid by oudpresident Jacob Zuma se woning, Nkandla, in KwaZulu-Natal."
Wetteloosheid vier hoogty by Nkandla te midde van COVID-19
2021-07-06"Suid-Afrikaners is ontstoke oor die polisie se versuim om die afgelope naweek op te tree toe duisende mense die Covid-regulasies ten aanskoue van die hele wêreld oortree het."
Zuma se uurglas as vry man loop leeg
2021-07-02"Dit is die eerste keer in die land se geskiedenis dat ’n voormalige staatshoof tronk toe gestuur word."