Derde golf van COVID-19 tref provinsies
2021-05-11Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het mense aangeraai om te registreer vir inenting wanneer hulle gevra word om dit te doen. Jean Oosthuizen berig.
Gebeure in ANC is "malligheid" sê politieke ontleders
2021-05-07"Die handskoene in die ANC se opponerende faksies is behoorlik af."
Drama in ANC na Magashule se skorsing
2021-05-06"Die tweespalt in die ANC het gister ’n dramatiese wending geneem toe die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, begin terugveg het teen sy skorsing. Magashule het sy skorsing in ’n laataand-verklaring betwis en vermoedelik aangekondig dat hy Cyril Ramaphosa uit die party skors."
Spanning neem toe in ANC oor Ace Magashule
2021-05-05"Die magstryd binne die ANC is op ’n mespunt met nog steeds geen aanduiding wat die beleërde sekretaris-generaal van die organisasie, Ace Magashule, se volgende stap gaan wees nie."
Ramaphosa sê media moet korrupsie aanhou oopvlek
2021-05-04"President Cyril Ramaphosa het vir die tweede keer binne ’n week ’n lansie gebreek vir die media. Hy het joernaliste aangemoedig om sonder vrees verslag te doen en voort te gaan om korrupsie en ander vergrype aan die kaak te stel."
Regering verdedig Kubaanse hulp om waterkrisis te help red
2021-04-30"Intussen is daar al hoe meer berigte van ’n water- of rioolkrisis by etlike munisipaliteite in die land. Volgens inligting van die Emalahleni-raad verloor die munisipaliteit sowat 3,66 miljoen kiloliter (3,66 miljard liter) water per kwartaal weens gebarste en lekkende pype, gesteelde watermeters en onwettige waterkoppelings."
Ramaphosa in die spervuur by Zondo
2021-04-29"Ramaphosa se getuienis voor die kommissie word allerweë as uiters belangrik beskou. Hy het sy getuienis Woensdag afgeskop met ’n lang verklaring waarin hy onder meer gesê het staatskaping is iets wat 'nooit, nooit, nooit weer' mag gebeur nie."
Solidariteit wil Kubaanse ingenieurs uit die land hê
2021-04-28"Die vakbond Solidariteit het met ’n regsproses begin om die invoer van Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika onwettig en onregmatig te verklaar. Hulle eis dat die ingenieurs wat verlede week in die land aangekom het, teruggestuur word Kuba toe."
Voer Zuma iets in die mou?
2021-04-23"Daar word wyd bespiegel oor die redes waarom Jacob Zuma minder as ’n maand voordat sy korrupsieverhoor moet begin, skielik sonder enige regsverteenwoordiging sit."
Regering "behep" met "Kubaanse kundigheid"
2021-04-22"Die regering word uit verskeie oorde daarvan beskuldig dat hy behep is met sogenaamde Kubaanse kundigheid. Dit volg na ’n omstrede besluit om 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te laat kom om die Departement van Water en Sanitasie (DWS) te help om probleme met waterinfrastruktuur op te los en om hulle kennis te deel."
Bewerings van rassisme by Universiteit Kaapstad
2021-04-21"AfriForum se jeugvleuel beskuldig die Universiteit van Kaapstad (UK) van voortgesette rassisme op die kampus. Hulle eis onder andere die afdanking van een van die universiteit se dosente."
Vlammesee saai verwoesting om Tafelberg
2021-04-20"Die EFF sê egter in hulle verklaring hulle neem met spyt kennis van die brand en veral die 'tragiese' brand by die Jagger-biblioteek. Die geskiedenis wat as gevolg van die brand verwoes is, is onberekenbaar en moet ’n teken wees vir alle instellings van hoër onderwys om te sorg dat argiewe en belangrike dokumente gedigitiseer word, sê die EFF in hulle verklaring."
Zuma berei voor vir tronk en speel martelaar
2021-04-16"In aanloop tot die Konstitusionele Hof se uitspraak teen hom het die oudstaatshoof die afgelope week ’n uitdagende brief aan hoofregter Mogoeng Mogoeng gestuur. Daarin verklaar hy hom bereid om liewer tronk toe te gaan as om sy samewerking te bied om sy kant van die saak te stel."
AfriForum sit veldtog teen boelies by skole voort
2021-04-15"AfriForum se teenboelieveldtog skep sedert 2017 regoor die land bewustheid en bemagtig laerskoolleerders om teen boeliegedrag op te staan en sélf ’n verskil in hul skole te maak. Die organisasie het ook ’n teenboeliegids en ’n selfdoodbewusmakingsveldtog aanlyn op die internet beskikbaar gestel vir ouers en onderwysers om afknouery by skole te help hokslaan."
ANC moet dié week besluit wie staan almal opsy
2021-04-14"Die ANC se provinsiale strukture moet voor die einde van die week, meer bepaald voor die einde van Donderdag se werksdag, die name indien van sy lede wat aangekla word van korrupsie en ander ernstige misdade."